Louise Viljoen2013-12-10“Die Nuwe stemme-projek (bly) ’n belangrike een in die identifisering en ontwikkeling van nuwe digterlike stemme in Afrikaans. Daar is min literêre sisteme in die wêreld waarin daar met soveel toewyding omgegaan word met poëtiese talent en daar soveel moeite gedoen word om dit te ontwikkel.”
Jaco Barnard-Naudé2013-12-06“(A)s jy jou in ‘n skeidingsituasie bevind ..., moet jy jou, soos vir enige stryd, hoe gemoedelik ook al, bewapen. En Preller se boek is ‘n sterk wapen. Kry dit.”
Riette Rust2013-12-04“Wat opval van Moord in die beloofde land, is die diggeweefde storielyn. Nes jy dink jy het al die drade bymekaar, is daar nog (skokkende) verrassings.”
Henning Snyman2013-12-04Die ooreenkomste van Kaar met die twee vroeëre bundels gaan egter veel verder as net die rol van die land en die landskap. Ten minste net so sterk is die rol van die enkeling teenoor die groep.
Franci Vosloo2013-12-04"The poet thus becomes the text, inhabits the text and becomes part of the articulations and rhythms of the text." Franci Vosloo discusses why Skinned is a good representation of Krog's oeuvre and the essence of Krog's poetics.
Leti Kleyn2013-11-20Nooit alleen trek die leser in en vertel van ’n kind se bykans onmoontlike stryd om uit die wêreld van seksuele misbruik te ontsnap.
Jeanette Ferreira2013-11-07"In die breë register van Maartens se oeuvre – romans, jeugverhale, liefdesverhale, sketse, verhoogstukke, lewensverhale – is Monument tot dusver die roman wat die diepste delf."
Henning Snyman2013-11-05“Die laaste karretjiegraf is 'n openbarende teks oor die donker emosies van die mens, oor die karretjiemense en hulle gebruike, en oor die Karoo as "puur aarde". Dit word 'n geheelbeeld van die ruwe en tegelyk eerlike aspekte van menswees.”
Elzette Steenkamp2013-11-04"Inspired by Jayes’s experience as a newspaper journalist covering events in the Middle East, For the Mercy of Water is concerned with the ways in which control over access to water can be used as a political tool."
Albert Maritz2013-10-28“Terwyl daar elemente is wat ons grotes van weleer die stil, donkertes in wil verdoem, laat Opperman dit nie met hom, of hulle, gebeur nie. Hy laat dit nie toe nie. Soos talle van sy werke is Aantrekkingskrag vernuwend, aktueel, en duidelik drama!”
Riette Rust2013-10-17Riette Rust vergelyk en resenseer twee boeke - in albei hartverskeurende verhale staan die ma-figuur sentraal: Pastoor en Die hart van ’n ma.
JB Roux2013-10-16“Marzanne Leroux-van der Boon ... is al lank met ons. As ’n ywerige Afrikaanse leser nie reeds as jeugdige met haar boeke kennis gemaak het nie ... sou hy of sy wel later met een van haar gevoelvolle romans vir volwasse lesers kennis gemaak het.”
Maretha Maartens2013-10-16"Die herlees van Nie van hoorsê nie, Here het aan my weer dieselfde spirituele ervaring gebied as destyds by die eerste kennismaking daarmee, wat dit 'n plek tussen die 'klassieke boeke in my lewe' laat verdien."
Madri Victor2013-10-15Skrapnel het my dalk nie so vinnig soos Skoenlapper oorrompel en bekoor nie, maar dit is ‘n lekker krimi wat my wél enduit geboei het: die intrige is vermaaklik, speel af teen ‘n lekker tempo en slaag daarin om spanning op verskeie vlakke op te bou.
Gerdus Senekal2013-10-09"Die eerlike en opregte manier waarop kwesbare herinneringe weergegee word, maak dit vir mens byna onmoontlik om nie self ’n bepaalde emosionele betrokkenheid by die verhaalgebeure te hê nie."
Dirk Laurie2013-10-09"Hoe is dit dat skaars enige groot religie na die wetenskap gekyk het en bevind het: 'Dis beter as wat ons gedink het! Die heelal is veel groter as wat ons profete gesê het, grootser, subtieler, meer elegant. God moet selfs groter wees as wat ons kon droom'? In plaas daarvan sê hulle: 'Nee, nee, nee! My god is 'n klein godjie, en ek wil hê hy moet so bly.'"
Cas Wepener2013-10-08"Ja, trane is die seep vir die siel en enige leser kan soos die skrywer van hierdie resensie ... met die lees van hierdie boek in die woorde van die agterplatteks 'óf jou gat, óf ’n wonderwerk' sien."