Beste lid van PEN Afrikaans
Hiermee word jy hartlik uitgenooi na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering (AJV) 2015.
Ons AJV word gehou op 19 September, om 12:00, by die Breytenbach Sentrum op Wellington tydens vanjaar se Tuin van die Digters-fees.
Ons sal nader aan die AJV 'n agenda aan ons lede deurstuur asook die program van die Tuin van Digters-fees wat beloof om weer 'n hoogtepunt op vanjaar se boekkalender te wees.
Toegang tot die vergadering is uiteraard gratis, maar wees asseblief so vriendelik om te laat weet of jy beplan om die AJV by te woon. Ons sal graag genoeg stoele vir almal wil hê. RSVP na penafrikaans@gmail.com.
Stuur asseblief ook jou voorstelle vir die agenda na laasgenoemde e-posadres.
Klik op hierdie skakel vir die adres en aanwysings na die Breytenbach Sentrum:
http://www.breytenbachsentrum.co.za/Breytenbach_Sentrum/Kontak.html
Ek hoop ons sien mekaar op Wellington. In hierdie onseker tyd is dit van kritiese belang dat Afrikaanse skrywers koppe bymekaar sit en saam strategies beplan.
Met vriendelike groete
Kerneels Breytenbach
Voorsitter: PEN Afrikaans

