Braam Peens

Braam Peens is Netwerk24 se vryskut  Formule 1-korrespondent en voormalige redakteur van die tydskrif Top Gear. Hy was ook ’n senior joernalis by Car en Cars.co.za. Hy skryf oor motors omdat elke rit oor allesbehalwe motors gaan.

Hy is ook die redakteur van Kaapse Bibliotekaris, die joernaal van die Wes-Kaapse Biblioteekdiens.

  • Foto deur BMW SA.

Motorrepubliek: Jou motorrande koop nou silikon pleks van spoed. Goed?

Braam Peens Motors 2026-07-30

"In 2022 kon jy inteken vir verhitte sitplekke in jou BMW 7-reeks teen $18 per maand. En in 2025 kon jy ekstra krag in jou elektriese Volkswagen ontsluit teen £16,50 per maand. Dis reg – vir funksies wat reeds in die motor beskikbaar was."

Motorrepubliek: Gryser en (on)wyser – vyf voertuie bedóél vir langtermyn-eienaarskap

Braam Peens Motors 2026-07-18

"Hetsy vir perfeksionistiese versamelaars of platsak pensionarisse – íéwers in jou motorloopbaan word ’n verbintenis tot ’n voertuig ewe blywend as dié tot ’n lewensmaat."

Motorrepubliek: Die stille, sinlose sterfte van die sedanmotor

Braam Peens Motors 2026-07-15

"Die dominee se W123-Mercedes. Die skoolhoof se Toyota Cressida. Die huisvrou se Honda Ballade."

Die Motorrepubliek se padkaart

Braam Peens Motors 2026-07-10

Braam Peens skryf oor motors omdat elke rit oor allesbehalwe motors gaan. Hierdie blad neem jou na nog motorleesgenot.

Motorrepubliek: Die statuslose sein, wat jou motor se modelkode nie meer van jou verkondig nie

Braam Peens Motors 2026-07-10

"Steeds by Ford, maar ’n halfeeu later en oorkant die Atlantiese Oseaan, het die Cortina-reeks onweerlegbaar aangedui waar in Groot-Brittanje jy gebly het; hoe jy aangetrek, gepraat en hoe ver weg van die fabrieksdeur jy parkeer het."

Motorrepubliek: Elektriese motors, stroomop in die duurste stilte

Braam Peens Motors 2026-07-08

"Die mensdom het aangedring op veiliger voertuie. En is terugbetaal met isolasie. Ons fantaseer oor ekstra gerief. Toe kry ons steriliteit."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Kaylene Plaatjies

Braam Peens, Kaylene Plaatjies Boeke en skrywers 2025-02-11

Hierdie onderhoud met Kaylene Plaatjies is die sewentiende en laaste aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Daniel Arendse

Braam Peens, Daniel Arendse Boeke en skrywers 2025-01-29

"Ons koördineer ons gemeenskapsuitreikpogings om programme te verskaf wat in die behoeftes van ons mense voorsien." Hierdie onderhoud met Daniel Arendse is die sestiende aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Charlotte Manuel

Braam Peens, Charlotte Manuel Onderhoude 2025-01-16

"Kinders kan nou ook hul opvoedkundige programme kom doen, byvoorbeeld Greenshoots, ’n aanlyn wiskundeprogram wat laerskole gebruik en wat ook op ons rekenaars beskikbaar is. Ons het ook ons gebruikers wat aanlyn vergaderings bywoon, onderhoude doen en werksoekers kom sien watter geleenthede daar is. Ons as kleindorpiebiblioteke bied lewensbelangrike dienste aan ons gemeenskappe, omdat almal nie toegang elders het tot al hierdie geriewe nie." Hierdie onderhoud met Charlotte Manuel is die vyftiende aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Talita Viola

Braam Peens, Talita Viola Boeke en skrywers 2025-01-13

"Die stigting van boekklubs, waar hul die geleentheid het om skrywers te ontmoet en oor nuwe boeke te hoor, is ook baie gewild." Hierdie onderhoud met Talita Viola is die veertiende aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Hildegard Adonis

Braam Peens, Hildegard Adonis Boeke en skrywers 2024-12-05

"Die biblioteek het verskeie programme wat al die jeug, tieners en grootmense baie besig hou." Hierdie onderhoud met Hildegard Adonis is die dertiende aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Yolandi Ellis

Braam Peens, Yolandi Ellis Boeke en skrywers 2024-11-21

"In daardie opsig het ons alreeds verskeie uitreikaksies met welslae geloods, soos ons naskoolse leesprogram, wat daarop gemik is om die leerders met hul taalwerk te help en lees te oefen. Ons [biblioteek] bied ook temaprogramme aan waar ons boeke en stories inkorporeer met opvoerings en hardop-lees." Hierdie onderhoud met Yolandi Ellis is die twaalfde aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman

Braam Peens, Shaleen Koopman Onderhoude 2024-11-12

"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met René Schoombee

Braam Peens, René Schoombee Boeke en skrywers 2024-11-04

"Ek is die trotsste op hoe ons Durbanville Biblioteek getransformeer het in ’n sosiale kern wat mense van alle ouderdomme en agtergronde bymekaarbring. Om te sien hoe die biblioteek gegroei het van ’n plek waar boeke uitgeneem word na ’n plek waar werklik ’n verskil in die gemeenskap gemaak word." Hierdie onderhoud met René Schoombee is die tiende aflewering oor ons biblioteke. 

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit

Braam Peens, Reinie Smit Boeke en skrywers 2024-10-17

My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: "In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!" Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.

Top