Pasgelaai
Nuut by Pharos: Senior tweetalige skoolwoordeboek
2023-11-17Die Senior tweetalige skoolwoordeboek (graad 10–12) bevat 50 000+ trefwoorde. Die uitleg en sorgvuldige taalleiding steun suksesvolle vertaling en kommunikasie in beide Afrikaans en Engels.
Nuut by Naledi: Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis
2023-11-17Koos vertel in Deur die tonnel van twyfel iets van sy eie reis as self-erkende “weeskind van die kosmos”. Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na ’n sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateïsme, die I-Ching, evolusie, asook die charismatiese opsie.
Persverklaring: Christof Berg se "Wil jy sien hoe lyk die hemel"
2023-11-17Maar dis juis die verliese wat ons dryf om insig te gaan soek. Dit is soos Cohen gesê het, dat die lig inkom deur die krake.
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-17Is jy in graad 10 en moet jy die Venn-diagram baasraak? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af, oefen jou somme en wen die res van die klas met uitstekende punte!
Ronelda Kamfer (1981–)
2023-11-17Ronelda Kamfer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Ronelda skryf: "Afrikaans is ’n taal; mense moenie dit ’n issue maak of die Groot Stryd nie. Daar is ander belangriker dinge om oor te baklei – soos om goeie mense te wees."
Fresh off the press: Who will rule South Africa? by Adriaan Basson and Qaanitah Hunter
2023-11-17Basson and Hunter map out the likely scenarios for a coalition government after the 2024 election and what it will mean for the country if politicians such as John Steenhuisen, Julius Malema or Herman Mashaba gain access to the Union Buildings.
Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-17Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Eet wortels om met al die vierkantswortels te help. En laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en wys daardie Wiskundesomme waar Dawid die wortels begrawe het.
Die eerste skoene: spore van ou plakkies tot hoëhakskoene
2023-11-16"Die eerste skoene was daar om praktiese redes: om jou voete te beskerm en warm te hou. ’n Besering aan jou voet kon maklik jou dood veroorsaak het. So was dit vir duisende jare met al beterwordende tegnieke en materiale. Totdat klere, en skoene, mode geword het."
Haar naam is Uluthando | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-16"Homo sapiens het hulle bestaansreg op aarde verbeur. As daar nog mense bestaan, is hulle welkom in die Fort indien hulle hul onderwerp aan die nuwe orde."
Mignon reduks | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-16"Mignon kry die idee dat daar groot moeilikheid is. Iets groters as die blote verskyning van ’n planeet wat nie eintlik veronderstel is om meer te bestaan nie."
’n Korpusgedrewe benadering tot taalonderrig in Afrikaans
2023-11-16"Die term korpus beteken letterlik 'liggaam', en op die gebied van taalstudie verwys korpus tipies na ’n 'body of texts', ’n versameling van tekste. ’n Korpus is elektronies beskikbaar en kan uit miljoene gesproke en geskrewe woorde bestaan. Dit bevat outentieke taalgebruik en weerspieël dus werklike taalgebruik van taalgebruikers."
Ek hunker na woorde
2023-11-16"tog is die wind genadig
soos die God van die Bybel
wat nie die riet sal breek
of die lamp se pit sal uitblus nie"
Spreekbeurt
2023-11-16"Praat, ’n geleentheid
’n kans om die stilte te ruk
sê wat bedoel word
forseer die oor om te sluk"
Woorde
2023-11-16"Ek het destyds gelees die water is troebel gemaak
sodat jy moet dink dit is diep."
Die besoek
2023-11-16"'Nee wat, dit gaan maar aan,' praat die man.
'Dinge gaan gou verander, jy sal sien,' sê ek."
Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2024
2023-11-16Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2024 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.
Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
2023-11-16"Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Soekenjin deur Bibi Slippers | 21 November, Johannesburg
2023-11-16Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Soekenjin, Bibi Slippers se jongste digbundel, op 21 November by Love Books in Melville, Johannesburg.
Festival voor het Afrikaans 2023 | My broer, Gertjie: ’n filmresensie
2023-11-16"My broer, Gertjie is eerder ’n portret van ’n sanger en digter, maar ook ’n enigmatiese mens, ’n skaam mens wat werklik nie roem najaag nie. Die keuse om die film in swart en wit te skiet, dra daartoe by."
’n Knypie vet van die offergeld
2023-11-16"Ek het jare gelede vir my so ’n lang konsertinabeurs gekoop, een wat oopvou met baie sakkies om al my lojaliteitskaarte in te bêre. En steeds het hierdie beurs nie genoeg plek vir die groeiende aantal kaarte nie. By die meeste handelaars is klante 'verplig' om deel te neem aan die een of ander lojaliteitsprogram – dan ontvang jy ’n kaart wat jy moet skandeer."
