Skuif nader vir boekstories uit Taalgenoot se Winter 2018-uitgawe

  • 0

Te danke aan die Taalgenoot-redaksie deel PEN Afrikaans graag die boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se die Winter 2018-uitgawe. Klik gerus op die skakels onder om die artikels en resensies gratis in PDF-formaat af te laai. Dit is nie elders digitaal beskikbaar nie.

  • “My verset is teen die hele uitgewersbedryf,” vertel Clinton V du Plessis aan Marlene Malan. Lees meer oor dié digter wat hom nie ’n kassie laat prop nie. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • In “Die boek wat voed” dink Izak de Vries na oor die publikasieproses en al die rolspelers wat daarby betrokke is. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Jacques Myburgh skryf oor die taaldebat en wonder of ons die stigma rondom Afrikaans kan afbreek om dit steeds ’n onderrigtaal vir die toekoms te maak. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se Boeke wat skrywer laat skryf-rubriekreeks, vertel Irna van Zyl meer oor haar reis as leser. Dié reis begin met ’n liefde vir die dorpsbiblioteek, ’n entoesiastiese suster as leermeester en ’n pa wat 20c bewillig per Engelse boek wat gelees is. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Johanna van Eeden skryf oor resepteboeke, onder andere oor die ikoniese Kook en genietKlik hier vir die artikel in PDF-formaat.
  • Jacques Myburgh gesels met YOMA, ’n bekroonde Afrikaanse kletsrymer vir wie die idee van moedertaal nuwe betekenis gekry het toe sy self ma geword het. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.

(Klik hier vir die vorige uitgawe.)

Die Lente-uitgawe van Taalgenoot is hier en in hierdie uitgawe word die revolusievlamme gestook. Lees oor die ATKV se nuwe advertensieveldtog en wat Bouwer Bosch, HemelBesem, Bibi Slippers en Piet Matipa oor die projek te sê gehad het. Daar is stories oor revolusionêre musiek, klere, en die fotograwe David Goldblatt en Roger Ballen. Die toekoms van museums word bekyk, asook geskiedenis in skole en daar word ’n draai gemaak by die ATKV-Woordveertjies.

Al ooit gewonder wat laat digter Loftus Marais, draaiboekskrywer Christo Davids, romansekoningin Cecilia Britz en Mike Bolhuis tiek? Kom vind uit en word deel van die revolusie!

Die Lente-uitgawe van Taalgenoot is nou op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books- & Van Schaik-boekwinkels.

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede: www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top