PRH/LAPA-Uitgewersportaal
|
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Lesersindruk: Iemand wat verdrink en ander verhale, saamgestel deur Fanie Viljoen
2020-07-21"Viljoen sorg vir ’n goeie balans en hierdie bundel het die potensiaal om goed benut te kan word in die klaskamer. Beslis een vir die boekrak."
Resensie: Mirre deur Chanette Paul
2020-07-14"Die reeks handel oor vroue wat harde lewenslesse leer, maar bo hulle omstandighede uitstyg en hulle nie laat onderkry nie, al is die pad ook hóé swaar en uitdagend. Dit vier dus die universele vrou se reis vanaf weerloos na weerbaar."
Meertalige skrywersonderhoud: Nederlandse skrywer Esther Verhoef gesels oor Liewe Mamma
2020-07-10"Ik wil als schrijver bij voorkeur, net zoals de lezer, verrast worden."
Pasverskyn: My naam is legio deur Madelein Rust
2020-07-02Renata Malan help weer die polisie om ’n moordenaar vas te trek. Dié keer besef Renata dat die geweldenaar martelmetodes gebruik wat in die ou dae gebruik is om duiwels uit mense te dryf.
Lesersindruk: Wetenskaap deur Leon de Villiers
2020-07-01"Hierdie groen slapbandboekie lyk dalk oppervlakkig – die feite is dan verkeerd en dit is vol nonsensstories. Dit lyk dalk so met die eerste oogopslag, maar die woordspel en verbeeldingsvlugte en gesprekke wat dit ontketen, is van groot belang vir kinders se ontwikkeling."
Nuut by LAPA in Julie 2020 | LAPA’s new books in July 2020
2020-06-29LAPA is trots daarop dat ons gereeld fiksie en feite meng. Hierdie maand het ons vyte ook.
Pasverskyn: Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis
2020-06-19Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie.
Lesersindruk: Betsie, Meneer Tier en die bloumaan deur Sally Gardner
2020-06-10"In hierdie tyd van inperking is ’n reis na die binnewêreld, die onbewuste en droomland dalk nie te versmaai nie."
Pasverskyn: Bloedfamilie deur Elsa Hamersma
2020-06-04Daar word twee moorde in een week in die Brink-familie gepleeg. Die moordenaar laat ’n boodskap by die eerste moord wat die vinger na die familie wys. Wie is dit en waarom moor hy of sy?
Lesersindruk: Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, saamgestel deur Wendy Maartens
2020-05-27"Hierdie lekker storieboek is goed nagevors en bevat ’n ryk skat van verhale vir alle ouderdomme."
Lesersindruk: Uit die hart van ’n vrou deur Rozaan de Wet
2020-05-18"Uit die hart van ’n vrou is die debuutroman van Rozaan de Wet. Die skrywer het duidelik baie moeite gedoen met die skryf van hierdie boek."
LAPA: Mei goeiste, beste boekwinkel! | May you be good to bookstores in May
2020-05-11Lees hier watter nuwe boeke in Mei by LAPA verskyn.
Lesersindruk: Klaskamer deur Vita du Preez
2020-05-08"Alles in ag genome was Klaskamer iets anders, ongewoon, maar ek het gesukkel om deur te druk en die boek klaar te lees."
Pasverskyn: Help! My kind is anders deur Christien Neser
2020-05-06Help! My kind is anders is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak!
Resensie: thomas@-boekreeks: Omnibus 1 en 2 deur Carina Diedericks-Hugo
2020-05-05"Hierdie boekereeks is seker een van die lekkerste reekse om tydens ’n nasionale grendeltydperk te lees."
Wêreldwyd: "’n Viering van boeke is ’n viering van kultuur"
2020-04-23Wêreldboekdag word jaarliks op 23 April 2020 gevier ter bewusmaking van die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal. Merlyn van der Rheede het met Shawna-Leze Meiring, An-Mari Fouché en Nandi Lessing-Venter van LAPA Uitgewers gesels oor dié dag.
"My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik"
2020-04-22"Kanaän se hoofkarakters is in hierdie opsig albei stereotipes, maar ek wou juis ’n storie skryf waarin my karakters uit hulle stereotipes klim en menslik word. Hulle moes helde wees, maar omdat hulle bereid is om uit hulle geblikte karakterisering te klim en die moeilike werklikheid te leef."
LAPA maak e-lees nog bekostigbaarder
2020-04-22LAPA het alle e-boeke wat verhandel op ons webruimte afgemerk met 30%. Dit beteken e-lees is nog meer bekostigbaar as ooit te vore.
Persverklaring: Koelsoem Kamalie oorlede
2020-04-20Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.
Persvrystelling: Psst ... Het jy ’n geheim?
2020-04-15Het jy ’n geheim? ’n Sondige plesiertjie? ’n Donker fantasie? Tot einde April kan jy anoniem aan Wenkbrou bieg. Die beste biegstories word in Wenkbrou se Biegboek opgeneem.

