Portale
Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2018-09-26"Is jy lief vir Afrikaans? Rol woorde soos ghoeroe of eureka! lekker van jou tong af en wil jy graag jou deel doen om Afrikaans as wetenskaptaal te bevorder? Indien wel, wil ons jou uitdaag om jou navorsingswerk in Pretoria in Afrikaans te kom bekendstel."
Om ’n bietjie oor erfenis te besin
2018-09-25"Vir my is die antwoord om te leer uit die foute van ons voorgangers. Net soos die gevolge van hulle dade vandag se erfenis geword het, sal ons huidige dade gevolglik môre se erfenis word. Hier moet ons nie alleenlik aan onsself dink nie, maar ook aan die toekomstige generasies van Afrikaanssprekendes."
Video: ConVerse conversation at Tuin van Digters
2018-09-25PEN Afrikaans, with the support of PEN International, presented a panel discussion on the multilingual poetry anthology ConVerse at Tuin van Digters (Garden of Poets), an annual poetry festival hosted by the Breytenbach Centre in Wellington.
ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie
2018-09-20"Die lesings het my regtig diep laat dink en besin oor Afrikaans en die toekoms daarvan, en dit veral omdat ek as onderwyseres van eerste addisionele taal my eintlik bevind in ’n taaldepressie omdat ek eerstehands sien wat besig is om op skoolvlak met Afrikaans te gebeur."
Persvrystelling: Poëtiese leesfees tussen graniet en olien vier Erfenismaand
2018-09-20"In aanloop tot Erfenisdag op 24 September, is die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) trots om kreatiewe kragte met die onafhanklike joernaal LitNet, asook die ATKV-Skryfskool, te snoer om minder bekende digters se werk by die monument se Groen Galery uit te stal."
ATKV-taalerfenissimposium: Frank Hendricks – Standaardafrikaans en omgangsvariëteite van Afrikaans
2018-09-20Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Frank Hendricks se toespraak oor Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans.
ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans
2018-09-20Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Gerda Odendaal se toespraak oor die herstandaardisering van Afrikaans.
ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis
2018-09-20Vanjaar se ATKV-taalerfenissimposium met die tema “Djy makie reg'ie – hoe gemaak met standaardtaal?” was daarop gemik om die diversiteit van die Afrikaanse taal te demonstreer deur te kyk na standaardtaal en taalvariëteite. Kyk hier na Willa Boezak se toespraak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis.
Uitnodiging na en agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 2 Oktober 2018
2018-09-20Uitnodiging na en agenda vir PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering op 2 Oktober 2018
Die ATKV belê in klassieke musiek
2018-09-19Die ATKV vereer jaarliks sangers en musikante van klassieke musiek. Op 8 September 2018 is die wenners van vanjaar se kompetisies aangewys by die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow, Kaapstad.
Leeskringe in die Noord-Kaap: Boeke kan lewens verander
2018-09-19"Hoewel dit ideaal sou wees dat die lesers identifiseer met die karakters in die verhaal, lei die gesprekke tot ’n gevoel van samehorigheid en voel die lede na afloop van so ’n gesprek weer by magte om hul eie krisisse die hoof te bied."
PEN Afrikaans Nuusbrief: September 2018
2018-09-12Oor: vryheid van uitdrukking; die ATKV-Woordveertjies; Tuin van Digters 2018; oop uitnodiging na PEN Afrikaans se AJV by Aardklop; ledegeld; Wat elke skrywer moet weet oor eienaarskap van outeursreg in opdragwerke; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Augustus; nuwe Afrikaanse boeke in September.
Wat elke skrywer moet weet: Eienaarskap van outeursreg in opdragwerke, met spesifieke verwysing na letterkundige werke
2018-09-11"Dit is belangrik om daarop te let dat outeurskap (naamlik wie die outeur van ’n outeursregwerk is) en eienaarskap (naamlik wie die outeursreg besit) afsonderlike konsepte in die outeursreg is. Hoewel dit moontlik is vir die outeur van ’n outeursregwerk om ook die outeursregeienaar te wees, is dit nie noodwendig die geval nie."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018
2018-09-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Klassieke musiek seëvier tydens finaal van ATKV-Muziq en -Muziqanto
2018-09-10ATKV-Muziq ('n nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie) en -Muziqanto ('n klassiekemusieksangkompetisie) se finale is hierdie jaar saam gehou.
Foto's: ATKV-Woordveertjies 2018
2018-09-06Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die 11de keer aangebied. Die prysfunksie is Vrydag 31 Augustus in Stellenbosch gehou. Izak de Vries en Naomi Bruwer deel hulle foto's.
ATKV-Woordveertjies vereer talentvolle skrywers
2018-09-04By vanjaar se ATKV-Woordveertjies is daar onder meer vir die beste skrywers, digters en dramaturge ’n klop op die skouer gegee vir hul enorme bydrae tot die letterkunde-landskap.
Afrikaanse Taalraad vergader oor inklusiewe, diverse pad vorentoe
2018-08-29"Ná ’n dekade van harde werk en die bevordering van taal as ’n hulpbron, werk die ATR steeds aan versoening tussen die sprekers van Afrikaans. Baie is vermag deur erkenning te gee aan die uiteenlopende gesigte en klanke van Afrikaans en ’n sterk basis is gelê vir gesamentlike gesprekke oor taal en taalbeleid."
Persvrystelling: Kapenaars, kom gesels saam oor moedertaalonderrig
2018-08-28"Tydens hierdie fees gaan daar nie net oor die belangrikheid van moedertaalonderrig gesels word nie, Afrikaansonderwysers kan ook uitsien na ’n Skitter-in-Afrikaans-
PEN Afrikaans veroordeel dreigemente teen skrywers
2018-08-28"Onder geen omstandighede behoort skrywers vergelding in die vorm van fisieke geweld te vrees nie. Sulke verwerpbare dreigemente het geen plek in ’n samelewing wat vryheid van uitdrukking as ’n grondwetlike reg verskans nie."
