Pasgelaai
Wenners van Wiskunde-in-Aksie spoedig bekend
2014-11-14 Die wenners van die Wiskunde-in-Aksie word op Saterdag 15 November tydens Wiskunde-Pretdae in Pretoria, Port Elizabeth, Potchefstroom, Stellenbosch en Bloemfontein bekendgemaak.Hannelie Coetzee op uitstalling by Bookbedonnerd 2014
2014-11-13 Richmond se sewende Bookbedonnerdfees het van 23 tot 25 Oktober 2014 in Richmond plaasgevind. Hannelie Coetzee, landskapkunstenaar, het kunswerke tydens die fees in verskillende ruimtes aangebring. Hier is foto's.
Oor Sophia Kapp, sosiale media en die mag van die leser
2014-11-13 Madri Victor, manuskripontwikkelaar, skryf oor die heruitgawe van Sophia Kapp se Die tuiskoms. Sy bepeins ook die belang van genre-spesifieke resensies in Afrikaans.
Tien vrae: Naòmi Morgan oor die vertaling van Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
2014-11-13"Die finale teks is vir my soos bladmusiek: wanneer ek dit lees, moet dit reg klink. Woorde is maar net stil musiek: die transponering van een taal na ’n ander moet reg op jou oor val."
Direkte vertaling van die Bybel as antieke teks: net ’n nuwe benaming vir ’n stokkerige woordelikse vertaling?
2014-11-12Christo van der Merwe bied in sy artikel enersyds ’n kritiese blik op die vertaalteoretiese grondslae van die dinamies-ekwivalente 1983-vertaling en, andersyds, die akademiese besinning wat ten grondslag van die nuwe vertaling lê. Sy studie illustreer dat die term direkte vertaling ’n poging verwoord om ’n vernuwende oplossing te bied vir die spanning tussen getrouheid aan die antieke bronteks en verstaanbaarheid daarvan vir Bybellesers vandag.
Sondag/Sestig/Satori
2014-11-12 Koos Kombuis op sestig: "In Satori’s los mense jou uit. Niemand dink dis snaaks as jy alleen by ’n tafel sit, alleen ’n glas van hulle aaklige rooi huiswyn drink, en alleen sit en uitstaar in die skemeruur oor die straat na buite nie."Biebouw-resensie: Waar die son omdraai deur Vita du Preez
2014-11-12 "Vita du Preez se vorige boeke het die weg gebaan vir hierdie volwasse roman. Dit getuig van lewenservaring, van medelye met swaarkry en die wete dat dinge kan uitwerk as mens hard genoeg daaraan werk."Die wonderwêreld van Eugène N Marais kry 'n staanplek in die Paarl
2014-11-12 Jean Oosthuizen gesels met Francois Lötter oor die Eugène Marais-stigting in die Paarl se planne om dié veelsydige Suid-Afrikaner te vereer.Een vlucht regenwulpen door Maarten 't Hart
2014-11-12 "Het maakt dat dit boek zeker de moeite waard is om te (her)lezen. Omdat het zo typisch Nederlands is met wolkenluchten, de polder en het streng calvinistische geloof. Dat geeft het boek tegelijkertijd ook iets treurigs."Afrikaanse Taalraad kies nuwe voorsitter
2014-11-12 Anne-Marie Beukes is by die afgelope jaarvergadering van die Afrikaanse Taalraad verkies tot nuwe voorsitter.
Taalverskuiwing en taalhandhawing onder Afrikaanse ekspatriate
2014-11-11Hierdie artikel ondersoek die aard van taalverskuiwing en -handhawing wat voorkom onder Afrikaanssprekendes wat oor die wêreld heen geëmigreer het.
Die ysterkoei sweet nog steeds
2014-11-11 Opgedra aan geestelikes en ander sekswerkers van die gees, met die hoop dat hulle ons nie heeltemal in die afgrond lei nie, maar liewers wakker skrik, en uiteindelik die liggies van hulle vervlakste lampies aansteek.Die duiwel is los oor godsdiens in die skole
2014-11-11Hans Pietersen se organisasie se hofaansoek wat openbare skole wil verbied om net een godsdiens voor te staan het die hele land aan die gons. Jean Oosthuizen wou by hom weet wat sit agter dit alles?
