Bientang, soveel meer as ’n weggooi-opmerking teen die kakapusa

  • 0

Titel: Bientang
Skrywer: Jolyn Phillips
ISBN: 9780798180948
E-pub ISBN: 9780798181532
Uitgewer: Human & Rousseau

Bientang, deur Jolyn Phillips, is ’n epiese gedig oor ’n byna vergete mens.

Human & Rousseau beskryf die bundel soos volg:

Van Bientang het net die naam van ’n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang’s Cave, asook ’n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in ’n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor ’n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.

Denver van Breda, ook bekend as Toroga Denver, het Bientang gelees en geresenseer vanuit ’n Khoi-perspektief. Hy skryf in teen die groot vergeet, of kakapusa.

Die klankgreep help ook onthou teen die kakapusa. ’n Deel van die resensie word voorgelees deur die resensent, luister na die klanklêer om die klapklanke te hoor en te ervaar.

...
Maar dan is xoa xun (skryfstukke) soos Jolyn s’n tog deel van die ha da ge a aka. Ons is hier en mag daar nog vele sulke “Bientangs” kom van veral ons Khoi-mense, veral in dié dekade.
...

Iets wat net baie ǂhanu (korrek) was, is dat die |garubes (storie) van abogan (voorouer) Bientang ge!nae, of geboorte gegee was, deur Joslyn Minnaar, ’n taras, of Khoi-vrou, van die huri (see).

Ek was baie excited toe ek die eerste keer khomai (lees) van Bientang en ook ǁnau (hoor) van die karetsananas ǂkhanis (praise poetry) wat Jolyn gexoa (geskryf) het.

As Khoi-mense tog in Suid-Afrika, is daar tog nie ’n ǁaes (nasie) wie so wreed die victims is van kakapusa (amnesia) nie.

Ons wie onsself moes kleurlinge noem, vir oorlewing in die kolonie, nadat alles van ons weggevat was, ons wie nie meer ons abogan hoor in die woorde wat ons praat, ons wie nie meer onsself sien op die land van ons abogan nie, ons wie na 369 jaar leë doppe is van ons vorige self en die gode van ’n ander aanbid in ’n land wat tog grotendeels verkies dat ons onkundig bly oor wie ons is oor ons tsoatsoas, of komvandaan. Dis tog kaise tsub (baie hartseer) wanneer wie ons is as Khoi-mense, ’n ǂgurokam khoin (of eerste mense dan), eintlik so baie vir Suid Afrika kan ǁkhaǁkha (leer).

En die |garubes van abogan Bientang is maar weer deel van die |amo dommi kakapusa of aanhoudende systemic uitvee van ons Khoikhoi mense.

It was tog interessant maar tog tsub (tragies) om in Paarl die ander dag te sien, histories die land van een van die rykste Khoikhoi-groepe, die Cocoqua, die ais, of gesigte, van ons Khoi-mense, van die most ancient gesigte, die gesigte wie Jan van Riebeeck in 1652 vir die eerste keer gesien het, wie vandag moet !guma (skarrel), daai gesig op die strate van Paarl, ons wie se abogan tog Suid-Afrika die kaise !khusib, of rykste land, gemaak het, !gu of lopend soekend na kos in die vullisblikke, maar ook soekend na self en die leegte wat die Nederlandse kreooltaal, aka Afrikaans, tog op ons Khoi-tonge gelos het.

Ek sal dan nooit |uru (vergeet) toe ek nog deel was van die Jakes Gerwel-skrywershuis en daar was twee Vlaamse skrywers en die een vir my sê: “Jy weet Denver, as jy Afrikaans praat, hoor ek my oupagrootjie.” En ek staan toe daar, heel nai (verstom) en dink maar hoe is dit dat hierdie vrou met haar blonde hare en blou oë, sy wie niks soos my mama of my ouma lyk nie, ek ’n Khoi-mens van Afrika, hoe kan die vrou dan sê sy ǁnau haar mense op my Afrika-nam (tong). Sekerlik ’n tsub, ’n trauma, wat ek vir altyd sal ǂaiho (onthou).

Maar wat is die storie tog van Bientang maar ook maar ’n u-oa, of terugvat?

Ons wie tog nog nooit die land verlaat het nie, ons wie se abogan se woorde (of in ons taal mis) nog altyd die land kleur en klank gee, ons wie se abogan se dommi (stemme) nog steeds gehoor kan word as jy dit wil hoor.

Ons se voorouers wie tog van Suid-Afrika se most commonly used words, soos kak, naai en dagga, ge!nae (gebore) het. Ons abogan, wie 40% van die land ’n |ons (naam), Karoo gegee het. Karoo, wat “’n droë plek” beteken in Khoikhoi. ’n Naam wat regoor Suid-Afrika en orals in die wêreld welbekend is, en tog het almal vergiet.

...
Vandag is daar die Shell drilling sagas ensovoorts, en tog was dit ons Khoi-mense wie vir duisende jare na die see gekyk het, en vandag word ons eintlik misgekyk. 
...

En tog was haar naam tog nooit Bientang? Bientang uit die Asian taal, deur slawe moontlik gegee aan haar omdat hulle wie saam haar was, nie haar eie naam kon sê of wou sê nie. En agterna staan sy dan toe nou maar bekend as Bientang, soos ons Khoi-mense vandag in name uit ander tale, genoem uit woorde wie nie ons eie sin is nie. Verlore in die name van ’n vreemdeling.

En hierdie kurus, of kuns, is tog ’n khaima (baklei) teen die vergeet, en tog kan jy nie miǂui (erken) die kaise (grootheid) dat die storie eintlik deur iemand van die huri khoin-mense (see-Khoi), of soos hulle ons sou noem, Strandlopers.

Mai-ai!aasen (verbeel) dan om mense met van die rykste |umis, oftewel erfenis, somma so te |oro|oro (verminder) deur ons Strandlopers te noem, mense wie volgens hulle net doelloos geloop het op die strand.

Maar dan het dieselfde mense Huri ǂOaxa somma net Tafelberg genoem, want dit het gelyk soos ’n tafel vir hulle, en ook ǁHui!Gaes dan Kaapstad genoem het.

Ons Khoi-mense is dan nou vir 370 jaar gewoond dat ons stories en wie ons is deur ander geskryf en gedefinieer word, en tog is elke stuk rotskuns, soos hulle dit sou noem, dan tog ’n |garubes, of storie, geskryf deur ons, elke Khoi-woord tog ook ’n storie.

En dit was amper asof ons Khoi se abogan duisende jare gelede geweet het dat eendag sou ons vergeet wie ons is, dat ons nie meer sal onthou ons tsoatsoas (begin) nie, en hulle sou ons die argief of die rotse los, maar ons sou moet die colonial, “Coloured” bril afhaal voor ons ons |umis (erfenis) op daai rotse sou kan sien.

En tog was ek nog al die tyd baie ǂaiǂgae (gefassineerd) deur ons Khoi-mense van die huri, die Chainoquas, die Cocoquas, en die Gorinaiquas onder andere.

Hulle wie tog die eerste was wie gekhaima, resist, het by Mosselbaai in 1480 toe die Portugese dink hulle kan net kom vat, maar ook ons Gorinhaiqua Khoi wie Jan van Riebeeck hier kom kry het in 1652.

Bientang ’n u-oa, ’n terugvat, van dit wat beroof was (ons sê ge!nari) – !hao!nasib (kultuur), gowas (taal) – dit van ’n ander wat jou !kho (vashou) en bang hou van dit wat jou eintlik kan !nora (bevry).

Bientang ǂhoa (openbaar) ook kaise ǂuǂusa (belangrike temas) en een van dit is gowas (taal). Dit was tog great (in ons taal buruga) om die intentional sîsen (gebruik) van die woord KHOIKHOI te sien.

Woorde soos atta, !nau, qua, goggo, kamma kan kamma en karos was kaise buruga (amazing) vir al hierdie jare wat die begin is van die VN se Dekade van Inheemse tale en Khoikhoi en haar suster, N|UU, sekerlik die mees inheemse tale, maar ook die mees ge- ǁgai|aa, of afgedrukte, tale. Ons wie nog na dekades wag dat ons tale ten minste in skole aangebied sou word.

Die sinne “Ek sing solank in ’n ander taal”, “Ek ken die taal van die donker” was intens, want die donker is tog daai tao, of skaamte, waarmee ons Khoi-mense vandag sit. Ons is te tao om ons eie clicks te leer, te tao om die woorde te leer van die “goudgeel, kroeskop, knopwange”-taras (vrou) wie ui (lewe) aan ons almal gegee het.

Bientang se ǀgarubes, of sentrum, is ook dan ǃgaise (greatly) ons taras, wat beteken “supreme leader” in Khoikhoi, en ek sien dit ook in Bientang.

Ons weet ook dat ons taras was ons hus, ons alles, en soos in die meeste First Nation communities was sy ons mama, sy wie ons alles sou gee, en tog was alles weggevat van haar.

Jy voel tog dan die hartseer in Bientang se karetsanas (prysgedigte).

Vandag word immers wêreldwyd ge!hoa, gepraat, van die tsub of trauma van First Nation taras soos ons Khoi-vroue, soos Bientang.

Daar word gepraat van “missing and murdered indigenous women” en “two-spirited, trans-mense” – en tog !no, of stilte, in Suid-Afrika. En is Bientang nie ook die ǀgarubes van ’n taras wat verdwyn het nie?

Ons wie vandag tog so !no is oor haar seer, en tog is dit ons Khoi-kurus, of kuns, wat

die ǀhuǀhu, of disruption, kan wees.

Die hurib (see) is ’n sentrale figuur in haar narratief. Vandag is daar die Shell drilling sagas ensovoorts, en tog was dit ons Khoi-mense wie vir duisende jare na die see gekyk het, en vandag word ons eintlik misgekyk. 

Kakapusa (amnesia) is iets wat ek altyd in my kuru, my werk, sit, en die sin “Ek kom alleen van ’n string mense wie hulleself nie ken nie” – !hoa van die kakapusa.

Daar word nog steeds te min gedoen vir ons gowas (tale) en om ons ǀgarubes, of stories, te u-khai (op te lig), maar in 2022 word al hoe meer van ons Khoi-mense tog bewus van die feit dat ons nie kan deel wees van ons eie |ari (uitvee) nie, en dis moeilik, want daar’s tog die sisteem wat ǂanipeka (intentional) is om ons weg te hou.

Maar dan is xoa xun (skryfstukke) soos Jolyn s’n tog deel van die ha da ge a aka. Ons is hier en mag daar nog vele sulke “Bientangs” kom van veral ons Khoi-mense, veral in dié dekade.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top