NALN: Twee feeste op een dag

  • 0

Op 24 Maart word NALN 45 jaar oud.

Kom kuier hierdie dag saam met ons en vier ook Elsabe Steenberg, geliefde skrywer, se 80ste verjaardag met die verskyning van ’n briewebundel, Waar rats die ribbok gaan, saamgestel deur Sarel Venter.

Bernard Odendaal, skrywer en direkteur van die ATKV-Skryfskool (Potchefstroomkampus, NWU) is die gasspreker.

Datum: Saterdag, 24 Maart 2018

Tyd: 9:00

Venue: NALN-ouditorium

RSVP: Leana Lategan: sel 082 750 9177 óf by Annelien Diedericks: annelien.naln@sacr.fs.gov.za, tel (w): 051-405 5407.

NALN is in Bloemfontein geleë op die h/v President Brand- en Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top