Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Leef lig – vyf gewoontes van die Vroeë Kerk en wat dit vir ons vandag beteken deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk
2021-06-15"Tien uit tien vir Leef lig deur Jaco Strydom. Ek lees graag wat hy skryf, al deel ek nie sy godsdiens en geloof nie. Want oor so baie van wat hy skryf kan mens net sê wow! Hier is ’n stem wat sê wat gesê moet word!"
’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver: ’n resensie
2021-06-10"Skuif vir eers alle moet-doen take opsy en lees gerus hierdie lang brief van ’n besondere ma aan haar dogter. Dit is onteenseglik die moeite werd. Veral as jy ook in die sestigs en sewentigs jonk was."
Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert, ’n resensie
2021-06-10"In hierdie geval word die geskiedenis – nes die ruimte – as’t ware ’n karakter in die verhaal eerder as net blote vervelige agtergrond vir die storie."
Wanneer gode slaap deur Erwin Mortier: ’n FMR-resensie
2021-06-09"As jy vanjaar net één Afrikaanse roman lees, kies dan hierdie meesleurende herinneringe aan die Duitse besetting van België tydens die Eerste Wêreldoorlog."
Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War: ’n lesersindruk
2021-06-02"Sights, sounds, memories is ’n bron waarin die persoonlike belewenisse van Suid-Afrikaanse soldate aan die front tydens die Tweede Wêreldoorlog bespreek word. Dit is in die eerste plek ’n akademiese teks van hoogstaande gehalte, maar is beslis ook vir die algemene publiek toeganklik. Die boek word sterk aanbeveel."
Oor en weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen, ’n lesersindruk
2021-06-01"Dié twee karakters is iets vars in Afrikaanse literatuur. Ons almal ken iemand wat getroud was en nou borrelend baljaar tussen die vrouelywe."
Fractal: A tale of three interventions deur Helmut Meijer, ’n lesersindruk
2021-06-01"Vryheid is suksesvol net indien die verantwoordelikheid daarvan gehandhaaf word. Hoe en deur middel waarvan hierdie lewensriglyne verkry word, is onbeperk en vry. Antieke Hebreeus het vir Helmut hierdie waarheid oopgebreek."
Rooiborslaksman deur Marinda van Zyl: ’n FMR-resensie
2021-05-31"Die skrywer se navorsing is omvattend en goed geïntegreer by die res van die verhaal. Van Zyl se skryftalent is onmiskenbaar."
’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie
2021-05-27"Die rede waarom hierdie spesifieke vertelling oor ’n dronk pa en mishandelde ma en opgemorste seun uitstaan, is dat Fourie musiek maak met die taal en met die verhaal (en sekerlik is sy vertaler, Marius Swart se bydrae hier baie belangrik!). Daarin lê die boeiende van hierdie boek."
The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph by Emmanuel Taban – reader impression
2021-05-27"The boy who never gave up is a book that I could not put down. Apart from being the story of a teenager’s epic journey through Africa, it is also an inspiring book, a book of hope. I would not at all be surprised to see the story of this famous doctor one day being turned into a film."
Banting: 7 day meal plans: reader impression
2021-05-26"The meal plans include dairy-fee, basic, budget and seven-day options. They also include inspirational testimonials from people of all walks of life and income brackets who successfully follow the Banting lifestyle, and the book serves as an easy-to-follow guide."
The madhouse deur TJ Benson: ’n resensie
2021-05-24"The madhouse is ’n ervaring. ’n Greep uit die geskiedenis. ’n Sprokie met skop."
Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar: ’n resensie
2021-05-24"Vyf motiewe weerklink in Johann Grobbelaar se Die vyfde slag: seksualiteit en seksisme, verraad en verkragting, en ten laaste liefde. Dit sluit natuurlik aan by die unieke vyfnootmotief van Beethoven se vioolkonsert in D opus 61, vandaar die titel van die boek."
Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk
2021-05-20"Die ongemaklike onderwerp van emigrasie is ’n goeie onderwerp om boeke oor te skryf. ’n Onderwerp wat sekerlik nooit uitgeput sal kan raak nie."
Lockdown recipes & stories: ’n lesersindruk
2021-05-19"Dié kookboek is tjokkenblok vol resepte en motiverende stories deur bekendes, sjefs en tuiskokke. Dit is ’n viering van ons Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en hoopvolle gesindheid gedurende en ten spyte van die nasionale grendeltyd."
Shaping Addo by Mitch Reardon: reader impression
2021-05-14"I thoroughly enjoyed reading Shaping Addo. Reardon writes both knowledgeably and entertainingly about the history of the park as well as its current endeavours."
Raaiselsee deur Troula Goosen: ’n jonglesersindruk
2021-05-12"Raaiselsee het my van die begin af ingetrek en ek kon nie ophou lees nie."
An illuminated darkness by Jacques Coetzee: a review
2021-05-12"But beyond the good that this means for visually impaired readers and the South African publishing industry, the collection’s poems are worth their own engagement. To me, the poems’ most interesting elements come from their portrayal of various humans’ attempts to relate to one another earnestly."
Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2021-05-06"Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg."
Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2021-05-05"Die waarde van ’n versamelbundel van NP Van Wyk Louw se dramatiese werk 50 jaar na sy afsterwe is juis geleë in die terugblik wat ons kan werp op hierdie oeuvre van hom met behulp van ’n volledige stel van sy werke in een publikasie."
