Wenners van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging-skryfwedstryd 2013 bekend

  • 0

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd, vanjaar weer geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en gedeeltelik geadministreer deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), het weer vanjaar kort onder die 1000 inskrywings uit alle provinsies van Suid-Afrika, Namibië en van oorsee opgelewer (die derde meeste sedert die ontstaan van die wedstryd in 1979). Dit is weer eens ‘n bewys dat hierdie gevestigde skryfwedstryd ‘n nasionale (en selfs internasionale) profiel toon en ’n baie belangrike bydrae lewer tot die bevordering van Afrikaans, die prikkel van belangstelling in kreatiewe skryfkuns onder jonk en oud en die uiteindelike ontdekking en ontwikkeling van sluimerende skryftalent. Die BSV kan met trots terugkyk na ‘n hele lys gerekende en bekroonde skrywers wat almal hul skrywerstande op die BSV-skryfwedstryd gesny het. Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), is dit ‘n verrassing dat soveel inskrywings en wenners vanjaar uit die Wes-Kaap kom, moontlik vanweë goeie dekking vir die wedstryd deur die nasionale koerant in daardie streek.

Altesaam R15 000 se pryse is vanjaar deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole was op die spel. Hoërskool DF Malan het vanjaar drie wisseltrofeë, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings, ingepalm – ’n jarelange rekord waarop hul trots is en wat moeilik deur ander skole geëwenaar gaan word. Die ander twee wisseltrofeë is deur leerders van Hoërskool Outeniqua, George en Eunice Hoërskool, Bloemfontein, verower.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2013 gebundel word en op 24 Augustus 2013 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers,geborg deurAfriforum, by NALN in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld en trofeë kan die skryfwedstrydwenners ‘n daglange slypskool onder leiding van Leon van Nierop as deel van hul prys gratis bywoon. Groot opgewondenheid heers oor die koms van hierdie bekende en gewilde filmresensent, radiodramaturg, skrywer en dosent. Beskikbare plekke is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die slypskool teen R250 wil bywoon (BSV-lede betaal R130), of Inkvars 2013 teen R75 per eksemplaar wil aanskaf, kan Lelani Fourie (BSV-sekretaresse) by bloemsv@gmail.com, of sel. 0733883377 kontak.

Wenners van Skrywers 2013 is:

SKOLE-AFDELING (A):

JUNIOR AFDELING (gr 8 en 9)

1ste (R1200) en trofee: Bernedette Botha, gr 8, Hoërskool Outeniqua, George.
2de (R700):                   Roché Oosthuizen, gr 9, Hoërskool DF Malan, Bellville.
3de (R400):                   Janemi Swart, gr 8, Hoërskool DF Malan, Bellville.
Eervol vermeld:             Erik Pretorius, gr 8, Hoërskool DF Malan, Bellville.

SENIOR AFDELING (gr 10 – 12)

1ste (R1 400) en trofee: Gina Barkema, gr 11, Hoërskool DF Malan, Bellville.
2de (R800):                    Bianca Burger, gr 12, Hoërskool Swartland, Malmesbury.
3de (R500):                    Emma J. van Rensburg, gr 12, Hoërskool DF Malan, Bellville.
Eervol vermeld:              Nina du Preez, gr 11, Hoërskool DF Malan, Bellville.

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER:

Gina Barkema, gr 11, Hoërskool DF Malan, Bellville.

OPE AFDELING DS (Poësie Skole):

1ste (R1 400) en trofee: Anje Venter, Eunice Hoërskool, Bloemfontein, gr 12.
2de (R700):                    Anita Jonker, Hoërskool Durbanville, Durbanville, gr 12.
Eervol vermeld:             Lourien Leeuwner, Hoër Landbouskool, Jacobsdal, gr 10.

OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):

1ste (R1400) en trofee: Hannes Visser, Oudtshoorn.
2 de (R800):                  JP Kruger, George.
Eervol vermeld:            Henriette Gertenbach-Fowler, Graaff-Reinet.

OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):

1ste (R1 400) en trofee: Elize Zeeman-Olivier, ‘sGravenzande, Nederland.
2de (R800):                   Marianne Venter, Hatfield, Pretoria.
Eervol vermeld:             Marie Cloete, Stellenbosch.

OPE AFDELING D (Poësie):

1ste (R1 400) en trofee: Ode Krige, Stellenbosch.
2de (R800):                    Hannes Visser, Oudtshoorn.
Eervol vermeld:             Gisela Ullyatt, Heuwelsig, Bloemfontein.

TROFEË:

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool Outeniqua, George.

Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool DF Malan, Bellville.

Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool DF Malan, Bellville.

Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool DF Malan, Bellville.

Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Eunice Hoërskool, Bloemfontein.

Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners toegeken.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top