
1) Dagsê ouens, hoe gaan dit?
Lekker man! Ons sit nou in studio, maar het altyd tyd vir LitNet!
2) In watter stadium het julle die eerste keer julle hand aan lirieke gewaag? Hoe verskil die lirieke wat julle deesdae voortbring van daardie vroeë pogings?
Sjoe, almal kom uit verskillende bands uit voor ekhouvanjou,okay! Ruan het toe al lirieke vir twee Straatligkinders albums geskryf, maar Raptor en Autotune het eintlik eers begin skryf met ons eerste dag saam in die studio, en “Raptor in my inbox” was ons eerste amptelike poging.
3) Uit julle ervaring, watter raad kan julle bied aan jong liriekskrywers wat nog hul stem probeer vind?
Skryf, skryf en hou aan skryf! Al skryf jy 2 sinne op ’n slag, hou dit iewers vir ’n latere stadium, maar moet net nooit ophou skryf nie. Al lyk dit nou stupid, sal dit iewers eendag sin maak.
4) In terme van benadering, styl en inhoud, waarvoor kyk julle in lirieke wat vir Sing ’it voorgelê is? Wat in lirieke sal julle opgewonde maak om dit op te neem?
Enige iets wat by die quirky ekhouvanjou,okay! styl pas. Ons is eintlik nie baie ernstig manne nie en sing eerder oor goed wat ons gelukkig maak as om na die swaarkry in die lewe te kyk. So moet maybe nie te diep in jou hart gaan soek vir lirieke nie, die antwoorde wag dalk al op die oppervlak vir jou.



