...
“Mens leer vinnig as jy langs ’n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen ...” (bl ix, Om te skryf)
...
Alle voornemende skrywers is welkom om in te skryf vir keuring vir die LitNet-slypskool Om te skryf.
Voorleggings van kortverhale word ingewag en vyf skrywers sal aangewys word om deel te neem. Voorkeur sal verleen word aan goeie werk van skrywers wat nog nie solopublikasies gelewer het nie.
Die splinternuwe heruitgawe van Van Schaik se bundel Om te skryf sal as praktiese handleiding gebruik word. Elkeen van die vyf deelnemende skrywers sal dus ’n kopie van Om te skryf ontvang. Hierdie bundel bevat essays oor skryfwerk deur mense soos Tom Wolfe, Dana Snyman, EM Forster, Hanlie Retief, Carl Sagan, Toast Coetzer, WH Auden, Anastasia de Vries, Anaïs Nin, Carryn-Ann Nel, en nog baie meer.
Dis egter nie al nie. Die volgende gesoute skrywers het ingestem om tydens die skryfskool raadgewend op te tree: Heilna du Plooy (as akademiese oog) en Anzil Kulsen en Eben Venter (as praktiserende fiksieskrywers).
Stuur gerus jou inskrywings aan izak@litnet.co.za om in aanmerking te kom.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 19 Augustus 2022.
- Die vyf verhale van die gekeurde deelnemende skrywers sal geproeflees en aanlyn geplaas word.
- Die inwonende skrywers sal dan gevra word om kommentaar te lewer op die verhale. Die kommentaar sal aanlyn geplaas word.
- Die vyf skrywers sal hulle verhale herskryf in die lig van die kommentare. Die nuwe weergawe sal dan aanlyn geplaas word.
- Weer sal die kenners hulle kommentare lewer, wat aanlyn geplaas sal word.
- Die vyf skrywers sal dan hulle finale verhale voorlê, wat aanlyn geplaas sal word.
Kommentaar
Geld? Niks?
Gratis, inderdaad.
Dankie. Gaan beslis inskryf
Wat is die minimum aantal woorde vir die verhaal om oorweeg te word?
Wat is die maksimum woorde vir die kortverhaal?
Woordtelling, asb.?
Dankie. Wil ook graag die maksimum aantal woorde weet.
Klink na 'n fantastiese kompetisie. Skryf graag in.
Waar/hoe kan ek uitvind van 'n skryfskool in die Wes-Kaap?