Toyota Stellenbosch Woordfees

US Woordfees 2019: Nicole Holm gesels oor Drie susters

Naomi Meyer, Nicole Holm Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-02-05

"Die lekkerste plek bly maar naby die verhoogplanke."

US Woordfees 2019: Vlagskipproduksies

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-07

Vlagskipproduksies te sien by die 2019 US Woordfees.

US Woordfees 2019: Visuele kuns

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-06

Die 2019 Visuele Kuns-program onder kuratorskap van die ervare Theo Kleynhans bied ’n wye tematiese en stilistiese verskeidenheid. 

US Woordfees 2019: Sanlam Musiekfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-06

Ontspanne, wild, pop, soul, jazz, folk, hip-hop of rock – dis alles op die program vir kontemporêre klanke.

US Woordfees 2019: Boeke en skrywers

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-06

Die Woordfees het as literêre fees begin en die geskrewe en gesproke woord bly die polsende hart van die fees. In 2019 bied die Skrywersfees weer ’n verstommende verskeidenheid met hope inspirerende verhale agter al die merkwaardige ervarings en verbeeldingstogte wat in boeke uitmond. Ook op die program is ’n reeks slypskole met die sleutels tot nuwe kreatiwiteit.

US Woordfees 2019: Stand-up-komedie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-05

Die stand-up-komedie is elke jaar een van die gewildste afdelings op die program en in 2019 sal feesgangers baie geleentheid kry om hul lagspiere hard te oefen.

US Woordfees 2019: Teater

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-05

Met die 2019-teaterprogram kan jy besluit of jy wil lag, huil, uitgedaag word, met ’n mooi storie verlei word of gekonfronteer word met dít waarvan jy dalk nie veel weet nie.

US Woordfees 2019: Leefstyl

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-05

By die 2019 US Woordfees is daar aanbiedings wat jy eenvoudig móét proe.

US Woordfees 2019: Filmfees

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-04

Die US Woordfees se 2019 Filmfeesprogram sal jou opgewonde laat oor die verskeidenheid en gehalte van Suid-Afrikaanse filmkuns.

US Woordfees 2019: Klassieke musiek

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-12-04

Die Klassieke Musiek-program spog met van die wêreld se voorste kunstenaars – almal op ’n verhoog in Stellenbosch.

US Woordfees-programbekendstelling: Marga Stoffer oor die voorgestelde kopiereg-wysigingswetsontwerp

Marga Stoffer Menings 2018-11-19

"Die enkeles wat behoorlik vergoed word vir hulle werk, is dié wat gelukkig genoeg is om tekste te hê wat in skole gebruik word. Maar die wetsontwerp maak dit nou vir die Departement van Basiese Onderwys moontlik om opvoedkundige materiaal sonder die toestemming van skrywers, en sonder vergoeding aan hulle, te gebruik."

Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2019 gehaal

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-11-16

Baie geluk aan die 25 skrywers van die verhale wat in die US Woordfeesbundel vir 2019 opgeneem gaan word!

Die 2019 US Woordfeesprogram word met ’n deurnagpartytjie bekendgestel

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-11-12

Op die aand van 16 November word ’n hele dansende karnaval van fees-apies uit die mou gelaat by die 2019 US Woordfeesprogrambekendstelling op Stellenbosch. Die bekendstellingsmakietie met musiek, poësie, stand-up, toneel, dans en films vind plaas in die HB Thomteater. Dit begin om 22:00 en hou aan tot die volgende oggend 5:30 se kant. Kaartjies te koop by Computicket.

Persvrystelling: Die land se top-spellers in Afrikaans is Noord-Kapenaars

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-10-22

"In die nasionale eindronde van die 2018 Sanlam WOW Spelfees wat op Saterdag 20 Oktober in Stellenbosch gehou is, het die Noord-Kaap nege van die wenners opgelewer, terwyl agt Wes-Kapenaars onder die top-30 was."

Persvrystelling: Spelkampioene maak gereed vir die eindronde van die nasionale Sanlam WOW Spelfees

LitNet Skole 2018-10-15

"Meer as 300 leerders van 129 skole dwarsoor Suid-Afrika het gekwalifiseer vir die eindronde van die Sanlam WOW Spelfees 2018, wat op 20 Oktober by die Universiteit Stellenbosch plaasvind."

Inskrywings vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel word ingewag

Toyota Stellenbosch Woordfees Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-07-12

Skrywers kan nou inskryf vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel, wat by die 2019 Woordfees bekend gestel sal word. Du Toitskloof Wyne borg weer die prysgeld van R30 000 vir die wenverhaal. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2018 om 16:00.

Persvrystelling: Die Stellenbosch Universiteitskoor is op pad na Londen, Wallis en die Wêreldkoorspele in Tshwane

LitNet Musiek 2018-06-29

Die internasionaal bekroonde US Koor vertrek 29 Junie op ’n konserttoer wat hulle via Londen en Wallis na die 2018 Wêreldkoorspele in Tshwane sal neem.

Persvrystelling: Werkswinkels oor Woordfeesaansoeke vir 2019

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-05-23

"Belangstellendes wat graag meer wil weet oor die aansoekprosedure en die manier waarop die beoordelaars voorleggings oorweeg met die oog op die samestelling van die feesprogram, kan een van twee werkswinkel-inligtingsessies oor Woordfeesaansoeke bywoon."

US Woordfees: WoordTROfee-wenners 2018

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-04-19

Die 2018 US Woordfees WoordTROfees is op 18 April by ’n spesiale toekenningsgeleentheid by Hog House op die Spier-landgoed oorhandig. Hier is die wenners.

Afrique mon désir: Indrukke van ’n groentjieresensent

Jaco du Plooy Musiek 2018-03-23

"Dié musikale produksie, wat al sedert 2016 in wording is, bring klank en beeld en weef tale soos Afrikaans, Frans, Lingala en Swahili saam tot ’n kulturele tjalie wat enige Afrikaan met trots kan dra."

Top