US Woordfees 2019: WAT se Nuutskeppingskompetisie

  • 3

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Nuutskeppingskompetisie saam met Monitor op RSG, die US Woordfees en die ATKV.  Stuur NOU jou nuutskepping of nuutskeppings na wat@sun.ac.za met Nuutskeppings in die onderwerpsveld asseblief. Eerskomende Maandag kondig ons reeds die eerste vyf nuutskeppings aan waarvoor RSG-luisteraars kan stem. Dinsdag is die laaste dag waarop jy Nuutskeppings kan instuur.

Vanaf Maandag  4 Maart word daar elke dag op Monitor vyf woorde gegee waarvoor luisteraars kan stem op RSG se webtuiste by rsg.co.za onder Kitspeiling. Daar is elke dag ’n kontantprys van R500 geskenk deur die ATKV en Vrydag word die uiteindelike wenner aangekondig wat vier dae vir vier persone in ’n ATKV-oord van die wenner se keuse wen.

Waarvoor moet Nuutskeppings gemaak word?

Jy kan ’n nuwe woord maak vir ’n nuwe konsep waarvoor daar nog nie ’n woord bestaan nie, iets soos hommeltuig, of jy kan ’n nuwe woord maak vir iets wat nog nooit voorheen werklik benoem is nie, soos weggenoot vir ’n eksman of eksvrou, of vonkelwater vir gebottelde water "met prik" soos die Nederlanders sê.  Dit KAN, maar dit hoef nie  ’n Afrikaanse ekwivalent vir  ’n Engelse woord te wees nie. Dit HOEF ook nie te rym, of van die woepsie-wapsie-tipe  te wees nie.

Stuur NOU jou nuutskepping na wat@sun.ac.za met Nuutskepping in die onderwerpsveld, sodat ons Maandag in Monitor die eerste vyf woorde kan aankondig waarvoor luisteraars kan stem. 

Prystrekking vir Sanlamprys van R25 000

Op 7 Maart om 13:30 neem Tracey Lange die Prystrekking waar vir die Sanlamprys van R25 000 by die Borg ’n Woord-stalletjie by die Adam Small Teater by die Woordfees. Maak seker dat jy kwalifiseer vir hierdie rondte se prystrekking deur vroegtydig (weer) ’n woord te borg of te koop.

  • 3

Kommentaar

  • Wel ekt altyd gewonder waarom ons nooit die letter "z" baie gebruik nie. Ons taal kan gerus weer sy wortels herondek uit die Germaanse hitorie. Dit gee hom net daardie "flare".

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top