Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Sonja van der Westhuizen se keuse van drie produksies:
OPERASIE HOLM!
Komedie
Skrywer: Marion Holm
Regie en beligtingsontwerp: Chris Vorster
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Handyminds
Marion Holm en Chris Vorster het nog ’n jaar oorleef en deel dankbaar en heel plesierig die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het. Marion kan dit steeds nie bekostig om ’n akteur of drie te betaal nie – daarom speel sy al die rolle sommer self. Daar’s armoede, padwoede, honde en die alledaagse gesukkel met ’n gesukkel. As jy graag iets ontstellend ernstigs wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ’n KLEIN bietjie dink – kom kyk gerus.
Taal: Afrikaans
Koop nou op Computicket hier
NIK RABINOWITZ & ALFRED ADRIAAN
Alfred Adriaan is ’n boorling van die Oos-Kaap en een van Suid-Afrika se gewildste jong stand-up-komediante, met sewe Comics Choice-nominasies. Hy tree vanaand vir die eerste keer op by die Woordfees. Adriaan het al in New York opgetree sowel as by komediefeeste in Perth en Sydney. Daarna is dit Nik Rabinowitz se beurt. Dit is die derde jaar in ’n ry dat Rabinowitz feesgangers gaan vermaak. Kom lag jouself ’n papie wanneer hierdie wêreldbekende Xhosa-sprekende Jood nuwe materiaal deel.
Koop nou op Computicket hier
SCHALK BEZUIDENHOUT & LOYISO MADINGA: BROKEN ENGLISH
Schalk Bezuidenhout en Loyiso Madinga is terug by die fees, dié keer met hul unieke tweeman-vertoning, Broken English. Dié twee briljante jong komediante is albei sedert 2011 besig om vir hulself naam te maak. Bezuidenhout, die krullebol-komediant met die snor en bont truie, is reeds ’n ou bekende by die Woordfees, en Madinga het onlangs die eerste Afrika-korrespondent op Trevor Noah se The Daily Show geword. Albei tree deesdae ook dikwels oorsee op. Verwag meer lagbuie as grammatikale foute.
Koop nou op Computicket hier