Ek is gedoep Johannes Jakobus Boois, ma ammil noem my somme Jokey.
Nie oo my naam Johannes issie, ma oo ammil vaʼ kleins af lag as hulle my sien.
Ek hoefie ee's te praat of ’n joke te ve’tel nie. Ek lyk soes ’n joke. Alles aan my isse joke en da’om vat ammil my vi’ ’n joke.
Assie kinnes my sien, lag hulle en skrie: ˮKyk! Da’ kô ou Jokey!”
Da’ gooi hulle my mettie klippe en hol weg assie groot mense kô kyk hoekô ek soe skrie.
Eendag is eendag. Da’ gat ek een vaʼ hulle vang en goed dônne! Hulle kennie rêrig vi’ Jokey as hy kwaad wôd tie. Vra ma’ vi’ Ma.
Elke kee as ek soe fits kry, daʼ sta sy vê weg.
Ma warn allie mense: “Los vi’ Jokey lat hy ma’ styf skop. As hy da regkô, da’ gryp en wurg hy die blou hel yt djou yt . . .”
Ja, Ma wiet wa vaʼ sy praat.
Ek’t ha’ al ampe’ een kee vrek gewurg.
Ma’ ek hettie bedoel’ie. Ek ka’ altyd niks onthou voo en na ik soe die fits kry nie.
My kop is net see'.
Ma los my bedags alien in ons Hop-huisie in Uitsig. Sy moet wêk. Sy sê my allpay betieken f*k*l.
Pe'tykee lyster ek radio, ma’ ek wôd gou ve’velig. Da loep ek ma’ soe ’n bietjie rond. Ek hou va’ goet optel.
Plestiekgoet, soes sakkies en doppies en entjie-toppertjies.
Sometimes lê da lekke’ goet innie mense se jaarte.
Soes koeldrienk-botteltjies, ma’ Ma het my ge-warn.
“Djy kla nie by my assie mense djou dônne nie. Wat loep soek djy in hulle se jaarte?”
Ek lyster ma’ liewerste na Ma. Sy is al ien wat va’ my hou. Sy vryf my hare as sy dink ek slaap, da hyl sy.
Ek hou’ie da’van as Ma hyl nie. Da’ kry ek soe ’n dik gevoel in my keel. Ek hyl nooit.
As die kinners my soe terg, da’ lag ik. Ek kannie’ ie lag kee nie. As ek sleg voel of see’kry, da’ borrel ‘ie lag vanself yt my keel. My hele liewe voel soes ’n siek joke.
Ek sta va’ my lendelam bed af op en stap na’ rie koskas sonne’ deure, wa’ Ma my dag se kos in ’n icecream-bak bêre.
Ek makie deksel oep. Die suur ryk van pennie-polony kielie my nies.
Ek grawe ’n handvol brynbrôd yttie bak en sit it oppie tafel nee. Ek spoel my erdebieke’ onne’rie koue kraan af.
Ek maggie yt glasbiekes drink of yt bôre iet’ie. Oor’ie fits, sê Ma. Die koffie lê taai oppie boedem en ek sukkel ommit met my vyl vinge’naels los te krap.
Ek los ma’ en tap’it vol water en roer ’n klomp liepels syke by. Ek kannie tellie en gooi altyd syke in en roeʼ tottie wate’ stroeperig lyk.
Ek sluk’ie brood mettie syke wate' af. Starig, ommie te verstik’ie. Ma skel as ek soe gulsig iet.
Ek ga doen my toiletdinge en loep daʼ vervelig innie klein eenve’trekkie rond.
Buurman se hond beginne blaf en ik loe dee’ rie venste.
Buurman likes’ ie va’ mynie. Hy slat my mette stok orie hanne as ek vannie rosies tie’nie draad afpluk.
Die rosies is vir my mooi. Dit ryk soes Ma en'ik hou’rie blare in my broeksak om da’an te ryk as Ma weg is of wanne’ ik ‘ie knop in my keel kry en soe beginne lag. Dit lat somma' ie lag weggaa.
Die hond blaf virrie voëltjies wat oppie roosheining kô sit. Ek ga yt.
Ek skyfel dee’rie gangetjie langs’ie hys. Agte ô's jaart groei’rie heining hoeg. Da ka Buurman my’ie raak slat'tie.
Ek hoo iets sliep en druk’ie takke weg om skelm te loe’.
Ek ruk weg. Die dorings krap striepe oo my arms. Buurman sukkel om ’n sak of iets na’rie Wendy agte’ innie jaart te sliep.
Hy sien my’ie. Ek druk wee’rie takke weg. Toe hy’rie sak deurrie Wendy se deeʼ trek, haak’it aan ’n los plank.
My arms bloei toe ek wegruk.
Dis Ruby! Antie Flora se meisiekind, wat Buurman soe sliep! En sy lyk annerste.
Ha oë is toe en ha’ lyf is slap. Soes Brandbout gelyk'it! My hond, wat innie pad doodgery is.
Ek onthou vi’ Brandbout en beginne te lag.
Ek skrikkie ee’s of trek my arm t’rug toe buurman deurie takke loe’ nie. Ek lag net sagte. Buurman se oë lyk snaaks. ‘It lat my wee hardere lag.
“Jokey?”
Ek kyk vi’ hom. “Kô, wil djy koeldrienk-botteltjies hê?”
Ek knik. Ek hou vaʼ koeldrienk-botteltjies. ’n Mens kannit inryl byrie spaza shop vi’ swiets.
“Nou kô haal. Kô, ek sil djou’ ie slat’ie.”
Ek willie, ma’ Buurman vra soe mooi.
Die hond spring tien my op toe ek byrie hekkie inga. Honne likes va’ my.
”Kô, hies klompie koeldrienk-botteltjies innie Wendy. Djy ka’ ammil kry.”
Die kwyl loep kielierig tien my ken af en ʼik vee’it vinnig af.
Ek onthou va’ Ruby wat nou soes Brandbout lyk en beginne giggel toe Buurman my byrie Wendy se dee’ instoot.
Ek kyk rond en ka niks innie donke'te sien’ie.
Buurman stoot my diepe’ in en ek val orie ding by my voete.
Ek kyk in Ruby se vaal vis oë. Die knop in my keel wurg my. Die lag beginne ytborrel.
Ek loe’ bang na Buurman. Ek sien’ie die stok wa’mee hy my altyd slat’ie. Hy'tie byl. Ek wôd kwaad.
Hy’t beloewe ek kannie koeldrienk-botteltjies kry! Ek gannie hout kap’ie.
Jokey maggie met ’n byl kap’ie. Ma sê ek ka’ myself see’maak.
“Toe, djou biesage bliksem! Djy wil mos ’n mens stane beloe’! Vandag maak ek djou vrek soes dié klyn tiefie!”
Buurman kom nade’. Ek kan nêrens bewieg’ie!
Hy is tussen my ennie dee'. Ek maak my oë toe en gryp na sy keel.
Toe ek bykom, sta Ma en hyl.
’n Poeliesman hou ha vas.
Ek is baie bang virrie poeliese en hie is somme’ klomp va’ hulle innie Wendy.
Ek begin giggel. Ek lê oppie Wendy se vloe'. Buurman lê langs my.
Ek sien Ruby se arm onne hom ytstiek. Buurman se tong hang yt. Hy lyk oek nou soes Brandbout gelyk'it en soes Ruby . . . Met vis oë wat vi’ jou kyk sonne om te sien.
Virrie ee’ste kee’ voel ekkie knop in my keel los kô. My lyf beginne ruk.
Trane loep oo my wange. Ekke wil lag ma’ ek kannie.
Kommentaar
Vasgevang van die eerste tot die laaste woord. Lekker vloeiende styl.
Hierdie storie is baie interessant en lekker beskrywend. Ivm die taalvariëteit wil ek net vra: is daar al 'n vasgestelde skryfwyse vir Kaaps ('n voorskriftelike boek of 'n handleiding), of word 'n vakkundige se raad ingewin om gelykvormigheid van skryfwyse en spelling te handhaaf? Ek is baie geïnteresseerd in Kaaps (oftewel Kaapse Afrikaans) omdat ek in 'n oorwegend bruin buurt woon. Ek hoor ook graag of daar 'n lys van eg Kaapse idiome êrens beskikbaar is. Ek doen tans my Honneurs in Vertaalkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. Is nou by die module waarin die navorsingsvraag vir nagraadse studie geformuleer moet word. Stel baie belang in die vertaalkwessies wat op idiome betrekking het. My brontaal is Engels en my doeltaal Afrikaans.