Pasgelaai

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2025

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-05-07

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Suidoosterfees 2025: Boeke en feeste – pasmaats? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Vriende van Afrikaans Ommietafel-gesprek (“Boeke en feeste – pasmaats?”), deel van die Jakes Gerwel-gespreksreeks.

Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)

Jean Oosthuizen Menings 2025-05-07

"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Blonde poison gee uitklophou by Hermanus Fynarts, 6 tot 16 Junie 2025

Linza de Jager Teater 2025-05-07

"Fiona Ramsay blink uit in die eenvrou-drama Blonde poison. Ramsay vertolk die rol van Stella Goldschlag, ’n vrou wat jag gemaak het op haar mede-Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Aanvanklik het sy egter ander planne gehad. Stella wou ’n jazz-sanger word."

Persverklaring: Rooiwarm Kaapse jazz by vanjaar se Hermanus FynArts – 6 tot 16 Junie 2025

LitNet Feeste 2025-05-07

Volgens Ramon Alexander, wat ook die musikale direkteur van Kaapse Kabaret en We hear music is wat Junie na FynArts kom, kan "almal van jazz hou. Dis soos goeie kos."

Persverklaring en nuutsflits: Afrikaans Amptelik 100 – NB-Uitgewers bied afslag op sekere boeke!

LitNet Jonathan Ball-portaal 2025-05-07

"Om die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925 te herdenk, skop NB se 'wees wakker, soek die geel plakker!'-veldtog vanjaar op 8 Mei af. Lesers kan in boekwinkels op die uitkyk wees vir dié Afrikaanse boeke wat met ’n heldergeel plakker gemerk is."

Kreatiewe reaksies op literêre kritiek

Daniel Hugo LitNet-skrywersberaad 2025-05-07

"Boonop sal die kreatiewe reaksie in die meeste gevalle veel langer gelees en geniet word as die oorspronklike stuk kritiek."

Die Reünie in die Kelder: Valiant Swart en die Akkedis Band: ’n onderhoud met Rudi Dennis

Jannike Bergh, Rudi Dennis Musiek 2025-05-07

"Ons het saam getoer in 1998. Vier ouens, twee bands. Valiant was op dromme vir Akkedis en ek op acoustic. Dan switch ek en Valiant en word dit die Valiant Swart Band!" Hierdie Saterdag, 10 Mei, herenig Akkedis met Valiant Swart by die Lourensford Kelder in Somerset-Wes. Rudi Dennis, trom- en kitaarspeler, vertel meer oor dié geleentheid.

Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-07

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy ken seker die bekende sprokie van die twee kinders wat in die woud verdwaal en ’n lekkergoedhuisie ontdek het. Jy hoef nie so verlore soos hulle te voel as jy vir jou Wiskunde-eksamen voorberei nie. In hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit sal jy in sekere van die voorbeeldsomme huisies van vuurhoutjies kan bou. Wanneer jy goeie punte in die eksamen behaal, kan jy jou met smullekker koekies beloon. 

Hasbara en die Trump-era: ’n LitNet Akademies Weerdink-onderhoud met Marthie Momberg

Jannike Bergh, Marthie Momberg Onderhoude 2025-05-07

"Trump gooi hout op die vuur. Sy kru uitsprake en sy openlike minagting vir internasionale reg het gevolge. Onder sy bewind versnel die dinamika en die gruwelhede word op die spits gedryf. Daar is egter ook – vanuit Trump en sionistiese ondersteuners se perspektief – onbedoelde gevolge."

Persverklaring: RSG Radioteater se nuwe middagvervolgverhaal Bly hardloop op vanaf Vrydag 9 Mei om 14:45

LitNet Leefstyl 2025-05-06

Bly hardloop, deur Mari Snyman, is die nuwe middagvervolgverhaal wat op RSG begin vanaf 9 Mei, elke weeksdag om 14:45 tot 15:00.

Persverklaring: Die wenners van die Diana Ferrus-prys 2024 aangekondig

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-06

Die Diana Ferrus-pryswenners 2024 is aangekondig. Lees meer oor die wenners en die prys hier.

Persverklaring: RSG Radioteater se Ken jy vir Fytjie Eland? op Donderdagaand 8 Mei om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-05-06

Dit is juis hierdie opmerking van Malherbe wat my grootste inspirasie was om ’n teks te skep waarin ek soveel prakties moontlike variëteite van ons taal kon weergee: Griekwa-Afrikaans, Klein-Karoo-Afrikaans, Kaapse Afrikaans en die sogenaamde Standaardafrikaans.

29ste KKNK het regtig iets vir almal gehad

Maryke Roberts KKNK 2025-05-06

"Dis die tweede keer dat ek Die swartmerrie gaan kyk. Verlede jaar was ek weggeblaas; vanjaar was dit nóg beter. Dit word net voor sononder opgevoer. Dis ’n verlate treinspoor en verslete perron waar die storie ontvou. Daar is swaeltjies wat huis toe kom as dit skemer raak; die son gooi goue patrone teen die mure. Die gehoor sit ingedruk op stellasies en word deel van Simon 'Tjoekepaf' Baadjies se hartseer."

Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-05-06

Is jy in graad 4 en skryf jy hierdie kwartaal vir die eerste keer eksamen? LitNet kan help! Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af en laat jou spanning saam met die water van die rivier op die prentjie wegvloei. Jy sal ook voorbeelde van vloeidiagramme in die vraestel aantref en as jy dit geoefen het, sal jy jou werk beter verstaan! 

Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-05-06

"Vandag skryf ek net oor een boek – Antjie Krog se Binnerym van bloed – want by so ’n allemintige baken moet ’n mens stilstaan en tot verhaal probeer kom."

Die VSA-RSA-bilaterale-verhoudingswetsontwerp: nog ’n speek in die wiel? (6 Mei 2025)

Theo Venter Menings 2025-05-06

"Die wetgewing beoog om die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA onder die soeklig te plaas en om sekere ingrypende aksies van stapel te stuur."

Persverklaring: Finaliste van die Diana Ferrus-prys 2024 aangekondig – ’n viering van taal, identiteit en Afrikaans se eeufees

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-06

Die organiseerders van die Diana Ferrus-prys is trots om die finaliste van die 2024-kompetisie bekend te maak. Hierdie poësiekompetisie is ’n geleentheid om die veelsydigheid van Afrikaans, asook die stories en ervarings van gewone mense, op ’n kragtige manier te vier. In die gees van inspirasie, geskiedenis en taal, bring ons vanjaar die besonderse bundel Ons kom van hier aan die wêreld – ’n huldeblyk aan gemeenskappe, herinneringe en hoop.

Persverklaring: Nagtegaal-tekspryswenner Dianne du Toit Albertze betower met "uitmuntende tegniek"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-06

Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, asook ’n speelvak by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Klaarte deur Louis Esterhuizen op 14 Mei by Somerset-Wes Biblioteek

LitNet Boeke en skrywers 2025-05-05

Louis Esterhuizen sal in gesprek wees met Marlise Joubert op Woensdagaand, 14 Mei 2025 by die Somerset-Wes Biblioteek. Klaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde bundel.

Top