Toyota Stellenbosch Woordfees
US Woordfees: WoordTROfees – nominasies vir 2018
2018-03-23Die kortlys van nominasies vir vanjaar se US Woordfees WoordTROfee-toekennings is pas bekend gemaak. Die WoordTROfees word op 18 April op Stellenbosch oorhandig.
Die argitektuur van pyn: ’n kunskritiese beskouing van US Woordfees 2018
2018-03-22"Wat is die waarde van kuns? Wat is die waarde van ’n fees soos die Woordfees? Het Afrikaans met al sy opgelaaide bagasie nog ’n plek, veral in Stellenbosch, in die Suid-Afrika van vandag, wat toenemend verengels onder die valse wanindruk van inklusiwiteit?"
Die hel, digtersparadys en die woord
2018-03-22"En skielik word die woord vir my vlees … Word hierdie vrou se lot ons droewe land se werklike verhaal."
US Woordfees 2018: “NG Kerk het zero moraliteit”
2018-03-15"Julie Claassens van die Departement Ou Testament en Bevordering van Menswaardigheid het gesê voordat die NG Kerk nie sy ras-, gender- en seksuele kwessies uitsorteer het nie, is daar zero moraliteit in die kerk. Sy sê die kerk is behep met seks en verkeer in 'n morele krisis."
Evita en Pik huldig Mandela
2018-03-15"Botha onthou hoe Cyril Ramaphosa langs Mandela gestaan het toe hy sy eerste toespraak as vry man op die Kaapse parade gehou het. Hy sê dit was ’n historiese voorspelling van wat vandag in die land gebeur met Ramaphosa wat nou Mandela se skoene volstaan."
Genadedood is ’n demokratiese reg
2018-03-15"Van Niekerk sê daar is situasies waar terminaal siek mense die vermoë verloor het om hul eie lewe te neem of om op ’n waardige manier te sterf. Dit is waar genadedood of bystanddood in die prentjie kom."
Ons is almal freaks hier: kladaantekeninge vanuit die gehoor
2018-03-15"Ons wag dat ons kan hande klap vir die akteurs, maar hulle kom nie terug nie. Ons was nie hulle gehoor nie, ons was deelnemers."
Ons is almal freaks hier: ’n resensie
2018-03-15"As gehoorlid het ek ook onkant betrap gevoel, want soos jy staan en kyk na die aksie en toneelspel, kyk jy ook na die gehoorlede wat oorkant jou staan of sit, en die hele proses voel soos ’n ontbloting, ’n ontmaskering – dit voel asof jy vir die persoon oorkant jou wil sê: 'Ons is saam in hierdie ding.'"
US Woordfees 2018: Foto's van die SASNEV-borrel
2018-03-15Die jaarlikse SASNEV-borrel het Saterdag 10 Maart by die US Woordfees plaasgevind. By dié geleentheid is die Eenders & Anders-reeks, uitgegee deur Protea, bekendgestel.
US Woordfees 2018: Ouwingerd-erfenis-wynproe by Spek en Bone
2018-03-14"Elke wyn het ’n storie, gewoonlik gewortel in generasies van wyndruiweboere wat die wingerde saam met hul wingerdwerkers met sentiment en begrip versorg."
Die kwessie van die spaar embrio’s
2018-03-14"Tydens die Frederik Van Zyl Slabbert-gesprekreeks is ... aandag gegee aan die rol van moreel-etiese, filosofiese en teologiese kwessies by die toepassing van genadedood en die reg om self te besluit. Terselfdertyd is die genetiese manipulering van menslike embrio’s tydens ʼn natuurwetenskap-café krities onder die loep geneem en deur die bril van die filosofie en genetika bekyk."
Die koninkryk van die diere: ’n teaterresensie
2018-03-14"Akteurs is onderworpe aan die genade van diegene wat die mag het om lewensveranderende besluite om hulle onthalwe te neem – net soos wat die diere onderworpe is aan die leeu, of meer aktueel, soos wat werknemers onderworpe is aan werkgewers, of die samelewing onderworpe is aan die een of ander politieke bestel."
Fotostaatmasjien: ’n teaterresensie
2018-03-13"Fotostaatmasjien is bowenal ’n heerlike, menslike, lewenslustige produksie. Dit laat jou lag, maar dit laat jou ook wonder; dit konfronteer jou met vreemdheid en dit maak jou so ’n bietjie deurmekaar, soos die lewe self."
“Ongehoord”-reeks broodnodige diskoers
2018-03-13"Hoekom 'Ongehoord'? Want die Diskoers-reeks soos wat dit tot nou toe aangebied was, stel nie vroue spesifiek en doelbewus aan die woord nie, en dit stel nie vroue se belange en perspektiewe voorop nie. Dit klink eenvoudig, dit klink voor die hand liggend, maar dit het tot 2018 geneem vir iemand om dit deur te voer."
US Woordfees 2018: Melk en vleis, ’n twietindruk
2018-03-12"1996. Is dit soos wat Suid-Afrika was? Hoe ver het ons gekom! Hoe baie het dinge nog dieselfde gebly."
US Woordfees 2018: Inxeba, ’n twietindruk
2018-03-12US Woordfees 2018 is verby. Hiermee 'n oor-die-skouer-indruk van Inxeba.
US Woordfees 2018: Liewe Heksie en die sirkus, ’n twietindruk
2018-03-12US Woordfees 2018 is verby. Hiermee 'n oor-die-skouer-indruk van Liewe Heksie en die sirkus. Kort genoeg om te twiet.
US Woordfees 2018: Fotoblad 6
2018-03-12Die sesde fotoblad van die US Woordfees 2018 se skrywersprogram.
US Woordfees 2018: INK gratis beskikbaar – Uitgawe ses
2018-03-10’n Elektroniese weergawe van INK, die US Woordfees se feeskoerant, is elke dag ná 15:00 op LitNet beskikbaar. Lees Saterdag se uitgawe.
US Woordfees 2018: Fotoblad 5
2018-03-09Volg die US Woordfees se skrywersprogram met foto's op LitNet.
