Pasgelaai

Gekkedag 2025: Jou humorsin

Adéne Lotz Menings 2025-04-23

"My tiener word vriendelik verplig om my te help wasgoed ophang. Dis herfs en die sonnetjie effe. Ek wil jou leer (of so dink ek) hoe om dit 'reg' te doen, sodat dit effektief droog sal raak."

Persverklaring: Vriend van Nagkantoor-eienaar wen WAT se Borg ’n Woord-Sanlamprys

LitNet Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal 2025-04-23

Christo Els is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2025-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000. Els het die woord "nagkantoor" gekoop as geskenk aan sy vriend en eienaar van die Nagkantoor Kuierkroeg op Kaapsehoop, oudjoernalis De Wet Potgieter.

In memoriam: Frikkie Lombard

Alet Cloete In memoriam 2025-04-23

"Ons het net die hoogste waardering vir die 42 jaar waarin Frikkie die Woordeboek van die Afrikaanse Taal met onderskeiding gedien het. Hy was ’n knap leksikograaf wie se woordvaardigheid en toewyding letterlik boekdele spreek. Ons sal sy menslikheid, kollegialiteit en veral sy humorsin baie mis. En die mooi herinneringe herfs ná herfs met deernis koester."

Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW besluit te stuit (23 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-23

"Wat was dan die doel van die intense debatte in die Kaapse Hooggeregshof waar interessant genoeg, die regering aan die een kant hul saak gestel het en dieselfde regering dit aan die ander kant afgeskiet het? ’n Kwessie van RNE vs RNE!"

Boekevat met Deborah: Dink jouself gelukkig, Hollywood on the veld en Khaki fever

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-04-23

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering vra sy of jy geweet het om gelukkig te wees is ’n Bybelse opdrag. Sy skryf van toe die Goudstad se uitspattige spandabelrigheid begin uitrafel en teaters bankrot gespeel het. En sy skryf oor ’n boek wat haar deur sy skoonheid oorrompel het. 

Persverklaring: RSG Radioteater se Leniesgif op Donderdagaand 24 April om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-04-22

Leniesgif deur Hendie Grobbelaar is die naaswenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

As dié artikel verlede jaar geskryf was

Tim du Plessis LitNet-skrywersberaad 2025-04-22

"Afrikaanse joernalistiek se beste kans op langtermynoorlewing is bes moontlik in die hande van ’n nuwe generasie joernaliste wat die DNS van die digitale wêreld beter bemeester as hul voorgangers én wat nuwe oplossings en toepassings kan bedink."

Stefaans Coetzee gesels met Louise Viljoen oor Toevlug

Stefaans Coetzee, Louise Viljoen (JBay) Skrywersonderhoude 2025-04-22

"Ek dink elke karakter in Toevlug verdien ’n boek van hulle eie. Elkeen se lewensverhaal het die potensiaal om verder ontwikkel te word. Dalk omdat ek hulle as gewone, kwesbare persone uitgebeeld het – mense wat lief en leed deurgemaak het en ook foute begaan het."

Mamba deur Pieter Henning, ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2025-04-22

"Daar is ook letterlike kronkels, met ’n slang as karakter. Dit is ’n vars aanslag om soms uit die slang se perspektief te kyk."

Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-04-22

"Die 'gaan hy?' en 'sal sy?'-momente word heerlik uitgerek en skep verwagting, afwagting en spanning."

PenAfrican: Twist by Colum McCann, a review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2025-04-22

"If you thought Apeirogon, published in 2020, was the most pertinent book McCann could have written for our era, wait until you read his recent book, Twist, which came out this month."

Pareltjes uit Amsterdam: Zuid-Afrikahuis-besoek met Wessel van Arnhem

Johan Allers Leefstyl 2025-04-20

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks gesels hy met Wessel van Arnhem oor die Zuid-Afrikahuis aan die Keizersgracht.

Joe Barber 25 by die Suidoosterfees 2025: ’n kwarteeu van jou gunstelingbarbier

Maryke Roberts, David Isaacs, Oscar Petersen Suidoosterfees 2025-04-17

"Joe Barber vier vanjaar ’n kwarteeu – die Moederstad se komedie met die langste raklewe – én het by die 60ste Fleur du Cap Teatertoekennings op 23 Maart die Encore-toekenning ontvang."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Gesprek met Jo Prins en Francois Bekker oor Johann en Jo se geestelike reise

Johann Rossouw, Jo Prins, Francois Bekker Seminare en essays 2025-04-17

Zen? Boeddhisties? Christelik? In hierdie videogesprek praat Francois Bekker met Johann Rossouw en Jo Prins oor hul onderskeie en uiteenlopende geestelike reise.

Press release: The Island Prize longlist 2025

LitNet Books and writers 2025-04-17

We are delighted to announce the 2025 Island Prize longlist for a debut novel by an African writer. The Island Prize is an annual competition held by Holland House Books. It offers both a small monetary reward and assistance in navigating the difficult world of the publishing industry, such as working on the winning manuscript with the author and assisting them in approaching agents and publishers.

LitNet: Afrikaans en die SABC

LitNet Nuusbrief 2025-04-17

LitNet: Afrikaans en die SABC

Nuut by Lapa: Wat is jy, Kartoffel? deur Marga Jonker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-04-17

Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie. Hy is nie meer mooi seker of hy ’n wollie, of ’n woffel, of dalk ’n waffel is nie. Gelukkig is die diere vriendelik. Tot ’n rooijakkals aan hom begin ruik ... Lees saam aan hierdie skattige kinderstorie oor ’n strandwolfie se soeke na wie hy is en waar hy inpas. Perfek vir enige kinders wat wonder oor waar hulle plekke is en waar hulle behoort.

Nuut by Lapa: Droomhuis-avonture deur Lauren O’Connor-May

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-04-17

Elke aand as sy in die bed klim, word Verity se towerhuis wakker en neem haar op asemrowende avonture: van strande tot woude. Maar soos Verity ouer word, word die huis nie meer wakker nie. Net toe sy dink haar avonture is verby, ontdek Verity ’n nuwe tipe towerkrag: om die wêreld saam met haar familie te ontdek! Kom ontdek saam met Verity dat die beste avonture dié is wat jy kan deel met die mense vir wie jy lief is. Perfek vir dromers van alle ouderdomme! 

Nuut by Lapa: Bollie: Somervakansie deur Wendy Maartens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-04-17

Jippie, dis somervakansie! Wat gaan jy doen? Lekker in die see swem? Kamp en baie roomys eet? Hierdie vakansieboek kan jy oral saam met jou neem. Dit is propvol raaisels, stories en aktiwiteite! Die Bollie-reeks bied ’n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun. 

Nuut by Lapa: Bollie: Getalle en babadiere deur Wendy Maartens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-04-17

Is jy lief vir babadiere? Dan sal jy mal wees oor hierdie Bollie-boek! Leer saam met Bollie oor diere, en bou saam legkaart. Ontdek ook meer oor getalle in hierdie opwindende 2-in-1-aktiwiteitsboek. Die Bollie-reeks bied ’n veilige, opvoedkundige en vermaaklike ervaring wat die ontwikkeling van voorskoolse en vroeë skoolgaande kinders ondersteun. 

Top