

ALLES IS NIE ALTYD SOOS DIT LYK NIE
Met: Garth Field, Eddie Newman, Jean-Pierre Lesch
Teks en Regisseur: Jean-Pierre Lesch
Na 10 jaar daag Spanne Solomons by dieselfde straathoek op waar hy vir jare gebly het. Hy is terug om sy ou vriende te sien, terug te ploeg en dankie te sê vir die geleentheid wat hy gekry het om van die strate af te kom. ’n Noodlottige vasloop in sy vriend, Lanie, lei na stereotipering, oordeel, ’n botsing met die gereg en uiteindelik sy dood.
6 Maart 21:30 | 9 Maart 16:00
27 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
Geen o/13
DAAR’S ’N VREEMDELING IN MY BED
Met: Laura-Lee Mostert
Teks: Laura-Lee Mostert, Liese Kuhn
Regisseur: Liese Kuhn
Dramaturgie: Kanya Viljoen
Op Clicks se webwerf sê dit meer as 44 miljoen mense wêreldwyd ly aan Alzheimers. In Suid-Afrika worstel 750 000 mense daarmee. Natuurlik groei hierdie getal elke 4 sekondes met nog iemand wat vergeet hulle het al geëet en gerook en hulle pille gedrink. Nog iemand wat hulle kinders nie herken nie en vergeet om ’n pantie aan te trek. Daar’s ’n vreemdeling in my bed volg Amelia se reis deur trauma, geluk en die eksentriekheid van die banale lewe.
8 Maart 09:00 | 9 Maart 14:00
45 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
Geen o/16 (T)
DE BADT
Met: Chanté Strydom, Jeani Heyns, Elsa Tirsa
Teks: Elsa Tirsa
Musiek: Tim Turan
Veronderstel jou ouma sit in jou bad. Veronderstel jou ouma se ouma kom sit in jou bad. Raak verlore tussen belle van bewondering, bevryde, beperkte, bevolkte, bevoordeelde mense en bloed. ’n Donker komedie wat die lig en donker van ’n persoonlike geskiedenis omlyn.
8 Maart 14:00 | 9 Maart 20:30 | 10 Maart 17:30
30 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
Geen o/14 (T, N)
DUDE, WA’S MY BAKKIE?
Met: Jeremeo Le Cordeur
Teks: Jeremeo Le Cordeur
Regisseur: Dean van der Ventel
Choreograaf: Lee Roodt
Stelontwerp: Gaerin Hauptfleisch
Wanneer Dean September ontdek sy voertuig is gesteel, dink hierdie jong bestuurder terug: Aan sy 21ste verjaarsdag toe hy ’n bakkie as geskenk ontvang het en aan die vele innemende bakkie-avonture. Reis saam wanneer hy sy eerste liefde, hartseer, padwoede en motordiefstal herleef met musiek uit die 90’s en Kaapse bruin kultuur.
8 Maart 18:45 | 10 Maart 12:30
30 min | Pulp Cinema Neelsie
R40
Taal: Afrikaans
PG 13
IN WHOREFISH BLOOMERS: THE WAITRESSES' LAMENT
With: Donna Cormack-Thomson, Jamie-lee Money
Director: Kei-Ella Loewe
In Whorefish Bloomers: The Waitresses’ Lament is a dark two-hander comedy masquerading as a cabaret. Revolving around 'the Virgin and the Whore' dichotomy, two waitresses prepare themselves for another nauseating night on the battlefields of Horrifying Hospitalica!
Armed with toothpicks, their razor-sharp wit, and ripe, suck-able tits, they don their aprons, hoist their fishnets and limber up to perform In Whorefish Bloomers!
(An adaptation of Sue Pam-Grant and Sheena Stannard's underground Apartheid-era 1980s feminist ‘cabaret’, a new generation of young women from Cape Town take on the patriarchy in this collection of pro-femme episodes stuffed with humour, word play, cheesy dance moves, a sprinkle of song and a drizzle of darkness.)
7 March 21:30 | 9 March 17:30
50 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Language: English
No u/13 (L)
JERRY, AN UNCONVENTIONAL HERO
Met: Jeremeo Le Cordeur
Regisseur: Ian van der Westhuizen
Choreograaf: Lee Roodt
Verhoogbestuurder: Phillip Theron
Dis aksie en absurditeite, lewensgrootte boewe en gevaarlike situasies. Dit het als begin met ’n misterieuse pizza... Ou Jerry is die skaam bleeksiel agter sy rekenaar in ’n produksie vol aksie en fisieke teater, geïnspireer deur popkultuur en strokiesprent-superhelde met onkonvensionele beligtingseffekte. Nou hoe beland die bleeksiel toe in ’n ondervragingskamer? Sterk staan, Jerry, sterk staan.
8 Maart 18:00 | 10 Maart 11:45
30 min | Pulp Cinema Neelsie
R40
Taal: Afrikaans & English
PG 13
MAMA
With: Chenal Kock
Director: Jeremeo Le Cordeur
Mama is a character piece showcased through the language of puppetry and physical theatre. Mama communicates through body language accompanied by musical performance poetry and spoken word by the mixed but not fixed creative artist Chenal Kock, who portrays the character as a vessel to confront reality.
8 Maart 19:30 | 10 Maart 11:00
30 min | Pulp Cinema Neelsie
R40
Taal: English & Afrikaans
PG 13
MARSHA: THE BEGINNING OF THE END
With: Kiroshan Naidoo, Jazzara Jaslyn
Director: Kathleen Stephens
When Sashen, a depressed retail assistant, is roped into a cult he begins to feel a sense of belonging, but when rules are bent and lines become blurry doubt begins to creep in. Marsha: The Beginning of the End is a satirical piece on an extraterrestrial, end of days cult. It looks at the psychological manipulation that radical cults use in order to gain followers. The piece allows the audience to reflect and identify cult-like behaviour in their everyday life i.e. diets, religion, social media. The show makes use of live recordings (done in a mockumentary style – think Modern Family) and the show is streamed online.
7 March 16:00 | 8 March 11:00
50 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Language: English
MOS
Met: Margo Kotze
Teks: Margo Kotze
Regisseur: Wynand Kotze
Iewers by ’n braai loer ’n tannie na ’n matriekmeisie: "Sy wil mos drama doen. Sy wil mos famous wees." Twee jaar later spook dié woorde steeds by die amper aktrise. Wat beteken daardie “mos”?
7 Maart 09:00 | 10 Maart 19:00
45 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
Geen o/14 (T)
TRASH, BOER AND BRAT
With: Palesa Xulu, Les Nkosi, Petro Janse van Vuuren
Director: Tshego Khutsoane
The work invites you into stories we tell about how we were moved by fellow South Africans. It plays with dominant and habitual narratives, disrupts boundaries, challenges stereotypes and hopes to move you. It may upset your sense of political correctness and we apologise if it doesn’t.
6 March 13:00 | 7 March 11:00
60min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Language: English (with Afrikaans and isiZulu)
No u/13
ONS MOET SPOEG OM TE SIEN HOEKOM ONS NIE KAN SIEN NIE
Met: Gerhard Ferreira
’n Seun word groot met ’n swaard oor sy kop: Hy is geleidelik besig om blind te word. Hy is anders as sy maats en daar moet dikwels aanpassings vir hom gemaak word. Met humorsin en ’n lighartige lewensuitkyk vestig hy sy aandag op dié dinge wat hy wel kan doen. Hy voltooi die Comrades- en New York City-marathon, bereik die kruin van Kilimanjaro en stap tot by basiskamp Ama Dablam, die derdehoogste berg in die Himalayas.
9 Maart 12:00 | 10 Maart 15:00
60 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
SKOP!
Met: Sjaka S. Septembir, Gertjie Besselsen, Isabelle Grobler
Teks: Sjaka S. Septembir
Regisseur: Sandra Temmingh
SKOP! is ’n donker kabaret wat liefde, seks en die dood belig met digkuns, musiek en fisieke teater. Sjaka S. Septembir bring sy woorde en sy stem; Gertjie Besselsen (van Mr Cat and the Jackal) is die donker figuur aan die stuur van die musiek. Die kunstenares Isabelle Grobler dek die tafel en bring só haar kunstige visie na die verhoog. Sandra Temmingh sweis alles saam in haar Duitse, minimalistiese styl.
6 Maart 18:30 | 9 Maart 09:00
50 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
Geen o/12 (T)
THROUGH THE EYE OF A DOUGHNUT
With: Petro Janse van Vuuren
Director: Tshego Khutsoane
Stories shatter stereotypes, open us up and move us towards one another. Let me tell you about the year I was the only white student in Goldfields residence, or the first time I took a local taxi in Johannesburg, or the day I was unmasked as a bigot by a worker from Idas Valley…oh…and about the doughnut.
6 March 15:00 | 7 March 13:00
45min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Language: English
No u/13
DIE MEERMIN-KOMPLEKS
Met: Du Toit Albertze
Robbie is vas oortuig hy is ’n borrel. Die dorp verdink hom daarvan dat hy ’n meermin is. ’n Borrel en ’n meermin is ewe uit plek met die Calvinistiese oortuigings van die verlate kusdorpie Draadbaai. Robbie probeer maar net sy plek tussen die grond en see vind, maar sy emosionele reis word onderbreek deur die onheilspellende duikers met hul meerminjagte, sy vader wat hom probeer “regmaak”, pastoor Ursula se duistere agenda en sy kwynende geestestoestand wat aan ’n boogie board hang. Die Meermin-kompleks is ’n tragikomiese reeks episodes wat die Victoriaanse ideologieë oor die heiligheid van kindwees sowel as regstellende verkragtings van gays binne ’n Afrikaner-konteks ondersoek.
7 Maart 19:00 | 9 Maart 21:45
30 min | Pulp Cinema Neelsie
R60
Taal: Afrikaans
Geen o/13 (T, S)

