Pasgelaai

Mediavrystelling: PEN Afrikaans

2012-09-14 By die pas afgelope 78ste PEN International-kongres in Gyeongju, Suid-Korea, is PEN Afrikaans eenparig as volwaardige PEN-sentrum verwelkom.

Nuwe Stories-onderhoud: Christina van Deventer

Bibi Slippers 2012-09-13 Christina van Deventer in gesprek met Bibi Slippers.

Nuwe Stories-onderhoud: Janice Keogh

Bibi Slippers 2012-09-13 Janice Keogh in gesprek met Bibi Slippers

Rugby – ’n stelling

Enjee 2012-09-13 "Party ondersteuners noem reeds Bryan 'Dwarrel'. Baie wind en stof, maar geen skade word aangerig nie."

verdiende loon

Jacobus Faasen 2012-09-13 "maak staat op Skepper, Fundamenteel,
gat nooit iemand anners verbaal t’lyf ..."

'n Raaiselroman met bek en binnegoed

Jonathan Amid Resensies 2012-09-13

"Alhoewel die oplossing van ? moordraaisel in ? mate die aksie van die narratief bepaal, is Steinmair se roman allermins geskoei op die noue navolging van genre-konvensies ... "

WF 2012: Kloon

Trudie Coetzee 2012-09-13 "Hy verlang na die dae van grootword met een self. Een brein, een hart, een lewe. ’n Eenvoudiger lewe. Hy verlang na haar, net vir homself. Getrou net aan hom. Die regte sy. Sy bly sy enigste vrou – al word sy tienduisend keer vermenigvuldig."

Hertzogprys 2012: Dankwoord deur Adam Small

2012-09-13 Van Adam Small, 'n bedankingswoord by die oorhandiging van die Hertzogprys.

Ard Matthews on First Offerings

Henry Cloete, Ard Matthews 2012-09-13 "It wasn't so much an evolution as much as it was a gesture or challenge to myself to do one album by myself."

Waarom 'n minderheidsberaad gehou moet word

Jason Lloyd 2012-09-13 "Daar is niks gevaarliker as om ’n samelewing te bou terwyl ’n groot deel daarvan uitgesluit voel nie. As hulle nie ’n aandeel daarin het nie, voel dit asof hulle niks het om te verloor nie. Só het wyle dr Martin Luther King op ’n gepaste tydperk in die Amerikaanse geskiedenis gesê."

Hertzogprys vir drama 2012 aan Adam Small

Steward van Wyk 2012-09-13 Steward van Wyk se huldiging van Adam Small by die oorhandiging van die Hertzogprys aan hierdie gerekende dramaturg.

Die groene bewaringsding

Hennie Fritz 2012-09-13 "Nie almal se moderne denke is altyd reg nie."

Dié kabouter deurstaan die toets van die tyd saam met (Human &) Rousseau

Leon Rousseau, Naomi Meyer 2012-09-13 In 'n wêreld waar alles anders is as dertig jaar gelede, het Storieman herleef. Naomi Meyer vra vir Leon Rousseau hoe hy weer in 2012 asem in die elf se longe geblaas het.

WF 2012: Papie

Emlyn Allwright 2012-09-13 "’n Vlinder draai stadig oor die gras en ek stop om ’n video te neem. 'Videokamera,' sê ek duidelik en fokus op die bloedrooi vlerke. ’n Polsende rooi kolletjie verskyn in die hoek van my helmkap en ek volg die vlinder met my oë om dit af te neem. Na ’n paar sekondes dartel hy, asof hy skaam is, agter die bosse in en ek deaktiveer die opnemer."

Foto's: Pienkes du Plessis se driedubbele boekbekendstelling

Naomi Bruwer 2012-09-13 Pienkes du Plessis gesels met Martie Meiring en Ampie Coetzee oor sy drie boeke wat pas verskyn het.

9 September: Die volgende baba was ‘n glipsie (maar dis nie wat jy dink nie)

Gustaf Pienaar 2012-09-12 "Dit was mnr en mev E se vierde kind, maar die glipsie was nie die egpaar s’n nie. Dit het só gebeur ..."

Alle opinies moet aangehoor word

Thomas 2012-09-12 "Wat van nog ’n alternatief tot menslike geboorte?"

"Die tannies van Touwsranten": 'n uittreksel uit Onvertelde stories van Afrikaans

2012-09-12 "Elkeen het sy eie reënwater opgevang. 'As ons net sien die weer is so ’n bietjie ... dan sal jy sien die emmers en die drommetjies en die baddens staat al gereed.' Goeie gewoontes sterf nie maklik nie, en sy vang steeds hier in Touwsranten reënwater vir haar plante op. Maar destyds was reënwater vir oorlewing."

Kook met blikkies en pakkies-kompetisie: Gunsteling-resep

Reusedwerg 2012-09-12 "Sny die baber se kop en stert af. Sny die baber oop en sit die gekerfde uie, knoffel en tamatie in die baber se maag-area."

Tien wenke as jy wetenskapfiksie wil skryf

Jaco Jacobs 2012-09-12 "Ek gee nie regtig om wie die indrukwekkende arsenaal skietgoed ontwerp het of watter fantastiese baanbreker-wetenskap daaragter skuil nie - die belangrikste is of luitenant Ripley daai flippen ruimtegogga kan skiet dat die slym spat."
Top