Op ’n koue winternag: Onderwysersindruk

  • 0

Titel: Op ’n koue winternag
Skrywer: Nick Butterworth(vertaal deur S Kleyn)
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781869198589

Kinderboeke verg soms ander resensies as boeke wat vir volwassenes bedoel is. LitNet nader onderwysers, leerders en ouers om hul indrukke van 'n handvol kinderboeke te skryf. Vandag is Madelize Stander, ’n graad R-opvoeder, aan die beurt. Sy deel haar indrukke van haar klas se reaksie op die boek Op 'n koue winternag.

Op 'n koue winternag is 'n regte winterstorie. Die kinders raak lus vir hulle warm bed met 'n koppie warm sjokolade. Dit maak hulle opgewonde oor watter dier volgende gaan opdaag en lag dan oor die tipe dier wat in die bed wil slaap. Die illustrasies is duidelik en kindervriendelik. Die woordeskat is op die leerders se vlak. Dit was 'n baie lekker en genotvolle storie. Ek sal dit definitief aanbeveel vir klasse.

Madelize Stander, Graad R-opvoeder


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top