Universiteitseminaar | University Seminar
Follow and join the ongoing conversation on education, access, transformation, language and the Constitution.

Persvrystelling: "ʼn Kans in Afrikaans!" praat met die US-bestuur oor taalbemagtiging
2016-07-21"Tydens 'n gesprek vandeesweek tussen 'n bruin afvaardiging van 'n Kans in Afrikaans! en die US-bestuur is ooreengekom dat Afrikaans gelyke status met Engels sal geniet en dat Afrikaanse studente, veral dié uit arm, bruin gemeenskappe, nie deur die nuwe taalbeleid benadeel sal word nie."
Geen mindere plek vir Afrikaans: Oorwegings vir die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika
2016-07-21"Hierdie beweging moet die fout van die tweede beweging regstel deur die uiteenlopendheid van die Afrikaanse taalgemeenskap te erken, te omarm, en daardeur ’n kulturele platform te skep vir die ontwikkeling van ongeveer 16 miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika en Namibië."
Dink anders oor sosiale geregtigheid
2016-07-19"Meertaligheid is nie teenliberaal nie. Net soos mens vir rasse- en geslagsgelykheid moet streef, so moet ware meertaligheid ook nagestreef word. Om een tipe gelykheid bo ’n ander te verhef, is moeilik regverdigbaar."
Kaapse dinkskrum pleit vir oop inklusiewe Afrikaanse universiteit
2016-07-13"Minstens 50 van die wêreld se top universiteite is nie Engels nie."
Persverklaring: “ʼn Kans in Afrikaans!” praat met US oor regverdige taalbeleid
2016-07-06"Die doelwit van ʼn regverdige bedeling vir taal en toegang by die US sal reguit praat verg. ʼn Kans in Afrikaans! sal aanhou om dit te doen ̶ in belang van ons land se grootste bate: sy mensepotensiaal."
The future of Stellenbosch and Pretoria universities
2016-07-01"Consultation, for want of a better word, with the universities alone is not enough. The matter should have been subject to systematic public discussion."
PEN Afrikaans: Stellingname rakende die taalbeleidswysigings aan die US, UP en Unisa
2016-06-28"Mag hierdie waterskeidende oomblik in ons geskiedenis die begin van nuwe alliansies en ’n breë demokratiese beweging vir verdraagsame meertaligheid en bemagtigende moedertaalonderrig wees."
#GelykeKanse-persverklaring: Reaksie op die US se nuwe taalbeleid
2016-06-24Die Gelyke Kanse-veldtog sal hom verder beywer vir die gelyke beregtiging van Afrikaans en Engels op die US-kampus.
Taalraad-persverklaring: Taalbeleid by die US, UP en UNISA
2016-06-23"Daarby is dit doenbaar en heeltemal redelik om almal se belange by die US te akkommodeer. ʼn Voorvereiste hier is dat die taalbeleid met alle belanghebbers onderhandel word, eerder as om dit met ʼn administratiewe proses af te dwing."
ATKV-persverklaring: Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria
2016-06-23“Die nuus oor Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria is nie goeie nuus nie, maar hoe hanteer ons dit vorentoe?” – Japie Gouws
Die besluite teen Afrikaans by die UP en US is geskiedkundig - en 'n onreg
2016-06-23"Die besluite teen Afrikaans as onderrigmedium deur die rade van die Universiteit van Pretoria en die Universiteit Stellenbosch op 22 Junie 2016 moet in die geskiedenis opgeteken word, om ’n hele paar sonderlinge redes."
Persverklaring van die Universiteit Stellenbosch: Nuwe US Taalbeleid aanvaar
2016-06-22"Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het vandag (22 Junie 2016) die voorgestelde nuwe Taalbeleid met die Senaat se aanbevole wysigings aanvaar. Die Senaat het die Taalbeleid op 9 Junie 2016 met ’n groot meerderheid van stemme (113 ten gunste en 10 daarteen) goedgekeur."
#GelykeKanse: Versoekskrif aan die Raad van die Universiteit Stellenbosch
2016-06-21"Die finale konsep-taalbeleid wat Woensdag vir bekragtiging voor die Raad dien, toon sulke ernstige gebreke dat die Raad dit in geen omstandighede kan goedkeur nie."
Het die Soweto-opstande iets te make met vandag se studenteprotesaksies?
2016-06-17"Wat Suid-Afrika se studenteprotesaksies betref, sou dit ... ʼn miskenning wees van groter stemme en bewegings reg oor die wêreld se direkte invloed op ons as ons maar net aanvaar dat die protesaksies ʼn nuwe weergawe is van wat in 1976 en daarna gebeur het."
US-taalbeleid en 'n eerbare nuwe idee
2016-06-17"Kennis bestaan nie om kennis se onthalwe nie – selfs in die sogenaamde basiese wetenskappe moet dit iets doen aan die insig, begrip en wysheid van samelewings."
Die antidemokratiese denkstroom by universiteite
2016-06-15"Die tydbom van klasse-ongelykheid waaroor ek en ander ontleders al lank skryf, is besig om te ontplof, maar die ontploffing het onverwagte aspekte en blyk nou meer omvangryk as klas te wees."
’n Kans in Afrikaans: Willa Boezak en Danie Marais gesels op kykNET
2016-06-14kykNET het vir dr Willa Boezak en Danie Marais gisteraand genooi om te praat oor die “’n Kans in Afrikaans”-veldtog se verset teen die US se taalplanne.
An Anglo thinks about Afrikaans
2016-06-09"We have so far failed as a nation to give meaning and respect to the constitutional recognition of our multilingual heritage."
’n Kans in Afrikaans! – ’n Openbare uitdaging aan die US-bestuur
2016-06-09“’n Kans in Afrikaans!” daag hiermee die rektor van die US, prof Wim de Villiers, en/of die voorsitter van die US-raad, mnr George Steyn, uit tot ’n openbare TV-debat vóór die 22ste Junie se raadsvergadering.
Voordrag by die WAT se Woordpret: Die ideaal van ’n meertalige universiteit
2016-06-07"Hier staan ons dus nou, buite die hasehof, ‘n bietjie radeloos, met slegs die konsep van meertaligheid soos ’n baksteen in die hand. Wat kan ons daarmee maak? Ek stel voor ons gooi dit deur ’n paar vensters."
