Pasgelaai
Die engel- en monstermites in Reënboogrant tieners
2024-12-03"Jeugboekskrywers moet met groter bewustheid van die sosiale mites oor vroulikheid skryf. Hulle moet liewer daarop fokus om genuanseerde vroulike karakters, buite die grense van byvoorbeeld die monster/engel-mites en ander binêre pare, te skep."
Vrae aan Meta AI: KI as mitekraker en vredemaker
2024-12-03"As jy dan wél ’n groep se mening oor iets wíl vasstel of nagaan, maak seker jy het vooraf die korrekte antwoord. Ook: Wees op jou hoede met die gebruik van enige bekende, weerlegbare opvattings. Hoe gedaan? Dalk kan KI help." Coert Mommsen tree met KI in gesprek. In hierdie brief verskyn Coert se vrae en KI se antwoorde.
Persverklaring: Breyten se begrafnis uitgesaai
2024-12-03Hiermee ’n YouTube-skakel na die begrafnis van Breyten Breytenbach op 3 Desember 2024, vanaf 16:30 SA-tyd.
Bela-wet: ’n onderhoud met Jaco Deacon
2024-12-02"Die afgelope week se mediaberigte, en veral die verskillende mediaverklarings wat uitgereik is, laat dit lyk of ons in ’n verkiesingstyd is. Menings staan lynreg teenoor mekaar en uit die reaksies is dit duidelik dat die ANC intern verdeel is, maar ook dat die regering uit verskillende monde praat. ... Die Nedlac-skikking wysig geensins die wet nie, maar skep ’n geleentheid dat dit wel sou kon plaasvind. Dit is ’n ooreenkoms met die regering, en die regering sal nou prosesse moet skep om uitvoering hieraan te gee."
My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui
2024-12-02"Ek het die essensie van sy Zen-houding my eie gemaak: om in die hier en die nou te lewe; om elke verskynsel as ’n blommetjie in die liggaam van Boeddha te beskou – alles ewe belangrik en alles met bewussyn deurtrek; om te weet dat niks ooit finaal is nie maar ’n ewige kringloop. Ook die lewe en die dood. Jin en jang – lig en donker, goed en kwaad, lewe en dood, verhewe en platvloers – die een bestaan in terme van die ander, nie as teenoorgesteldes en teenstrydighede nie."
"Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp: ’n resensie
2024-12-02"’n Splinternuwe, allesomvattende en diepgaande gids vir redevoering en debattering het die lig gesien. 'Dames en here' is ’n welkome riglyn vir redenaars, debatteerders, onderwysers, afrigters en ouers, geskoei op die riglyne van die ATKV, en geskryf deur gesoute kenners van die aard van openbare redevoering en die vereistes vir die suksesvolle uitvoering daarvan."
16 dae van aktivisme: Laat jou stem hoor
2024-12-02"Tussen die departement en die organisasies ter ondersteuning van GBV-bekamping, het hulle 24 564 slagoffers gesien wat sielkundige maatskaplike dienste genader het. Dit is eintlik net die oppervlak."
Communities need the arts to heal and thrive
2024-12-02"As a government agency, we take our mandate from our country’s Constitution to work actively and diligently toward implementing social cohesion, human rights, equity, equality and the mainstreaming of accessibility for all persons impaired by disabilities, among other duties."
Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers
2024-11-29NB-Uitgewers en Human & Rousseau bring hiermee hulde aan ons volksdigter Breyten Breytenbach wat op 23 November 2024 op 85-jarige ouderdom oorlede is. "Die verlies is onmeetbaar," het sy uitgewer, Nèlleke de Jager van Human & Rousseau, gesê.
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n onderhoud
2024-11-29"Die boek se manuskrip was vir my baie lekker om te skryf, veral omdat ek kon speel met visuele elemente soos speelkaarte en Instagram-plasings tussen die teks deur."
Wat sê Bettina? Oor Swart Vrydag-winskopies
2024-11-29"Soveel mense sê hulle veg vir Afrikaans, maar hoeveel ondersteun WAT se werk? Dalk is hierdie Swart Vrydag-aanbod, wat boonop nog tot in Desember strek, die ideale geleentheid om geld aan iets blywend te bestee."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2025: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen
2024-11-29"Aan al die groot probleme in ons land kan ek nie veel doen nie, maar ek kan bydra tot die kind se behoefte aan ’n storie wat met hulle praat. Om dit reg te kry kan ek skrywers touwys maak oor skryf, hul teikenmarkte en die uitgewersbedryf."
Persverklaring: Klousules 4 en 5 van Bela-wet nog nie in werking gestel nie
2024-11-28Solidariteit het aangekondig dat ’n tydelike skikking bereik is met die regering oor klousules 4 en 5 van die Bela-wet.
New from Jonathan Ball: The other side: Journeys into mysticism, magic and near death by Sarah Bullen
2024-11-28What happens when we die? How are some people able to see or communicate with spiritual worlds beyond our own? Can they offer answers to some of our most burning questions about life and death? Sarah Bullen, who has had a life-altering near-death experience herself, explores these mysteries as she gathers riveting stories of people from South Africa and beyond – people who have crossed to the “other side” or those who can contact it.
New from Jonathan Ball: Killer stories by Brin Hodgskiss and Nicole Engelbrecht
2024-11-28The book intertwines the killers’ versions of the truth and the true crime stories behind them, an interpretation of the tales using narrative psychology, and how Hodgskiss’s own journey as a psychologist and human being contributed to his deeper understanding of the minds of these killers.
Persverklaring: Breyten Breytenbach-begrafnisaankondiging
2024-11-28Die private begrafnis van Breyten Breytenbach vind plaas op Dinsdag 3 Desember 2024 om 15:00 by die Pere Lachaise-begraafplaas in Parys, Frankryk. ’n Suid-Afrikaanse gedenkdiens word voorlopig vir Februarie 2025 beplan.
Maar Pa het geweet
2024-11-28"Vir ’n oomblik wil ek nie verder hieroor praat nie. Ek wou nog nooit nie. Hoekom nou. Dan dink ek nee, ek is te oud vir bog. Laat ons dan nou maar die feite op die tafel kry. Dan hoef ek nie te wag tot anderkant die spieël en die raaisel nie."
’n Engel duisend
2024-11-28"Lyle het geglimlag oor hoe Matthew so lekker dut terwyl hy sy Honda Civic bestuur. Matthew was pootuit na die dag se doene en die partytjie waarvan hulle op pad terug huis toe was."
