Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

’n Konseptuele raamwerk vir voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel

Trudie Steyn 2013-06-05 "Hierdie artikel fokus spesifiek op die Nasionale Raamwerk vir Onderwysersopleiding en -ontwikkeling, die Geïntegreerde Strategiese Beplanningsraamwerk in Suid-Afrika en amptelike dokumente van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders."

Donald Grant se toespraak by SBA se Wiskunde-kongres

Donald Grant 2013-05-21 "Wiskunde is die sleutel tot die ontwikkeling en vordering van die Wes-Kaap en vorm die basis van baie van ons verdere onderwys-en-opleidingsvelde in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en besigheid – almal sleutelsektore vir ’n groeiende ekonomie soos ons s’n."

Terug na die basiese met Wiskunde-onderrig

Danie van Wyk 2013-05-14 Sonder ’n terugvoer na die basiese beginsels van Wiskunde-onderrig gaan dit moeilik wees om prestasie in hierdie vak te verbeter – en daarom het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) sy fokus na Wiskunde verskuif, skryf Danie van Wyk.

Kingswood College: Afrikaans-vraestelle

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2013-05-10

Afrikaans-vraestelle wat begripstoetse, poësie, prosa en taal insluit. 

ATKV-jeugberade gedurende die wintervakansie

2013-05-07 Is jy in graad 11, en word jy beskou as ’n meningsvormer in jou vriendekring en skool? Dan is jy presies wie ons wil hê by die ATKV- Jeugberaad!

Skryf in vir die skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging

Corlietha Swart 2013-05-06 Die uurglas is vinnig besig om leeg te loop vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se landswye skryfwedstryd, Skrywers 2013, waarvan R15000 prysgeld geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat. Die wedstryd se sluitingsdatum is op 10 Mei, maar alle posstukke met die regte datumstempel word aanvaar.

Meester: Manewales in die klaskamer

Danie Cronjé 2013-04-25 Meester het weer sy hande vol met sy leerders in hierdie week se strokies ...

Twyfel is die waarheid se skaduwee

George Claassen 2013-04-24 "Ek herhaal my uitdaging aan Theunissen: Aanvaar asseblief James Randi se uitdaging om jou aansprake dat jy met die dooies kan gesels, aan wetenskaplike toetsing en blootstelling te onderwerp."

Sing jou voorgeskrewe gedigte in die stort

Emile Minnie, Naomi Meyer 2013-04-19 "Moeg om vervelige gedigte uit jou kop te leer? Emile Minnie, sanger, liedjieskrywer en kunstenaar, het aan 'n plan gedink wat sal maak dat leerders hul gedigte nie uit hulle koppe kán – of wíl – kry nie."

Vonnisbespreking: Steeds meningsverskil oor die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers

Johan Potgieter 2013-04-17 "Selfs vandag nog bestaan daar in die hoogste hof van appèl nie eenstemmigheid oor die formulering (en selfs toepassing) van die deliktuele-nalatigheid-toets vir onderwysers nie."

'n Vuil spieël op 'n onderstebo wêreld

George Claassen 2013-03-05 Watter rol speel die media in hierdie algemene wetenskap-ongeletterdheid van Suid-Afrikaners? Ongetwyfeld ’n onderskatte rol.

Hoërskool Eldoraigne gee met ATKV-Handevat!

2013-03-05 "Hoërskool Eldoraigne se doelstelling is om te gee, deel en ervaar. Marietjie van der Merwe, projekleier, sê dat dit vir hulle, uit ’n bevoorregte oogpunt, van groot waarde was om te sien hoe die gemeenskap sonder basiese behoeftes klaargekom het."

Irene Mennen-Berg vertel hoe om die walvis te skilder

Irene Mennen-Berg, Naomi Meyer 2013-03-04 "Al hierdie raakpunte wat deur die storielyn loop (die storie in die storie, die lagies op lagies), wou ek op ’n manier vasvang, en so het die illustrasie-reis vir my begin."

Alle skoolkore kan deel wees van ATKV-Applous 2013

2013-03-01 Skole en koorleiers het tot 15 Maart 2013 om hul skoolkore in te skryf vir hierdie jaar se ATKV-Applous.

Fokusberoep: Inbedryfstellingstegnikus

Charl Coetzee 2013-03-01 "Ek’s mal daaroor om foutopsporing te doen en om nuwe programme vir die beheerstelsel te skryf. Om aanleg-optimalisering te doen is ook lekker, maar tog stresvol, omdat die toerusting bitter duur is en mense seer kan kry of selfs kan doodgaan."

LAPA neem die voortou met Afrikaanse storie-app vir iPad

2013-02-28 LAPA het die eerste oorspronklike Afrikaanse storie-app vir Apple se iPad bekendgestel.

Bazoo sê: "Hou my dop" (by die US Woordfees)

Renie Nel, Naomi Meyer 2013-02-26 "Bazoo is die kindertydskrif wat mens al meer gereeld op die winkelrakke sien opduik. Naomi Meyer het vir Renie Nel, die redakteur van die tydskrif, gevra oor die vriendelike skilpad wat nou ook kinders by die US Woordfees gaan kom vermaak."

My Wiskundepunte gaan nooit weer daal nie, Pa!

Danie Cronjé 2013-02-22 Danie Cronjé teken 'n paar strokies oor wedervaringe in die skool.

Fokusberoep: Entrepreneur

Elzette Steenkamp, Twané Gouws 2013-02-21 "Deursettingsvermoë. Glo in jouself en wat jy wil bereik ... Wees gelukkig, wees vrolik en wees aangenaam. Een van die grootste redes waarom mense by jou sal koop, is omdat hulle van jou hou."

Internasionale skenk-'n-boek-dag 2013 bring 'n leeskamer tot stand

2013-02-20 Twee boekmakers, Leti Kleyn en Marianne van Loggerenberg, het 2013 se internasionale skenk-’n-boek-dag omskep in ’n skenk-sommer-’n-saalvol-boeke-dag.
Top