Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Vier susters deur Gerda Taljaard, ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2021-07-21

"Vier susters bevat elemente van die briefroman, historiese roman en plaasroman, vernuftig gekombineer in ’n boeiende verhaal waarin verhoudings sentraal staan."

Eerste daar deur WS van der Waals: ’n lesersindruk

André Wessels Lesersindrukke 2021-07-21

"En wat ’n ongelooflik interessante loopbaan in uniform het daar nie gevolg nie! Gelukkig het Van der Waals sy herinneringe opgeteken, en met die oog op die herdenking van sy geboortedag 80 jaar gelede is sy outobiografie in 2021 gepubliseer."

More about opera deur Hans van Heerden: ’n lesersindruk

Koos Holtzhausen Lesersindrukke 2021-07-21

"Die publikasie van die boek is tydig en noodsaaklik vir elkeen wat van tyd tot tyd operas bywoon of aanlyn kyk. Die boek is aantreklik versorg en sal ook aanklank vind by mense wat nie normaalweg operas bywoon nie."

Een of ander held deur Zirk van den Berg: ’n resensie

Jeanette Ferreira Resensies 2021-07-19

"Bied hy daarmee ’n oplossing? Die antwoord op dié vraag moet elke leser vir hulself uitwerk en die sleutel daartoe is in daardie meesterlike slotparagraaf te vinde wat soveel uiteenlopende dinge kan beteken as wat daar lesers is."

Die Stella-moorde deur Susan Cilliers, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2021-07-19

"Dit lees soos ’n krimmie, maar die foto’s ruk jou terug na die realiteit."

Bure van nature: Waar mens en natuur skouers skuur deur Hennie van Deventer – ’n resensie

Dawid de Wet Resensies 2021-07-15

"Dit is perfek vir diegene wat in die wintermaande saans knus in die bed lê en na die Laeveld verlang. Ek ruik en proe en sien 'die tipiese Laeveldse natuurskouspel van blitse teen die donker naghemel' wat oorslaan in ’n sagte reën. En dan verlang ek ook."

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n resensie

Louis Awerbuck Resensies 2021-07-15

"Floreer sal geen leser se tyd mors nie. Ilse Salzwedel slaan die spyker op die kop met hoe belangrik die konsep van veerkragtigheid is en behoort te wees."

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: ’n resensie

Jitsvinger Resensies 2021-07-13

"Maar laat soe ’n bek stroep kry virrie manier waarop sy die olifant in die kamer opsny in ’n three-course meal plus barakat met die akkuraatheid van ’n chirurg in vlot non-fictional, uncensored Afrikaaps."

Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-07-13

"Arendsvlerke vir Siebert word beskryf as ’n 'verhaal van genesing en hoop'. Ek kan dit beaam en dit is heel prikkelende leesstof."

Waar kom ons vandaan? Van die begin van die heelal tot vandag deur Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht en Marleen Visser: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-07-07

"Dit gaan hier oor ons spesie, homo sapien sapien, en sommer oor al die ander spesies ook. Die ganse fauna en flora."

Pienk Ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: Poësie oppie man af, broos en grensverskuiwend

Herschelle Benjamin Resensies 2021-06-30

"Pienk ceramic-hondjies is ’n meesterlike debuutbundel van ’n opwindende jong digter wat onbeskaamd sy eie plek in Afrikaanse letterkunde inneem."

Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2021-06-30

"Ullyatt, ’n geliefde figuur in die literêre landskap, het verlede jaar haar stryd teen kanker verloor. Haar debuutbundel is gekortlys vir die Ingrid Jonker-prys."

Robert: A queer and crooked memoir for the not so straight or narrow deur Robert Hamblin: ’n resensie

Laurie Gaum Resensies 2021-06-30

"Hy gee ons ’n tintelende blik op waar queerheid sigself tans bevind, beleë insig in hoe dit die afgelope dekades veral in ’n wit Suid-Afrikaanse konteks gevorm is, en weerkaats die reënboog van hoe die nabye toekoms kan lyk. Maar tog vertel Robert eenvoudig hoe dit is en was in die lyf van een mens, en oorrompel jou met ’n storie wat anderkant Pride-maand bly verlos."

Dominique deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie

Maya Fowler Resensies 2021-06-28

"Hierdie boek is een wat ek glo enige aanhanger van rillers of erotiek sal geniet. Die skrywer is ’n ervare verteller, die teks is knap geredigeer, en met dié publikasie bied Wenkbrou die Afrikaanse leser iets heeltemal nuuts."

Onverskrokke vroue. Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag deur Bettina Wyngaard: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2021-06-22

"Op 29 word [Bettina] die jongste JCE (Justice Centre Executive) ooit van die Regshulpraad in Grahamstad. In Januarie 2007 word sy die nuwe direkteur van die Women’s Legal Centre in Kaapstad, waar haar doel is om vroue van hulle regte bewus te maak. Haar kennis van en passie vir die vrou in die samelewing kom ook in haar boeke tot uiting."

When they came for me: The hidden diary of an apartheid prisoner by John R Schlapobersky: a book review

Peter Vale Books and writers 2021-06-21

"Accounts of imprisonment and torture under apartheid all too readily serve narrow political ends – but this book is the exception which proves the old rule. As such, this story will need to do much heavy lifting on that never-ending South African agenda of understanding and its twin, forgiveness."

Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-06-21

"Alles in ag genome kan ek nou verstaan hoekom die boek so gewild is."

Resensie: Dinge van ’n hond deur SP Benjamin

Dewald Koen Resensies 2021-06-16

"Met Dinge van ’n hond ondersoek Benjamin die baas-klaas-verhouding wat kenmerkend is van talle Suid-Afrikaanse plaasgemeenskappe. Die roman bied ’n perspektief op die verlede en dwing die leser om krities te besin oor onregte wat gepleeg is en steeds gepleeg word."

Drie dekades van verandering – die NG Kerk se pad van verruiming deur Neels Jackson: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-06-15

"Die kerk het wel baie bagasie afgeskud, maar die verlede gooi steeds ’n groot omstrede skadu op die kerk, en laat ’n mens maar met baie vrae oor God; vrae wat nie in dié boek aangespreek word nie."

Leef lig – vyf gewoontes van die Vroeë Kerk en wat dit vir ons vandag beteken deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-06-15

"Tien uit tien vir Leef lig deur Jaco Strydom. Ek lees graag wat hy skryf, al deel ek nie sy godsdiens en geloof nie. Want oor so baie van wat hy skryf kan mens net sê wow! Hier is ’n stem wat sê wat gesê moet word!"

Top