Pasgelaai
Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers
2020-08-20"As dit om tegniese vernuwing of filosofiese mymeringe gaan, is ek allermins literêr. Vir my gaan dit daaroor om eerlik en onderhoudend oor mense en dinge te skryf, en om clichés te vermy."
Elders gesien: "Ek verlang na lockdown"
2020-08-20"Wat is post-lockdown skuldgevoel? Dis die deel van jou wat skuldig voel omdat jy meteens besef jy gaan na lockdown verlang."
Graad 10 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books
2020-08-20Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 10 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Marelize Swanepoel se Eksamenhulp-boek.
Marita van der Vyver (1958–)
2020-08-20"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."
Persvrystelling: Koning Shaka-boekprojek
2020-08-19Ek (Wouter Jacobus Gildenhuys) werk aan ’n prestigepublikasie getiteld Die invloed van Shaka op kuns, literatuur en die samelewing, wat in Afrikaans en isiZulu met ’n addendum in Engels by Naledi gaan verskyn. Die sluitingsdatum vir bydraes (gedigte) is uitgestel na 30 September 2020, waarna alles in Afrikaans en isiZulu vertaal sal word.
As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: ’n resensie
2020-08-19"As jy van moord droom word sterk aanbeveel vir lesers wat nie net aksie soek nie, maar ook bereid is om op ’n emosionele vlak uitgedaag te word."
Thomas Mann
2020-08-19"agter die lessenaar
in jou studeerkamer
die vergestalting van ’n eeu met ’n vulpen"
Kleur
2020-08-19"die maan het rooi gaan lê oor kimberley se gat
en ons het gedwaal in die spirale van die stad
nes die reëlmaat van jou ribbekas
note uit die savoy swart op jou weinig wit ivoor
’n dialek gemoduleer het"
Persvrystelling: #WysJouWoord vir Afrikaanse Taaldag – kompetisie se sluitingsdatum uitgestel
2020-08-19Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se kreatiewe #wysjouwoord-kompetisie se sluitingsdatum is uitgestel tot 21 Augustus. Alle leerders 18 jaar en jonger word uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem.
Pasverskyn: Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen saamgestel deur Isabella Venish
2020-08-19Best Books-eksamenhulp vir graad 10 Huistaal-leerders bevat taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begrips- en hersieningstoets.
The experiences of BEd Foundation Phase distance learning students pertaining to administrative support provided by the North-West University
2020-08-19"NWU provides support for students to successfully complete their studies via distance learning. Administrative support is considered a priority, since distance learning students generally face various challenges."
BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit
2020-08-19"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."
Veerkrag
2020-08-19"in die uitgestrekte hemelsfeer
waar die grysgrou glinstermaan
my opraap in sy baan"
Resensie: Afspraak met moord – in die kake van die Krugersdorp-kultus deur Jana Marx
2020-08-19"Mens besef met die lees van die boek hoe gevaarlik en bisar dinge kan raak as dit onder die dekmantel van godsdiens plaasvind."
Veels geluk, liewe ATKV!
2020-08-19Ná 90 jaar word die kernwaardes van die ATKV steeds met onverdunde ywer aktief en doelgerig gehandhaaf en tot uitvoer gebring in belang van sy lede en die breër gemeenskap.
Laaste kans om die KKNK se virtuele galery te besoek
2020-08-19Kunsliefhebbers moet gou spring om die KKNK se heel eerste virtuele kunsgalery te besoek. Hier is nog inligting.
Feit
2020-08-19"ek mag ontvang ek mag verdryf
ek mág solank ek saggies is: beskeie soos ’n vyeblaar"
Plaashuis – ’n onderhoud met Dian Weys
2020-08-19"Hoe sou jy te werk gaan indien jy gevra word om só ’n toneel skoon te maak? Dit is ook uit respek vir diegene wat werklik op ’n plaas aangeval is dat hierdie kortfilm weier om ’n aanval voor te stel en eerder fokus op wat ná ’n plaasmoord gebeur."
Persvrystelling: VivA – Uitnodiging na PanSAT/VivA-werkwinkel oor VivA se portale
2020-08-18VivA se portale sluit onder andere die Taalonderrigportaal (geskep vir Afrikaansonderwysers) in. Bywoning is oop vir almal, maar voornemende deelnemers moet registreer by navraag@viva-afrikaans.org om hierdie gratis aanlyn werkwinkel op 20 Augustus 2020 by te woon.
Dankie virrie party time, Uncle Cyril
2020-08-18"Vedag suip perty, môre het hulle hangover, maa’ oormore gan hulle beginne onthou. Hulle gan onthou hulle het ‘ie wêk ‘ie, wan hulle employer is bankrot na vyf maane sonne income. Hulle gan onthou lat die kospakkies wat beloewe is, nie by ammel uitgekom het ‘ie."
