Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Wat sê Bettina? Hoekom is Sport, Kuns en Kultuur so ’n kopseer onder Gayton McKenzie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-30

"Die meeste lesers behoort teen hierdie tyd bewus te wees van die kansellasie van Gabrielle Goliath se installasie, Elegy, aan die Venice Biennale. Elegy sou Suid-Afrika se inskrywing wees, nadat dit eenparig verkies is deur Art Periodic, ’n organisasie aangewys deur die departement om die keurproses te hanteer."

Wat sê Bettina? Trump teen die EU – is Groenland se kool die sous werd?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-21

"Groenland is nominaal onder Deense beheer, alhoewel hulle onafhanklik is en selfbeskikking toepas. Enige aanval teen Groenland moet outomaties ook as ’n aanval teen Denemarke gesien word. Denemarke is een van Amerika se grootste bondgenote en het met elke oorlog sedert die Tweede Wêreldoorlog sy aan sy met Amerika geveg."

Wat sê Bettina? Watersekuriteit in 2026

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-12

"In 2018 kon Dag Zero vermy word, omdat daar grootskaalse inkoop in waterdissipline was. Ons sal vanjaar dieselfde moet doen as ons hoop om strenger waterbeperkings, of nog erger, leë krane te vermy."

Wat sê Bettina? Trump as Venezuela se bevryder?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2026-01-05

"Indien daar nie baie binnekort op beslissende wyse opgetree word teen Amerikaanse ingrepe in Venezuela nie, kan ons ons gereedmaak vir ’n nuwe era van imperialistiese ingrepe in verskeie wêrelddele."

Wat sê Bettina? Hoe beïnvloed Steenhuisen se persoonlike finansies die DA?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-11-24

"Daar is geen bewyse dat Steenhuisen korrupsie gepleeg het nie, maar die bestuur van sy persoonlike finansies laat vraagtekens ontstaan oor sy bestuur van die party."

Wat sê Bettina? Die stand van sake in Wes-Kaapse staatshospitale

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-11-19

"Die oorweldigende indruk waarmee ek wegstap van die hospitale? As die Nasionale Gesondheidsorg-wetgewing nie werk nie, kan die skuld nie aan die deur van personeel op voetsoolvlak gelê word nie. Hulle werk hard."

Wat sê Bettina? Nathi Mthethwa: selfdood, of dalk iets meer sinisters?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-10-01

"Hoekom sou Mthethwa gespring het?"

Wat sê Bettina? Die probleem met nasionale gesondheidversekering

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-29

"Hoeveel mense word weggestuur vanaf staatshospitale, klinieke en daghospitale omdat die toetse wat hulle moet kry, as onnodig beskou word, of as te duur? Watter prys word daar op ons mense se gesondheid geplaas?"

Wat sê Bettina? Regse op regse geweld in Charlie Kirk se sluipmoord

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-16

"Daar is geen leierskap in die konserwatiewe gemeenskap wat geweld beslissend veroordeel en wat die steun van die grootste aantal konserwatiewes wegdra nie."

Wat sê Bettina? Is korrupsie-ontbloting doodsake?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-11

"Op Vrydag 5 September, is die likwidasieprokureur Bouwer van Niekerk helder oordag in sy kantoor doodgeskiet. Daily Maverick en Moneyweb berig dat Van Niekerk ten tye van sy dood in die proses was om die likwidasie van NTC Global Trade te hanteer."

Wat sê Bettina? Malema kom sy haatspraak-moses teë

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-09

"Toekomstige verkiesings sal dit bewys, maar Malema en die EFF waaraan hy nou bou, is net vir gewelddadige randfigure aantreklik."

Wat sê Bettina? Om te skiet of nie te skiet nie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-09-03

"Moet hy nou maar aan die genade oorgelaat word omdat hy hom in die politiek begewe het? Natuurlik nie. Enige privaatburger is daarop geregtig om homself te beskerm wanneer hy in gevaar verkeer ..."

Wat sê Bettina? Hoe werk groepsbetalings in restaurante nou eintlik?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-08-25

"Hoekom moet persone wat spaarsamig eet, of dan ten minste asketies eet, die hedonisme van hul tafelmaat subsidieer? Hoekom is daar so ’n teenstand teen die idee dat elkeen betaal vir dit wat hulle verbruik het?"

Wat sê Bettina? Oor nasionale dialoog

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-08-19

"My eerste gedagte met die aankondiging van die Nasionale Dialoog was watter kader se beurt dit nóú was om snoet aan die trog te sit. Die tweede gedagte, baie lank na die eerste, was of dit hoegenaamd nodig is om ’n peperduur talkshop aan die gang te sit. Weet ons nie wat die probleme is nie? Weet ons nie selfs hoe om dit reg te stel as die politieke wil maar net daar kan wees nie?"

Wat sê Bettina? Myburgh, Malaka en die Dior-sak met R60 000 kontant

Bettina Wyngaard Rubrieke 2025-08-12

"Hierdie is waarskynlik een van die grootste toetse waarvoor pres Ramaphosa te staan kom. Hier is nou bewyse op video van korrupsie. Wat gaan hy doen?"

Top