ATKV-MSW wys nuwe besturende direkteur aan

  • 0

Die ATKV het bekend gemaak dat Sonél Brits die nuwe besturende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) is.

Sonél is reeds vanaf 2010 die maatskappysekretaris van die ATKV en het vanaf Mei 2018 as besturende direkteur waargeneem.

Benewens die verwerwing van haar LLB-graad in 1998 aan die destydse RAU, beskik sy ook oor ’n BCom-graad in regte.

Bridgitte Mathews, die voorsitter van die ATKV-MSW-direksie, het Sonél gelukgewens met haar aanstelling en haar in haar nuwe posisie by die ATKV sterkte toegewens. Verder voeg Mathews by dat die ATKV-MSW-direksie volle vertroue in Sonél se vermoë het om die ATKV te posisioneer as die voorkeur taal-en kultuurorganisasie vir almal vir wie Afrikaans na aan die hart lê, nasionaal en internasionaal.  Die direksie is van mening dat Sonél die nodige standvastigheid en positiewe dinamika in die organisasie teweeg sal bring.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top