Persverklaring: Jan Heunis bedank as 'n lid van die Raad van die Universiteit Stellenbosch

  • 11

Jan Heunis (foto: Naomi Bruwer)

22 Julie 2016

Persverklaring deur die President van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch

Ek het vandag mnr George Steyn, die Voorsitter van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch, meegedeel dat ek as 'n lid van die Raad bedank. Ek bly aan as President van die Konvokasie. Die redes vir my bedanking blyk uit my bedankingsbrief, onderaan.

***

22 July 2016

Press release by the President of the Convocation of the University of Stellenbosch

I today informed Mr George Steyn, the Chairperson of the University of Stellenbosch, of my resignation as a member of the Council. I remain President of the Convocation. The reasons for my resignation appear from my letter of resignation - below.

janheunisbedanking1

janheunisbedanking2

janheunisbedanking3

  • 11

Kommentaar

  • Dit is jammer dat jy bedank het, advokaat Heunis, maar as die rektor skaamteloos kluitjies bak, is dit die einde van die rasionele gesprek. Die leuen is deesdae besonder teelkragtig in hierdie land.

  • Jan, onder die omstandighede, soos duidelik uit jou skrywe blyk, het hul jou met geen ander keuse gelaat as om jou gewete te beskerm, deur jou tas te pak en te loop nie. Jou en ander manne van inbors se bedanking, vererger die vertrouenskrisis waarin die Raad hom tans bevind. Marlene se skrywe en die volbank uitspraak van die Hooggeregshof in die Vrystaat dra verder by tot die persepsie dat die Raad horende doof en sienend blind is vir die oproep tot redelikheid en inklusiwiteit vanuit gerespekteerde bronne. Die Grondwet se taalvoorskrifte word klaarblyklik ook moedswillig op 'n selektiewe basis geïnterpreteer. Dankie Jan vir wat jy vir reg en regverdigheid in die Raad en daarbuite gedoen het en nog steeds doen. Die geskiedenis sal jou sag behandel en jy kan vanaand jou kop met gemoedsrus neerlê, met die wete dat jy jou deurgaans waardig gedra het en altyd jou bes probeer het om die groter prentjie te sien. Daar kom 'n tyd dat 'n mens 'n sinkende skip moet verlaat - voor dit te laat is - veral as jy nie bygedra het tot die feit dat hy besig is om al vinniger te sink nie.

  • Avatar
    Pieter Engelbrecht

    Baie dankie vir al jou pogings om 'n bietjie logika in hierdie klomp libtards se koppe te probeer kry!

  • Avatar
    Annalene Scholtz

    Dis jammer dat lede binne die Raad wat ons as oud-Maties ook verteenwoordig, nie meer dieselfde sentiment deel nie! Ek wonder hoeveel oud-Maties doen nog skenkings of gaan in hul testament aan US dink wat finansies betref! Al voordeel is dat daar nog baie trustgeld is vir 'n paar jaar! Dankie Jan dat jy hard probeer het. Daar is 'n groter prentjie en ons is nie blind nie, maar die taalbeleid is op die oomblik net 'n politieke bal en andersins is dit daar om sekere mense se ego's te streel!

  • Avatar
    Eduard Greyling

    Bravo en 'n mens kan dit nie beter stel as Marlene nie, veral in sake die geleenthede vir agtergeblewendes.

  • Die twee oud-Paul Roosers se skouerskuur kom blykbaar al van skooldae af aan. En Jan was volgens oorlewering nog altyd aan die agterspeen en die een wat 'n appeltjie met Wim te skil het. Wie gaan die storie vertel? Hier is dalk meer aan die gang as net die Taalrelletjie.

    • Avatar
      Danie Rossouw

      Sakkie, ek is bevrees jou feite is verkeerd. Jan Heunis is in meer as een opsig Wim se senior. Om mee te begin was Jan al bykans reeds afstudeer en toegelaat as ’n Advokaat toe Dr Wim destyds in 1977 op Paul Roos aan sy matriek gewerk het. Jan was bowendien in ’n ander skool en, hoofseun by Hoërskool Groote Schuur. Jan het terloops juis in sy eie matriekjaar Paul Roos se hoofseun in ’n debatskompetisie geklop. Geen wonder Jan het vroeg reeds as ’n jong juris baie vinnig opgang gemaak nie. Adv Jan Heunis was reeds op ’n betreklike jong ouderdom die hoof staatsregsadviseur in die kantoor van die Staatspresident. Nee wat Sakkie, ek dink nie Wim sou enige speen kom bykom om aan te suig sou hy op Paul Roos reeds met Jan Heunis paaie gekruis het nie. Sy bedanking uit die US raad is ’n reuse verlies van intellektuele kapitaal en visie vir die US se leierskorps.

    • Avatar
      Jakkie Heunis

      Beste Sakkie
      Ek dink jou bronne het die kat aan die stert beet.
      Ek is een van Jan Heunis se broers en die enigste een van ons wat saam met Wim in die klas by Paul Roos Gimnasium was.
      Ek het Wim en sy familie nog altyd as vriende beskou en is nie bewus van enige appeltjies nie, ten spyte van die feit dat hy my in Standerd 6 per ongeluk met 'n tuinvurk in die been gesteek het in Os se landboutuin.
      Of, wag,was dit werklik 'n ongeluk?
      Ek voel gevlei dat enige iemand dink dat ek hoegenaamd in een of ander kompetisie met Wim kon wees. Ek weet vandat ek 13 is dat ek hoegenaamd nie in sy liga is nie.

  • Avatar
    Johannes Comestor

    Jan Heunis het aan die US alles in sy vermoë ten behoewe van Afrikaans gedoen. Dit is begryplik dat hy hom nie langer met diegene in beheer van die bestuur en die raad wil vereenselwig nie.

  • Avatar
    Mathilde Du Plessis

    Ek bewonder die persoon wie homself onttrek uit situasies wat hom teen die bors stuit. Dié bewys van integriteit word al hoe skaarser. Ons knak ons knieë om die speelveld gelyk te maak, maar vergeet dat Afrikaans grondwetlike bestaansreg het en die moedertaal van miljoene is. Die enigste jammerte is dat die stemme wat opstaan vir Afrikaans aan die verdwyn is.

  • Sakkie, ek twyfel of die 'skouerskuur'- storie enige waarheid inhou. Wim het in 1977 by PRG sy matriek afgehandel, terwyl Jan vroeg in 1978 reeds tot die Balie toegelaat is. Dit veronderstel 'n ouderdomsverskil van ten minste vyf jaar en ek twyfel of hul onderskeie skoolloopbane hoegenaamd met mekaar kon oorvleuel het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top