Seminare en essays
Web seminars, essays and conversations about topical subjects.
Oorsig: Dit is ’n Noord-Kaap Ding-kollokwium oor die Noord-Kaap
2022-10-27"Dit was die tweede suksesvolle kollokwium wat aangebied is deur die Skool vir Geesteswetenskappe, Sol Plaatje Universiteit (SPU), Kimberley, in samewerking met die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Oor twee en ’n halfdae is ’n vol program met vyf verskillende temas rakende die Noord-Kaap aangeraak, naamlik Khoi-, San- en inheemse tale en variëteite, kontemporêre sake, nalatenskap, koloniale weerstand en gemeenskapsbetrokkenheid."
Nuwe inligting bygewerk: ’n Asteroïde, ’n katastrofe? Die mens poog om ’n ruimtevoorwerp se wentelbaan om die son te verander
2022-10-21"In ’n eksperiment in die diepruimte wat klink of dit ’n toneel uit Star wars is, poog die mens om teen die einde van September 2022 te bewys dat dit moontlik mag wees om die aarde in die verre toekoms te vrywaar van ’n katastrofiese botsing met ’n reuse-asteroïde." Christo Viljoen se naskrif werk die nuwe inligting by.
FilosofieKafee-gesprek: "Waar is ons (nou)?" deur Breyten Breytenbach
2022-10-18"Die staat is nie 'ons' s’n nie. Ons kan onsself nie daarin herken of dink dat ons dit teenoor wie ook al sal regverdig of verdedig nie. Miskien is dit ’n natuurlike evolusie. Miskien is die konsep 'staat' verouderd, dien dit weinig nut. Baie van ons – dié wat dit kan bekostig of dié wat nooit gekwalifiseer het vir toelating tot die staat nie – lewe in ieder geval daaromheen."
Neville Alexander-gedenklesing 2022: Afrikaanse establishment was gekant teen veeltaligheid
2022-10-17"Alexander se sentrale vertrekpunt was ten eerste politiek-teoreties, en nie uitsluitlik taalgerig nie. Sy sentrale vraag in dié opsig was: Hoe vorm ons ’n verenigde nasie? Sy uitgangspunt was dat Suid-Afrika op verskeie grondslae verdeel is, byvoorbeeld ras, etnisiteit, sosiale klas (die verdeling tussen ryk en arm), godsdiens, seksualiteit en maatskaplike posisie of status. Van al dié verdelings gee Alexander spesiale aandag aan die idee van ras en nierassigheid. Vir hom as historiese materialis was ras en etnisiteit ideologiese skeppings."
Miniseminaar: Boeke vir alle kinders in Suid-Afrika
2022-10-04"’n Vlugtige oorsig van Afrikaanse jeugboeke sal beslis toon dat daar ’n tendens was sedert die vroeë 1990’s om meer sogenaamde randfigure in jeugboeke uit te beeld." – Anke Theron in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
When is an election free and fair?
2022-09-29"I was interested to read that several ANC Youth League officials have flown to Russia to monitor the controversial referendum being held to legitimise the 'annexation' of the Ukrainian territory that Putin’s army is occupying. The referendum has been discredited in advance by most of the world as a sham, but this hasn’t deterred the ANC’s intrepid task team from acting as 'international observers'."
"Transition starts at home" – Ena Jansen se toespraak by CAANS 2022
2022-09-22Kyk hier na Ena Jansen se hooftoespraak (keynote address), getitel "Transition starts at home", via Zoom gelewer en opgeneem tydens die 91ste internasionale kongres vir lettere en wysbegeerte en sosiale wetenskappe (International Congress for the Humanities and Social Sciences) in Kanada.
Miniseminaar: Hoe maak ons kinder- en jeuglesers van ouers en onderwysers se vooroordele vry?
2022-09-21"Die leerders behoort die lees van verhale te geniet, en wanneer hulle met omstrede kwessies gekonfronteer word, moet hulle uiteindelik afsluiting van hulle eie probleme vind sodat die lig van hoop weer vir hulle aangesteek word." – Elize Vos in LitNet se miniseminaar "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
A sterile vow: Die gelofte and the transformation of myth
2022-09-20"Thus while Die gelofte is not the innocuous romance it claims to be, as a reactionary manifesto it also fails. The script is too reluctant to stare into the void of its ideological roots. It retains only the aesthetics of old-time nationalism and a vague but passionately asserted sense of victimhood."
Gesondheidswaarskuwings en alkoholiese produkte
2022-09-19"Een manier waarop die bewustheid van verbruikers bevorder word, is om gesondheidswaarskuwings op die etikette van alkoholiese produkte aan te bring. Grummon en Hall noem verder dat die verbruiker daarop geregtig is om ingelig te word rakende die moontlike skadelike effekte van die produkte wat hul koop, sodat ingeligte besluite in verband met die verbruik daarvan geneem kan word."
Kinderboeke, karakter en selfbeeld
2022-09-13"Baie ouers is meer ingestel op hul kinders se positiewe selfagting en selfbeeld as op die ontwikkeling van hul karakter. Hulle fokus is meer daarop om hulle kinders gelukkig te maak as om hulle te help om goed te doen en wyse keuses te maak."
Miniseminaar: Moenie kanselleer nie, publiseer net meer
2022-09-13"[E]k sou, as ouer en akademikus, minder energie daaraan bestee om sensuur op ouer boeke toe te pas en eerder ’n pleidooi lewer vir die publikasie van soveel as moontlik nuwe, oorspronklike boeke in Afrikaans wat die Suid-Afrikaanse werklikheid in al sy kompleksiteit uitbeeld." – Jacomien van Niekerk in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
LitNet Akademies Weerdink: Om ’n transnasionale grootouer te word (waar wetenskap en kuns ontmoet)
2022-09-09"Die emigrasie van individue en gesinne is vandag baie Suid-Afrikaners se werklikheid. Heelwat jong mense soek na groener weivelde elders in die wêreld. Hierdie groot verandering eis ’n tol op die emigrante én diegene wat in Suid-Afrika agterbly."
Miniseminaar: Antjie Somers, ons oudste gender-bender
2022-09-06Chan Croeser verduidelik waarom dit tyd is dat Antjie Somers, ons oudste gender-bender in kinderstories, met die respek behandel moet word wat hulle toekom. Lees Chan se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era", hier.
Nuwe kopieregwetgewing: Wat skrywers moet weet
2022-09-01"Indien die wysigingswetsontwerp op 1 September deur die Nasionale Vergadering aanvaar word, gaan dit ... na die individuele provinsies vir hul inspraak. Dit is moontlik dat provinsies hul eie openbare konsultasies oor die wysigingswetsontwerp sal hou, waar dit in die belang sal wees van alle skeppende kunstenaars – skrywers, kunstenaars, komponiste, rolprentvervaardigers – om hul sê te sê. Daar is baie op die spel."
Die kompleksiteit van polio – en die belang van inenting
2022-08-30"Daarom kan die gevalle wat nou opgelet word, selfs die virus in die rioolwater, gesien word as mensgemaak, máár net omdat daar nie behoorlik voldoen word aan entstofprogramme nie. Vir virusse soos polio (onder meer masels ook) wat hoogs aansteeklik is, moet 90% of meer van die bevolking gevaksineer wees om voldoende dekking te kry."
Miniseminaar: Oor jeugverhale, Van Coller, en ek en Barrie Hough
2022-08-30"Dit beteken nie dat daar sprake van ’n sinistere, politiek korrekte of woke kabaal is nie, maar eerder dat ons te make het met ’n ingewikkelde proses waartoe baie mense bydra en waarin hulle ook ’n belang het." Lees Reinhardt Fourie se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
Historiese relevansie en betekenisvolheid
2022-08-25"Gebeurtenisse wat tans as irrelevant beskou word, kan in die toekoms dalk as histories relevant met belangrike betekenisvolheid geag word. Solitaire se plaasskooltjie (sowel as ander skooltjies in die Overberg, byvoorbeeld Wolfkraal, Boontjieskraal, Waboomskloof en Jongensklip), beskik oor sluimerende of inherente historiese betekenisvolheid."
Omstredenheid en kleuter-, kinder- en jeugliteratuur
2022-08-24"In die konteks van die omstredenheid van die litererêre sisteem van die afgelope drie maande sou dit moontlik ook ’n opsie kon wees om dit te oorweeg dat die verskeidenheid sienings gekoördineer kan word om die literêre sisteem te versterk en te vernuwe." Lees Betsie van der Westhuizen se bydrae tot LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".
Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era
2022-08-24Om perspektief te kry oor die storms wat in 2022 rondom Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur gewoed het, bied LitNet ’n miniseminaar oor die stand van sake in dié genre aan, met bydraes deur akademici en kundiges. Lees die eerste bydrae hier.
