Portale
Wat elke skrywer moet weet: Laster en die skending van persoonlikheidsregte
2018-05-10"In skrywerskontrakte is daar dikwels ’n klousule ingevolge waarvan die skrywer waarborg dat geen gedeelte van sy/haar manuskrip lasterlik is of derde partye se regte sal skend nie. Aanspreeklikheid vir verbreking van dié waarborg berus tipies by die skrywer."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2018
2018-05-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Wat elke skrywer moet weet: Publikasie-ooreenkomste met uitgewers
2018-05-09"Jy het soveel daarin belê om die werk te skryf, moenie huiwer om na te dink voordat jy teken nie. As jou werk die publikasie werd is, sal dit die uitgewer se moeite werd wees om te wag terwyl jy die kontrak eers lees!"
Persverklaring: Taalmonument vier Museumdag by Genadendal
2018-05-08"Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier vanjaar Internasionale Museumdag saam met die Genadendal Sendingmuseum deur die aandag te vestig op die aanwending van tegnologie, kommunikasie en die skep van nuwe gehore vir museums."
Kennisgewing: Bedanking van die besturende direkteur – ATKV-MSW
2018-05-08"Dit is met spyt dat die ATKV-MSW kennis neem van die bedanking van die besturende direkteur, Deidre Le Hanie."
Hoërskoolleerders, kom leer liedjies skryf soos Elvis Blue!
2018-05-08Die werkswinkel word van Vrydag 25 Mei om 15:00 tot Sondag 27 Mei om 12:30 by die Afrikaanse Hoër Seunskool se Musiekakademie in Pretoria gehou. Die koste per leerder beloop slegs R250. Verversings is ingesluit.
Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Conrad Steenkamp
2018-05-08"Daar bestaan ’n noue band tussen die ekonomiese waarde van Afrikaans en die lewenskragtigheid van die taal as huis- en onderrigtaal. Ook ouers se persepsies hieroor, positief of negatief, speel ’n sleutelrol."
Groen Galery: Poëtiese leesfees wink tussen graniet en olien
2018-05-03In aanloop tot Internasionale Museumdag op 18 Mei is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet saam te snoer om minder bekende digters se werk by die monument se Groen Galery uit te stal.
Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Christo van der Rheede
2018-05-03"’n Taal sonder toekomswaarde is ’n dooie taal. Niemand praat dit meer nie en niemand gee daarvoor om nie! Dit is nie die geval met Afrikaans nie."
Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Anne-Marie Beukes
2018-05-03"Hierdie woorde van Jakes Gerwel, nl 'die grammatika van saamlééf in geregtigheid', is ’n sleutel waarmee die waarde van ’n toekoms in en vir Afrikaans oopgesluit kan word, ’n toekoms wat ’n naasbestaan tussen al die ander tale in ons land insluit."
Leesstof vir boekliefhebbers uit Taalgenoot se Somer 2018-uitgawe
2018-04-26Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Somer 2018-uitgawe. Wat ’n plesier! Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie.
Foto's en commendatio's: Drie ATKV|SA Akademie-pryse oorhandig
2018-04-26Drie van die ag ATKV|SA Akademie-pryse van 2018 is Woensdagaand by ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Wes-Kaap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oorhandig. Vier LitNet Akademies-artikels is vanjaar bekroon; die pryse vir twee van hulle is by dié funksie oorhandig.
ATKV-Woordveertjies 2018: Nou oop vir inskrywings
2018-04-25Die 2018 ATKV-Woordveertjies word op 31 Augustus in Stellenbosch toegeken. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 1 Junie 2018.
PEN Afrikaans objects to the labelling of prominent journalists as “Stratcom agents”
2018-04-25"PEN Afrikaans supports press freedom and acknowledges the watchdog role of the media as a vital part of a healthy democracy."
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: 2018 se pryswenners bekend
2018-04-13Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die wenners van die meeste van 2018 se Akademiepryse bekend gemaak.
PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2018
2018-04-12Oor: feeste berig oor sukses; Afrikaans, Nederlands en die Vertaalengel 2018; benoemings ingewag vir Neville Alexander-prestige-eerbewyse; wenners aangekondig: UJ-pryse en NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd; Wat Elke Skrywer Moet Weet: skrywerskontrakte; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Maart; nuwe Afrikaanse boeke in April.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2018
2018-04-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persvrystelling: Neville Alexander-prestige-eerbewys – oproep om benoemings
2018-04-10"Die Raad van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi die publiek om geskikte kandidate te benoem vir hul derde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R10 000 elk, geborg deur Naspers."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Michelle Barnard
2018-04-05"Dit was vir my baie belangrik dat die artikel ’n oorspronklike bydrae tot die vakgebied moes beliggaam en moontlik die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal sou bevorder."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Cilliers van den Berg
2018-04-05"Ek is eintlik ’n Germanis en is veronderstel om my met die Duitse letterkunde besig te hou, maar Afrikaans sal altyd die taal wees waarin ek my die beste kan uitdruk. Dat goeie navorsing steeds in hierdie taal gegiet kán word, is klinkklaar, en dit is graag hiér waar ek ook ’n bydrae wil lewer."
