Slypskole
Gepubliseerde skrywers help aspriant-skrywers om aan hul skryfwerk te skaaf deur kritiek te lewer op werk wat voorgelê word.
Kommadagga 2022: Hier is ons slypskoolkandidate
2022-08-25Kyk wie neem deel aan LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat in Oktober op Somerset-Oos aangebied word. Altesaam 64 aansoeke is ontvang vir dié slypskool wat vanjaar op die skryf van tydskrifverhale fokus.
LitNet-slypskool Om te skryf
2022-08-05Alle voornemende skrywers is welkom om in te skryf vir keuring vir die LitNet-slypskool Om te skryf. Voorleggings van kortverhale word ingewag en vyf skrywers sal aangewys word om deel te neem. Voorkeur sal verleen word aan goeie werk van skrywers wat nog nie solopublikasies gelewer het nie.
Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe Huisgenoot hom aan die lewe gehou het
2022-05-26Die sluitingsdatum vir aansoeke vir LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers is om die draai: 10 Junie 2022. Koos Kombuis vertel hoe hy as jongman oorleef het deur verhale aan Die Huisgenoot te lewer.
LitNet se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers, aangebied saam met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot
2022-02-09Aspirant-tydskrifverhaalskrywers kan nou aansoek doen vir vanjaar se Kommadagga-slypskool, aangebied deur Rachelle Greeff en Niq Mhlongo. LitNet, die Jakes Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot maak dié geleentheid moontlik.
LitNet’s Kommadagga writing workshop for magazine story writers – presented together with the Jakes Gerwel Foundation and Huisgenoot
2022-02-09Aspiring magazine story writers can now apply for the Kommadagga writing workshop, presented by Rachelle Greeff and Niq Mhlongo. Made possible by LitNet, the Jakes Gerwel Foundation and Huisgenoot.
Kommadagga-kortverhaal: "We breathed"
2021-11-29"Toe Danielle bykom, lê sy in die gras op ha maag. Haar gesig is dik en warm. Sy kyk in die rigting van Perry se stem. Danielle sien waar sy op haar rug lê. Outjie skyn ’n phone lig op ha." – Lees Jodie Groener se Kommadagga-kortverhaal.
Kommadagga-kortverhaal: "Eendag is eendag"
2021-11-17"Ek het my kombuisie en twee kamers uitgemeet met ’n stok en ge-imagine die furniture binne-in die vertrekke." – Lees Kenneth Williams se Kommadagga-kortverhaal.
Kommadagga-kortverhaal: "As Daddy maar net kon weet"
2021-11-11"Deesdae het jy nogal ’n houding." Hy spoel sy hande af. "En moetie eers van die ander storie praat nie." – Lees Daylen Tobias se storie waaraan sy by LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool in Somerset-Oos gewerk het.
Kiekies van Kommadagga 2021
2021-10-13Kyk hier na foto’s van LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool wat op 5 Oktober 2021 by die Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos afgeskop het.
Persverklaring: Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie
2021-09-06Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer Penguin Random House Romanza, bied op twee Saterdae in Oktober (2 en 16 Oktober 2021) ’n aanlyn slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.
Ontmoet ons nuwe Kommadagga-kandidate
2021-08-18Kyk wie is die gelukkige deelnemers aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool wat van 5 tot 26 Oktober 2021 op Somerset-Oos aangebied word.
Aansoekers moet opskud vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool
2021-06-18Aansoeke vir LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool sluit op Vrydag 2 Julie 2021 om 12:00. Voornemende aansoekers kan hier kers opsteek oor al die wonderlike dinge wat op hulle wag.
LitNet and the Jakes Gerwel Foundation’s second Kommadagga writing workshop
2021-04-13LitNet and the Jakes Gerwel Foundation’s second Kommadagga writing workshop will be held in Somerset East from 5 to 26 October 2021. Prospective participants interested in crafting short stories, columns, articles or opinion pieces are invited to submit applications now.
LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool
2021-04-13LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool vind vanjaar van 5 tot 26 Oktober 2021 in Somerset-Oos plaas. Belangstellendes wat op kortverhale, rubrieke, tydskrifstories, artikels of meningstukke wil fokus en nog nie voorheen ’n boek gepubliseer het nie, kan nou aansoek doen.
Persverklaring: Winterskool, met skryfkompetisie vir opkomende skrywers
2021-03-19Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied op drie opeenvolgende Saterdae in Junie 2021 (5, 12 en 19 Junie) ’n aanlyn-Winterskool vir opkomende skrywers aan.
Kommadagga short story: Twee vuilpoppe
2020-12-02"I am your son, and we are alike in so many ways. Yes, I like boys, but only to play with. But girls, girls I love. Only girls."
Kommadagga-opinie: Goeie chaos
2020-11-25"Ons het dierbare burgers, soos Ampie Coetzee en dominee Boshoff, verloor, maar het ook al die titel Dorp van die Jaar gedra deur Kwêla, die show wat kykNET uitsaai. En Andrew Murray, ’n leraar en gestuurde van God aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, sit steeds op dieselfde plek waar hy uitkyk oor ons dorp."
Kommadagga-kortverhaal: Jy het nie ’n graad nodig vir common sense nie
2020-11-20"Terwyl my maat lang ure as hoof van ’n bankgroep werk, is ek aangewese op Owore se raad omtrent alles in Kampala. Hy is die een wat my wys waar die naaste convenience store vir brood en melk is."
Kommadagga essay: Music and my father
2020-11-12"My father and I go for months without speaking to each other. This ongoing cycle usually starts after he says something crude and vulgar, mixed with colourful language, and I’m left thinking about why I forgave him for his prior transgression."
Kommadagga-opinie: Hou ons begrafnis of show ons af?
2020-10-30"Lockdown het funerals mooi intimate kom maak. Only the nearest and dearest van die ontslapene kom staan mekaar by en so unify Jason almal, sonder die afshow."
