Portale
WAT-kompetisie: Het jou onderneming die treffendste Afrikaanse handelsnaam?
2018-07-09"Die doel van die kompetisie is om mense bewus te maak van die skeppende krag van Afrikaans en dat jy suksesvol met ’n Afrikaanse naam kan handel dryf."
Wat elke skrywer moet weet: ’n Regsperspektief op plagiaat
2018-07-06"Plagiaat is in die eerste plek ’n vorm van wanvoorstelling en dit is onmoontlik om toestemming te verkry om ’n ander te mislei. Dit is die aard van wanvoorstelling, naamlik die verduistering van die werklikheid, wat dit by uitstek geskik maak om plagiaat in te sluit."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2018
2018-07-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Leesstof vir boekliefhebbers uit Taalgenoot se Herfs 2018-uitgawe
2018-07-05Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Herfs 2018-uitgawe. Wat ’n plesier! Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie.
Persvrystelling: Beurse vir M- en D-studie 2019
2018-07-04Die SA Akademie stel vir 2019 ’n beperkte aantal studiebeurse beskikbaar vir M- en D-studie in enige vakrigting (geestes- of natuurwetenskappe). Die uitkoms van die betrokke studie (’n proefskrif of verhandeling of enige ander vereiste vorm) moet in Afrikaans wees. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2018.
Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey: ’n resensie
2018-06-27"Want bowenal is hy 'Jeremy vannie Elsies' ‒ vannie nie uit Elsies nie ‒ en in dié besitsvorm lê sy verweefdheid met hierdie plek en sy mense opgesluit, ’n verweefdheid wat daarvoor sorg dat sy lewensgeskiedenis vertel word as die storie van ’n mens wat tot nou nooit sy waarheid oor sy plek in hierdie ruimte, en ’n groter Suid-Afrikaanse ruimte, vergeet het nie."
Persvrystelling: Meer as 50 museums reeds gesluit en ’n verdere 50 in gevaar
2018-06-12"Wêreldwyd word museums as bewaarders of beskermers van kultuurgoedere beskou, en in Suid-Afrika verkeer die daarmee gepaardgaande kultuurbewussyn in ’n krisis."
PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2018
2018-06-12Oor: suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds; kykNET loods GRAPKAS; nuwe sluitingsdatum vir internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: die reg op privaatheid; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei; nuwe Afrikaanse boeke in Junie.
PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van Rudie van Rensburg, Lien Botha en Karel Schoeman
2018-06-11Na afloop van die Mei 2018-sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds sal die volgende drie vertalings na Nederlands befonds word: Slagyster deur Rudie van Rensburg, Wonderboom deur Lien Botha en Die hemeltuin deur Karel Schoeman.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2018
2018-06-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Wat elke skrywer moet weet: Die reg op privaatheid
2018-06-05"Dit is belangrik dat voornemende skrywers moet onthou dat, in beginsel, elke persoon die reg het om te besluit watter aspekte van sy/haar lewe privaat is en wat privaat gehou moet word. Verder het individue ook die reg om te besluit watter inligting geopenbaar mag word en ook onder watter omstandighede sodanige openbaarmakings mag geskied."
ATR vier 10 jaar: Geluk liewe maatjie ... Die ATR is 10!
2018-05-24"Die Afrikaanse gemeenskap durf nie die impak van die ATR se werk onderskat nie, omdat die ATR die ruimte help skep het (en dit nog verder verfyn) waarbinne ons ons Afrikaansheid in die land uitleef en ook waarbinne ons stappe gedoen het om nader aan mekaar as gemeenskap te beweeg."
ATR vier 10 jaar: ’n Droom bewaarheid
2018-05-24"Die kokerboom versinnebeeld die onstuitbare groei, uitreiking en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans ten spyte van dikwels ongunstige omstandighede en die harde natuur van die politiek."
ATR vier 10 jaar: Die ATR het haar kinderskoene ontgroei
2018-05-24"Dit is van groot belang dat die ATR in ons ontluikende demokrasie ’n opwekker van taalvitaliteit en -sinergie sal wees. Ons bydrae om ’n gesonde taalekologie vir Suid-Afrika te verseker is van kardinale belang."
ATR vier 10 jaar: Die ATR is uitstekend geposisioneer
2018-05-24"Die ATR is onvermoeid besig om Afrikaans as een van die belangrikste inheemse tale van Suid-Afrika te bemark."
Die Khoekhoegowab-tale en Afrikaans
2018-05-22"Die Kaapse Khoi-Khoi was nie net die eerste sprekers van Afrikaans nie: die eerste tekste in Afrikaans is in die 1670’s ook in Khoi-Afrikaans opgeteken."
Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag
2018-05-22Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.
Persvrystelling: Media se blinkste sterre vereer
2018-05-14"Die medialandskap is nie vir sissies is nie. Daarom is die media se blinkste sterre Vrydagaand by die ATKV-Mediaveertjies vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë vereer." Hier is die wenners.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2018
2018-05-11Oor: Persvryheiddag; Uitnodiging om deel te neem aan internasionale kuns- en vredesprojek; Wat elke skrywer moet weet: publikasie-ooreenkomste en laster; Aansoeke ingewag by PEN Afrikaans Vertaalfonds; Taalgenoot se Somer 2018-uitgawe; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April; nuwe Afrikaanse boeke in Mei.
Persvrystelling: Laat jou ou boeke ’n nuwe blaadjie omslaan
2018-05-11"Is jy mal oor jou ou, verwaarloosde hardebandboeke, maar wens jy kon die kuns bemeester om hulle met liefde reg te dokter? Dan is die boekherstelspesialis Peter Packery se kursusse by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl die antwoord op jou drome."
