"Bokvelletjies oor arms"-bedrog vir vaderlike seën?

  • 16

Fotobron: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Esau_and_Jacob.jpg

Die verskil tussen godsdiens versus ware geloof? Jacob- en Esau-verhaal? Jacob wat bedrog pleeg met bokvelletjies oor sy arms vir vaderlike seën? Oor die dekades het ons al vele godsdienstige, geestelike narsiste beleef op LitNet. Angus, ek wonder darem hoeveel van ons versiegedrewe vrinne hier is ware gelowiges, wat God's diens opreg doen, wat weet dat die geestelike narsistiese bokvelletjies van godsdiens nie veel gaan help om die Alsiende Vaderlike seën te kry nie? 

Hans Richardt
  • 16

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Ek gesels met ou buurman, wie dag en nag met bybels en teologiese boeke sit by tafel, vanmiddag. Hy sê toe dat ek nie weer moet oor bybel met hom moet praat nie. Saterdag het ons met klein doppie mampoer gesels. Toe sien ek die ou man moet nie weer mampoer drink nie ...
    My vraag was nou Saterdag, waar Kain sy vrou gekry het. Vertel hy my, Kain het met sy eie suster kinders gehad, in land Nod? Kain was tog alleen verban. Tog was Enoch seun van Kain. Enoch was tog oupagrootjie van Noag. Ek het besluit ek sal liewer nie weer gesels met die ou man nie. Hy is nie lief vir homself nie, wat sal hy weet van naasteliefde?

  • Beste Hans,
    Nee, kyk! Daar het jy my! Die verskil tussen godsdiens en ware geloof? Vir my is dit maar net vinkel en koljander. Die een glo aan gode, spoke, duiwels en kieries wat in slange verander, net soos die ander.
    Ek kan ongelukkig nie jou vrae beantwoord nie, want dit veronderstel die bestaan van ‘n “Alsiende Vaderlike seën”. Al wat ek weet, is dat godsdiens en die sogenaamde ware geloof dikwels hand aan hand loop met bedrog, en allerhande soorte wreedhede.
    Ek laat my sowaar nie vertel iemand kan ‘n bokvel verwar met ‘n mensvel nie; al is hy ook hoe blind.

  • Hans Richardt

    Angus, ek weet jy is hedonis, by verklaring. Esau is verjaag uit paradys en toe bou hy stad Nod, om as hedonis te leef. Op sy eie manier was hy pionier. Van tent ⛺ tot stad.
    Die "bokvelletjies" van lammers is maar sag, het nie Tressamè nodig nie.
    Vir my gaan dit oor "wedergeborenes", wie datum en tyd het vir wedergeboorte, wat met hul bybelversies eintlik nog altyd net "bokvelletjies" oor arms gehad het, as hul spirituele narsisme. Sonder om as werklike gelowiges, God's diens te leef, van naasteliefde. EINTLIK ook net Fariseers. As mens besef dat bybelkarakters nie die vooraanstaandes van die gemeenskap was nie, maar almal met een of ander ongure verlede.

  • Hans Richardt

    Jan, as ek my buurman so bekyk, met hare oral, rug, bors, arms, bene en wie weet waar, kan ek nogals my indink dat die bokvel van boklammers vir ou blinde man, heel moontlik met Alzheimer's, dalk sou voel soos sy oudste seun.
    Nou ja, in tyd wat metro-man al wat haar is, "wax" of op manier verwyder, sal dit seker ondenkbaar wees...
    Nou ja, jy hou seker ook nie van lensiesop nie?

  • Hans,
    Darem maar eienaardig hoe julle mampoer suip en dan oor Grootboek-dinge klets. Dan kom blaker jy dit hier uit en klaps ...! is jy weet wie, by. Stel voor julle (jy en buurman) skakel oor na witblits (vir helderheid en lig, jy sien) en julle bespiegel dan oor hierdie scenario - E=mc².
    Jy m (massa) met alreeds 'n snapsie E, gaan vorentoe volledig in E met c (spoed van lig ) omskep word. E kan nie vernietig word nie - so jy swerwe vir die ∞ (ewigheid) rond.
    Haak plek - ander weet nie van ∞ nie en sê ag stront man. Alles begin by die "Big Bang", en eindig oor 300k miljoen jaar in niks (ons is nou maar by 13k miljoen plus, jaar).
    Maar hulle kom nie uit by hoe en deur wie die vuurhoutjie getrek is nie.
    Dink toe "stringteorie" uit - waar die een heelal volg op die ander - daar's miljoene daarvan, teoretiseer hulle - die ∞ sien. Maar weet ook nog nie wie daai vuurhoutjies gaan trek nie.
    Weet julle?
    Beveel aan julle lees: Ef 4:10, en vat 'n sluk. Kyk, Hy is nie eers in hierdie heelal of ander heelalle nie, maar buite dit.
    en lees sommer ook Ps 103:21; Ps148:2 (miskien het Kain sy vrou daar gekry).
    Ag wat, ek skink gou vir my nog 'n lekker stywe een van my vriend van Groot Marico se regte, egte mampoer! - Cheers!

  • Hans Richardt

    Angus, ek het aan man gedink wat ek moes sien oor besigheid..
    Klink vir my jy wil iets van ou Jan van Till, Jan Jan, bielie van die Bosveld, wees...
    Ek is defintief boontjiesop man, met spek in.
    Nou is ons van die punt.
    Ek dink dat ek nie sal ophou glo nie, met nederigheid, want daar het al dinge gebeur in my lewe, wat ek gedink het nie moontlik is nie.
    Omdat die karakters in verhale nie die bekende en vooraanstaande "goeie" mense was nie, vereenselwig ek my met bybel.
    Die Fariseërs het hul bybelversies aangehaal en wette onderhou.
    Ek weet dat ek nie perfekte mens is nie, maar ek was alkoholis, met geskiedenis waarop ek nie glad nie trots is nie. Tog is daar baie genade in my lewe. Daarom Jan, kan ek redeneer oor vrae, maar bly in kerk, vir my eie heil en die struktuur wat dit in my eie lewe gee.

  • Hans, die god van die Bybel het maar weinig naasteliefde geleer. Sy opdrag aan die Israeliete was om ander volkere voor die voet uit te roei sover hulle getrek het. Jesus se naasteliefde wat by die godheid gevoeg word in die NT bring maar min naasteliefde. Waar daar godsdiens by betrokke is, is daar maar meeste van die tyd onmin.

  • Hans Richardt

    Raed-na-Gael, ek is verdoem deur die buurman oor my "boklam velletjie oor arms"-storie, saam met daai 1 doppie mampoer ... Ook dat ek dink dat elke nederige sondaar erken mos sy sonde, bely dit, doen boete en kry vergifnis. Selfs in ou Israel was daar jaar van boetedoening en vergifnis, waarin jy jou buurman jammer gevra het en as hy jou geld geskuld het, het jy dit afgeskryf.
    Die ou knorpot glo sy ouderdom waarborg hom meerdere kennis oor die bybel, maar na die 1 dop mampoer, maak hy die erkenning, hy sukkel eintlik met eerste tekens van dementia. Hy het byna geen korttermyn geheue nie, hy kan nie onthou waaroor die dagstukkie gegaan het wat hy die oggend gelees het nie. Dis seker waaroor in Hosea 4 vers 11 geskryf was, soos in 1953 vertaling...
    Dalk het die Id die ego en super-ego oorheers, want die ou mens het ook verwoedelik begin swets..
    Destyds het die Sowjetunie blykbaar "waarheid-inspuiting" gehad; na bewering. Dalk was dit mampoer binne-aars ingespuit? Die ware karakter kom uit... unsmatige morele grense verdwyn soos mis in son.
    Mampoer is darem beter; bitter suurlemoen, lemonade en mampoer in die vrieskas gehou.
    Ek het so veertig jaar gelede die ideaal gehad om bedryfsielkundige te word, het darem so halfpad gevorder en opgegee toe ek 21 jaar gelede geskei het. Min mense assosieër my met akademiese profesionele kwalifikasies. Laat my altyd grinnik, omdat mense jou oordeel op hul kunsmatige aannames.

  • Hans,
    Daardie wyn en mos is maar 'n bliksem.
    St 5, toe twee van my geliefdkoosde onderwysers in die Pinkstertyd mekaar onder gebed aanvat. Een, my Aardrykskunde-onderwyser, het Noag se voorbeeld daagliks gevolg, ek en sy seun was groot maats. Die ander onderwyser was my Wetenskap-onnie. Daardie Pinksteraand was al twee vurig aan die bely. Daardie tyd sal jy onthou, het die manne sulke langdradige, heilige gebede ten hemele gerig en almal en nog wat bymekaargeskraap. Die twee, soos dinge maar is, het glad nie langs dieselfde vuur gesit nie. Die Wetenskap-onnie pleit om vergifnis, hy's jammer vir als, seg hy, en sal nooit weer nie en belowe plegtig dat hy vrede maak met almal. Hy vergewe almal soos hy vergewe wil word.
    Staan my pêl se vader, beinvloed deur die wyn, of dalk die mos of albei, tydens die verootmoediging op en verkondig luid sodat almal teenwoordig kennis kan dra: "Jy lieg dit, jou vals gevreet!"
    My skoolpêl het lank gevat voordat hy my weer in die oë kon kyk.
    So Hans, vergewe die buurman - hy weet nie wat hy doen nie.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, die ou het geheue probleem, volgens homself. Tog breek daardie wyn, inhibisies af. Hy het erger gevloek as ek.
    Ja, Jakob het met al sy boklamvelletjie seëninge swaar gekry met die liefde...

  • Hans Richardt

    Moraliteit en eenvoudige eerlike lewe. Ek dink nie die Alsiende Skepper sal met kunsmatige geloof/ boklam velletjies oor arms, bedrieg word vir Sy seën nie.
    Ek dink alles wat ons is, is uit genade, nie eie verdienste nie.

  • Hans, dis nog net eie verdienste wat my sak gevul het. Van die genade het ek nog bokkerol gekry.

  • Hans Richardt

    Angus, ek hoor jou. So, dis jou eie harde werk wat vir jou goeie gesondheid gee, om jou eie verdienste te maak?
    Op die 3de dag van groot genade van deurdringende reën, wydverspreid tot in Boesmanland en Namakwaland, wonder ek nou of dit van al jou sweet is met jou harde werk?

  • Hans, ek hoor jou ook. jy sê vir my die genade is maar dun verspreid, want waar was dit al die jare van droogte in Boesmanland en Namakwaland? Waar was die genade elke keer as Boere wreed vermoor word? Was was die genade met tsumamis, aardbewings, griepdode, moord, dood op die paaie, werwelwinde, siektes, peste, verkragting, oorloë, sprinkaanplae, geloofsmoorde, vuurspuwende berge, hongersnood? Hê? Waar was Genade toe? Seker maar onder 'n boom lê en slaap, en gedink dis nog dag sewe, die rusdag.

    Vergeet maar jou siening van genade; dis slegs 'n skepping van die menslike brein - 'n illusie. Al genade wat daar is, is die genadebrood wat my boerboel nou eet nadat sy heupe ingegee het, en die genadedood wat hy een van die dae by die veearts sal sterf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top