"Alles en nog wat vir enige mark"

  • 0

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
 9780798157339

Markdag
Callie Maritz , Mari-Louis Guy

Markte is toenemend gewild en elke klein dorpie en "hipwoonbuurt het deesdae sy eie mark, ’n gunsteling uitstappie vir oud en jonk.

Die koskenners en skrywersbroer en -suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy nooi jou uit om deel te word van dié lekkerte.

Hulle boek is propvol nuwe, oorspronklike en kreatiewe resepte vir self geniet of vir present-gee – of verkoop om jou inkomste aan te vul.

Resepte soos waatlemoenkoek, macadamiabobotie, sjokolade afdrukke, oopgesig Aloo pasteitjies, Ouma se melktert en marshmallow reënboogkoek is maar van die baie verrassings wat wag.

’n Besielende visuele fees wat jou vingers sal laat jeuk om self deel te word van die volgende markdag in jou omgewing.

Elke hoofstuk is pragtig ontwerp om by elke spesifieke mark te pas. Die hoofstukke dek onder meer:

•   Skoolkermis en fondsinsameling
•   Kerkbasaar
•   Padstalletjie
•   Stads- en dorpsmark
•   Straatkos
•   Wêreldmark en die toekoms
•   Geskenke en feesviering
•   Boeremark

Ook in Engels beskikbaar as Make Give Sell.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Markdag nou van Kalahari.com!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top