Top 10-nuwe skryfwerk 2019: Chris Brunette se keuse

  • 3

Dit was ’n vol jaar vir nuwe skryfwerk! Nie net het ons getroue bydraers volgehou om goeie poësie en fiksie voor te lê vir publikasie nie maar ’n hele klomp nuwelinge het hul werk vir die eerste keer aan ons gestuur – sommige nog op skool, ander al jare afgetree. Die Nuwe Skrywerk-inboks is altyd tot oorlopens toe vol en dis nie maklik om voor te bly nie. Om die bestes van die jaar te kies, bly maar ’n subjektiewe taak, maar ek het bydraes ontvang wat die hart aangryp en dis hulle wat ek hier wil lys. Party het die lagspiere geroer, ander die traanspiere, almal het iets te sê gehad op ’n kreatiewe, oorspronklike manier. Hier is my keuses, in geen besondere volgorde nie.

Zebulon Kochk: Poësie
Vreugde buite my venster

Jou fatsoenlikheid mot soos
reëndruppels op my begeerte:
ek is stof, die kroon gepars –
jy innemend soos vonkelwyn.

Dit betower my hart, tot barstens toe vol.
Kyk! Vars blomme in die lig begin fleur en
teer ontluik:
as ék bid, sal dit soos gebede rank en na
dié hemel groei.

O my tuinier, jy wat my so goed versorg
sprinkel geure aangenaam
en ek drink die liefde rondom ons loot
kwistig uit dié rank.

met ’n bondel van bloeisels uit die kelk –
so onvermoeiend in pers.

Jeremy Dames: Poësie
Mense uittie Kaap uit

Die mense ko uittie Kaap uit
’n Blink mercedes met nuwe rims
En ledder goed binne
En ’n suit wat byrie kar se colour pas
En ’n groot phone soes ’n tv
Dis die pa

Die mense ko uittie Kaap uit
’n pienk rok en blink hare
en kuite in dik hakke
En ’n grote bag vol secrets
En ’n groot phone soes ’n tv
Dis die ma

Die mense ko uittie Kaap uit
Twee met wit sokkies en ribbons
Soos innie outyd
En gesiggies soes oppie tv
Copies vannie ma
En elkeen met ’n groot phone soes ’n tv
Dissie kinners

Die mense ko uittie Kaap uit
Hulle ko visit die oupa
Wat heeldag sit oppie stoep, alleen
Met lyne op sy gesig soes ’n ou landkaart
Uit die atlas van sy tyd
Met stukkene hanne
Hulle bring vi hom ’n groot phone soes ’n tv
Want hulle voel skuldig ...
Dis sy kinners
Hulle ko uittie Kaap uit.

Babatunde Fagbayibo: Poetry
Geography

I thought I heard you say that
we should have breakfast in Dakar before
setting out for a breezy evening in Djibouti, then
have a leisurely walk around the old markets in Marrakesh
to get some fabrics for the reed dance event in Mbabane, and
perhaps spend a short morning in Cabinda before going
to Cairo to dip our fingers in the Nile, before we set out
to compare the teas in Tunis and Tzaneen …
Did I hear you correctly, or does my mind only think of geography any time I’m with you?

Riaan Palmer: Fiksie
Want die pad roep sy naam

“Sadrag se ma, Aura, het een goeie dag haar tas gepak en agter ’n wilde vrou met geen grimering, gemaklike skoene en ’n oopknoophemp Jo’burg toe getrek. Sadrag se pa het vir hom vertel dat sy ma nou ’n Libanees is.” Lees die hele storie.

Franco Colin: Poësie
Imbongi

Raise your war-cries, brothers ... our voices are left with our bodies.
~ Eerwaarde Dyobha aan swart soldate aan boord van die sinkende SS Mendi.

Jou sonore stolp is ontydig gestelp
in dié Engelse waters wat die Heilige Katarina
steeds verlig: Eerwaarde Dyobha
moes die dodemars lei – nie oor groen slagvelde

met assegaaie spits op die vyande
gerig nie – wel op die dek van die Mendi, herlei
van Le Havre na Valhalla. Jy moes die nag,
toe seshonderd karosse na die seebodem gly,

vir oulaas die wagskof lui
tot longedeem ook jou stem doof.
Nou tuis, van eendmossel en wier verlos,
uit die doofpot herbore,

buikspreek jou klinkende klepel
seshonderd strydkrete uit  ʼn brons keel.

Loretta Szikra: Fiksie
Die skerpskutter – ’n ware (lieg)verhaal deur Fielies Fisant

“Ek skiet ’n vlooi bo van daardie tortelduif se kop af, sonder om een enkele veer deurmekaar te krap!” Lees die hele storie hier.

Riyaadh Lawrence: Poësie
VroegGham

Die jaa wôd ryp in bulletdoppies,
In leë tikpakkies, en unfunded highs
wat daglank van SASSA-dependent mammies
abuse wôd; die kin virrie neënde kee’ neglect,
en dan ruil hy die pen virrie gun; ennie eeste kop val
sy nuwe identity, American, volgens hy is nou skollie-seun
wattie patte vannie flêtse
met elke skoot banger maak.
Ja Allah, lat hierie dae veilig wôd:
kanala maak net als reg wat vikeed is en soese norm lyk
of accepted was assie culture vannie bruin;
lattie bullets opwôd, Allah, lat hulle hulself uitskiet, of
ammel in Polsmoor vrot, tot allie degrees, suksesse
en ware culture uitie oeg vanne stêk victim vannie flêtse skyn.

Nicolette Fouldien: Fiksie
Jokey ve’loo sy lag

"Ek kyk rond en ka niks innie donke'te sien’ie. 
Buurman stoot my diepe’ in en ek val orie ding by my voete." Lees die hele storie hier.

Heidi Henning: Poetry
Flower festival

Daisies, circled in a sand tray:
Perfect concentric, symmetrical necklaces
Earn the coveted first prize.

The indigenous category:
Fynbos with incongruous coastal remnants

Clustered uncomfortably in ceramic cones,
Beach-sand-lingered, holiday-scented,
Holding heads up; stoic in the highveld heat.

The sweated-out, nudging prize-giving:
Neurotic nasturtiums pant for accolade,
Then frown,
Bow down;
Judges criticise their presentation.

An indigo, facetious hydrangea arrangement
Accepts the gold medal
In the late, plant-dehydrated afternoon.

Hendie Grobbelaar: Fiksie
Munesu

"Die slaappilletjie hou sy terug vir wanneer sy veilig in haar sitplek is, want daai ene klop haar vinnig uit. Gewoonlik wag sy net tot na aandete voordat sy hom drink en na ʼn vinnige draai in die piepklein badkamertjie is sy reg vir ʼn rustige nag waar sy droom van Barnie en saam met hom hand aan hand stap deur katedrale, markpleine, langs wilde rooi papawers en kobaltblou oseane." Lees die hele storie hier.

 

 

  • 3

Kommentaar

  • Baie dankie Chris! Wat 'n absolute voorreg. Hopelik lê daar nog vele voor in 2020 van dieselfde standaard!

  • Loretta Szikra
    Loretta Szikra

    Ek is stomgeslaan!! Baie dankie Chris. Dit is vir my 'n baie groot eer om hierdie erkenning van LitNet te kon ontvang. Ook baie geluk aan al die ander woordskilders.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top