Skryfsake en rubrieke
Inligting oor alle skryfverwante sake
Information about all writing-related matters
Persverklaring: Jong Sterre-projek bied uitsonderlike geleentheid vir jong dramaturge
2019-04-10Dramaturge wat aan die begin van hul loopbaan staan, word uitgenooi om teen 5 Julie 2019 in te skryf. Die suksesvolle kandidate word op 5 Augustus aangewys en sal die geleentheid gebied word om vir die tydperk vanaf 4 tot 25 Oktober 2019 in die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos te skryf.
Woon en skryf vir ’n maand in Somerset-Oos: die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans loods ’n skrywersresidensie
2019-02-19Opbetaalde lede van PEN Afrikaans word hiermee hartlik uitgenooi om aansoek te doen vir die Jakes Gerwel Stigting se skrywersresidensie, aangebied in samewerking met PEN Afrikaans.
Grondwoorde-skryfkompetisie: langlys aangekondig
2019-02-14Grondwoorde is ’n Afrikaanse digkompetisie vir hoërskoolleerlinge in KwaZulu-Natal. Sedert ’n onderhoud oor hierdie kompetisie op LitNet gevoer is, is ’n langlys bekendgemaak. Hier is die deelnemers wie se gedigte in aanmerking kom om verlede jaar se kompetisie te wen.
Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse Poësie 2019: Nou oop vir inskrywings
2019-01-30Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2019.
Kyle Allan appointed editor of New Coin
2018-12-07"Kyle also plans to build a stronger media presence for New Coin; to feature forgotten or under-rated poets from the past; and to publish poetry from other South African languages in English translation."
Persverklaring: Breytenbach Kultuursentrum se Skryfskool 2019
2018-11-14"Die 5de Skryfskool van die Breytenbach Kultuursentrum begin op 2 Februarie 2019."
Persverklaring: Die nuwe Afrikaanse prosaboek
2018-11-08Human & Rousseau, druknaam van NB-Uitgewers, beplan om Oktober 2019 ’n splinternuwe kortverhaalbloemlesing uit te gee, getiteld Die nuwe Afrikaanse prosaboek.
BSV-Slypskool en prysuitdeling 2018 met Dana Snyman
2018-10-24"’n Genoeglike dag in die teenwoordigheid van ’n woordmeester!"
Mediavrystelling: Skryf in vir die tweede AVBOB Poësieprojek
2018-09-13"Een van die mees verstommende aspekte van die projek was die ontdekking van ’n florerende gemeenskap van digters regoor Suid-Afrika wat deur die aanlyn poësieportaal in staat gestel is om met mekaar in verbinding te tree."
Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers: inligting en inskrywingsvorm
2018-07-25Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 6 September tot Saterdag 8 September 2018 ’n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan. Nog inligting en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.
Inskrywings vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel word ingewag
2018-07-12Skrywers kan nou inskryf vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel, wat by die 2019 Woordfees bekend gestel sal word. Du Toitskloof Wyne borg weer die prysgeld van R30 000 vir die wenverhaal. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2018 om 16:00.
Wenners van die nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) bekend
2018-06-26"Vanjaar was daar weer ’n goeie oes van kort onder 1 000 inskrywings. Dis die grootste skryfwedstryd van sy soort sedert sy ontstaan in 1979 met inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika, lande in Afrika en oorsee." Hier is vanjaar se wenners!
Op ’n eiland, ’n werkswinkel in skeppende skryfkuns
2018-06-07Hier is ’n uitsonderlike geleentheid om nie net aan die skryf te kom onder die leiding van twee van die mees ervare persone in die Afrikaanse boekbedryf nie, maar om dit op een van die mooiste Griekse eilande te doen.
Persvrystelling: Bloemfonteinse Skrywersvereniging se Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2018
2018-03-27Die tradisieryke nasionale BSV-Skryfwedstryd, wat reeds in 1979 ontstaan het, is tans weer in volle swang. Die sluitingsdatum is 14 Mei 2018. Al die nodige inligting en inskrywingsvorms is hier beskikbaar.
NALN: Twee feeste op een dag
2018-03-19Op 24 Maart word NALN 45 jaar oud. Kom kuier hierdie dag saam met ons en vier ook Elsabe Steenberg, geliefde skrywer, se 80ste verjaardag met die verskyning van ’n briewebundel, Waar rats die ribbok gaan, saamgestel deur Sarel Venter.
Persvrystelling: Radiodrama-kompetisie spog vanjaar met R100 000 se prysgeld
2018-03-14"Verlede jaar was ’n derde van die finaliste almal jong skrywers. Dit wys hoe ’n nuwe geslag skrywers hierdie opwindende en kreatiewe genre én medium aangryp." Die sluitingsdatum vir die 2018-kompetisie is Maandag 16 Julie 2018.
Persvrystelling: Winterskool weer met trots in 2018 aangebied
2018-02-16"Dosyne gevestigde skrywers het oor die jare hier ’n wegspringplek of hupstoot vir hul loopbane kom vind. Van 4 tot 8 Junie 2018 bied die ATKV-Skryfskool weer so ’n skolingsgeleentheid aan opkomende woordsmede."
Bydraes vir Die sjokoladeshow word ingewag
2017-12-04"Die sjokoladeshow is ’n unieke geleentheid vir skrywers om hul werk op die verhoog te sien. Gaan koop jou gunstelingsjokolade, sit voor jou rekenaar, en skryf!"
Persvrystelling: Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018 toegeken
2017-11-28"Die inhoud en genre is uitdagend, opwindend en vernuwend en het uitgestaan bo ’n aantal werklik uitstekende aansoeke." Die ontvanger van die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018 is pas bekend gemaak.
Persvrystelling: BSV se algemene jaarvergadering en prysuitdelingsfunksie
2017-11-21"Die BSV (Bloemfonteinse Skrywersvereniging) het pas hulle algemene jaarvergadering en prysuitdelingsfunksie gehou, waartydens die publikasie Bloemskryfsels 2017 bekendgestel en die nuwe bestuur vir 2018 verkies is."
