US Woordfees 2019: Anelene Schoonees se keuse

  • 0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Anelene Schoonees se keuse van drie produksies:

 

3 SUSTERS...

Komiese drama

In samewerking met: Innibos-Kunstefees, LW Hiemstra-trust, KWV, Clemengold, Vision Insurance en Hannon 
Skrywer: Louis Pretorius
Regisseur: Tara Notcutt
Stelontwerp en kostuums: Scenic Studio
Beligtingsontwerp: Scenic Studio en Tara Notcutt
Klankbaan: Gideon Lombard
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsdag en dis die tweeling se geskenk aan haar. ’n Bord sushi sou net so goed gewees het. Hulle weet mos sy’s bang vir vlieg. Sal hulle ooit daar kom? Of is almal net te vlugvoos? 

Taal: Afrikaans 

Margit Meyer-Rödenbeck, Nicole Holm, Lizz Meiring
 
R135 - R145 | R160 by die deur
Koop nou op Computicket hier

SKY EN CZECH

Drama

Ondersteun deur NATi en die US Woordfees

Skrywer: Ashraf Jamal 
Vertaling: Gérard Rudolf 
Regisseur, stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Marí Borstlap 
Verhoogbestuurder: Jeandré Hammond 
Vervaardiger: Mana Masjien in opdrag van die US Woordfees

Ná ’n reis van 6 000 km dwarsdeur die land spoor Czech uiteindelik sy beste vriend, Skyler, op in ’n vuil sinkgehuggie in die middel van nêrens. Die Sky wat Czech daar aantref, is nie die Sky wat hy onthou nie. Sy vriend het afstand gedoen van die wêreld. Hy leef reeds in sy eie werklikheid. Czech wil Sky terugsleep na sý rigiede wêreld toe – ’n wêreld van reëls, roetine, vierkantige boksies en reguit lyne, maar Sky gaan nêrens heen sonder om te skop en te skree nie.

Geen o/14 (T)  

Taal: Afrikaans

Gérard Rudolf, André Roothman
 
R100 - R140 | R160 by die deur 
Koop nou op Computicket hier
 

O, DIE DONKIE!

Tragikomedie

Skrywer: Dana Snyman 
Regisseur: Gerrit Schoonhoven 
Stel-, beligtingsontwerp en vervaardiger: Lets be Frank Productions 
Verhoogbestuurder: WS Beyers

Ontmoet mnr. Barry Swart, die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. Mnr. Swart is ’n bekommerde man. Daar is persberigte dat die skool besig is om agteruit te gaan. Daar’s ernstige dissipline-

probleme, rassistiese voorvalle en dit lyk of Afrikaans se dae getel is. Boonop het die eerste rugbyspan nou al vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel.

Taal: Afrikaans

Frank Opperman
 
R120 - R140 | R160 by die deur 
Koop nou op Computicket hier
 
 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top