Chris Brunette

Chris Brunette is in 1961 in Durban gebore. Hy gradueer in 1984 as maatskaplike werker aan die destydse RAU (nou Universiteit van Johannesburg) en werk etlike jare as bedryfsmaatskaplike werker voordat hy ’n loopbaan in die joernalistiek betree. In 1996 verhuis hy na Kaapstad en werk as TV- en vermaakskrywer vir Huisgenoot, YOU en Drum en as internetjoernalis en inhoudsbestuurder vir die destydse 24.com en M-Web. Hy verdiep hom ’n tyd lank in internetstrategie en -bemarking vir die reklamehuis Foote, Cone & Belding (FCB) en verwerf in 2003 ’n honneursgraad in Afrikaans en Neerlandistiek met onderskeiding aan die UK, waarvoor hy die Hertzog-beurs verower. Hy aanvaar die pos as inhoudsbestuurder van LitNet in 2005 en voltooi in dieselfde jaar ’n meestersgraad in Afrikaans en Neerlandistiek met lof aan die UK onder die mentorskap van Etienne van Heerden, asook in die kreatiewe skryfkunde onder Joan Hambidge. Enkele van sy gedigte is opgeneem in Party van ons (2001), As die son kom oogknip (2002), Honderd dichters 9 (2005) en My ousie is ’n blom (2006). In 2006 lei hy ’n spesiale poësieprojek van LitNet, Vonkverse, by die KKNK. Hy woon en werk steeds in Kaapstad, waar hy onder andere nuwe skryfwerk en spesiale projekte vir LitNet behartig.

Die koronavirus, blitsreise en hoenders wat agterbly – ’n Suid-Afrikaner se wedervaringe in China (deel 2)

Chris Brunette Seminare en essays 2020-03-19

"Hoe is dit moontlik dat dinge so skielik so skeef kon loop? Die koronavirus het die hele wêreld op hol, besef hy nou. Hy is wel weer toegelaat in Kambodja, maar net tot sy visum verstryk, dan moet hy koers kry."

Korona-rosies

Chris Brunette Poësie 2020-03-19

"Korona, korona, rosies
Stel maar jul horlosies"

Die koronavirus, blitsreise en hoenders wat agterbly – ’n Suid-Afrikaner se wedervaringe in China

Chris Brunette Seminare en essays 2020-02-17

“Sy kop haal truuks uit. Voel hy siek? Hy is seker die hoesie is net van te veel rook, maar sê nou dit is dié hoesie? Verbeel hy hom of het hy koors?”

Top 10-nuwe skryfwerk 2019: Chris Brunette se keuse

Chris Brunette Skryfwerk 2019-12-19

“Om die bestes van die jaar te kies, bly maar ’n subjektiewe taak, maar ek het bydraes ontvang wat die hart aangryp en dis hulle wat ek hier wil lys.”

Kalmeer, dis net Robbie

Chris Brunette Musiek 2019-09-11

“Maar dis ook waar dat ons moderne woordeskat by die dag verder ingeperk word deur polities korrekte spraak. Sekere goed mag nie gesê word nie of moet op ander maniere gesê word. Robbie se woordeskat word deur humor uitgebrei.”

Die vier seisoene*

Chris Brunette Poësie 2007-05-23

Lente Skielik is lente weer hier en die voëls vier haar koms met vrolike feesgefluit; murmelende stroompies vly hulle speels teen die westewindjie aan. Donderstorms, daardie ou bekende bodes van die lente, dreun, span ...

Top