Kiekies van Kommadagga 2021

  • 2

Deelnemers aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool het op 5 Oktober 2021 by die Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos aangemeld. Anna-Karien Otto, Daylen Tobias, Kenny Williams en Jodie Groener word deur Rachelle Greeff onder hande geneem om hul skryfwerk te verfyn. Die slypskool duur tot 26 Oktober.

Die deelnemers, wat hier op LitNet bekendgestel is, het die volgende foto’s aangestuur om te laat weet dat dit goed gaan en dat hulle hard aan die werk is. Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting, en Rachelle het die foto’s geneem.

Soos die res van Suid-Afrika, word Somerset-Oos deur kragonderbrekings geteister. Kenny Williams het hierdie gedig as vingeroefening geskryf:

Outage Paulet-huis

Die nanag is my donskombers
stil stiller stilste
ek onthou:
argwaan
stiek yt
toetentaal
my mase horing
my heeldag elke dag Afrikaans
van daar my hier
my nou

 

Van links: Kenneth Williams (Paarl), Daylen Tobias (Gansbaai), Jodie Groener (Humansdorp), Anna-Karien Otto (Paarl)

Beeste wat op die sypaadjie voor Paulet-huis wei, is ’n alledaagse gesig.

’n Tesourus bly maar enige aspirantskrywer se beste vriend.

Hard aan die werk in Paulet-huis.

Rachelle Greeff met skilpaaie uit Jakes Gerwel se legendariese versameling

Slypskool-kandidate het toegang tot Jakes Gerwel se boekery wat in die stigting se Paulet-huis bewaar word.

Daylen Tobias en Kenny Williams

Peppermint, ’n perd in die buurt, het slypskoolgangers se harte gesteel. Daar is glo ook twee boomslange in die tuin.

Jodie Groener

Saam met sjef Gilbert by sy eetplek in die dorp

Jakes Gerwel, die man wat alles moontlik gemaak het (Foto: Hein Gerwel)

 

  • 2

Kommentaar

  • Ek is baie trots op julle, is baie spesiaal in God se oë, geniet elke oomblik en onthou niks is onmoontlik by die Here. Glo en vertrou in julleself en in die Here.

  • So trots op almal, maar veral op my oud-leerder en protégé, Daylen Tobias. Hoop my voete sal ook eendag in haar voetspore na die skrywershuis kan volg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top