Portale
Persverklaring: Taalmuseum bekyk protespoësie
2022-05-19Ter ere van Jeugmaand bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument op Saterdag 11 Junie 2022 ’n gratis slypskool met musikant Luna Paige oor Afrikaanse protespoësie aan.
Persverklaring deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument oor ’n moontlike naamsverandering vir die instelling
2022-05-18"Intussen bly ons daarop gefokus om maatskaplike samehorigheid, veeltaligheid, Afrikaans en ander inheemse tale – asook die rol wat hulle in die groter dekolonialisasieproses speel – te bevorder."
Marlise Joubert (1945–)
2022-05-17“Om digter te wees, is om self denker te wees; om self filosoof te wees. Om digter te wees, is ook om mens te wees wat gedurig eksistensieel-eties gemoeid is met die wyses van wees en van uitdrukking gee aan sy eie wese.”
Uitnodiging: Theuns Eloff oor die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteitswese
2022-05-17Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Werkgemeenskap Potchefstroom van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se volgende byeenkoms. Die gasspreker, Theuns Eloff, sal praat oor die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteitswese teen die agtergrond van onlangse politieke ontwikkelinge.
Paarl-boorling stel boek by Taalmonument bekend
2022-05-12Die bekroonde skrywer en boorling van die Paarl, Kirby van der Merwe, stel op Vrydag, 27 Mei 2022 sy jongste roman, Eugene, tydens ’n gratis geleentheid, in samewerking met die Historium Trust en NB-Uitgewers by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, bekend.
Kennisgewing: Oproep om referate vir die SAAWK se jaarlikse algemene simposium vir 2022
2022-05-11Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind virtueel op 15 September 2022 plaas. Alle belangstellendes, ook nielede van die Akademie, word daaraan herinner om ’n referaatvoorstel in te stuur. Die oorkoepelende tema is "Om op te staan uit die as: Reaksies op rampe en pandemies met ’n fokus op die Covid-19-pandemie".
"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie
2022-05-11"58% van alle Suid-Afrikaanse huishoudings besit nie ’n boek ... hét nie ’n boek in hulle huis nie. Dis die realiteit. Ma moet kies tussen ’n brood en ’n boek. So dan kies sy natuurlik ’n brood."
Persverklaring: ATKV-DigiToneel se top-16 toor met 2022-temawolk!
2022-05-10Met ATKV-DigiToneel is daar geen kortpaaie deur byvoorbeeld bestaande werk af te stof en nuut aan te bied nie. Die doel met DigiToneel is om nuwe werk te skep en dit vir kamera te verfilm.
Persverklaring: ATKV-Crescendo se Platformsessies-musiekproduksie hierdie maand in Stellenbosch om aandag op opkomende sterre te vestig
2022-05-10"Dis die eerste keer dat ons slegs vroue op die verhoog gaan hê – dit is ’n geleentheid om ons vroueliedjieskrywers te vier en hulle te vereer, aangesien ons wil hê die wêreld moet die uniekheid van hul skryfstyl hoor, en hul vaardigheid as vermaaklikheidskunstenaars aanskou."
Louis Esterhuizen (1955–)
2022-05-10"Poësie is nie gedrukte woorde op papier met ’n enkele of eksakte betekenis nie. Dit is die resonansie wat ontstaan tussen die woordsuggesties op papier en die ervaringswêreld van die leser." Lees oor Louis Esterhuizen se lewe en werk.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2022
2022-05-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Afskaling van aktualiteitsdekking op RSG wek kommer
2022-05-06"As ’n openbare uitsaaier het RSG ’n unieke en belangrike mandaat in diens van die publiek, en daardie mandaat behoort met erns en omsigtigheid benader te word. RSG se bydraers, aanbieders en luisteraars verdien dit."
Aankondiging: Rufus Gouws wen die Jan H Maraisprys vir 2022
2022-05-05Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig aan dat die leksikograaf Rufus Gouws met die Jan H Maraisprys vir 2022 bekroon is.
Elize Botha (1930–2007)
2022-04-29"Om Afrikaans te wees, maak dit vir my maklik om te leef vanuit ’n diverse wêreld. Dit laat my eenheid en verskeidenheid makliker verstaan."
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-kennisgewing: Afrikaanse handelsname, Borg ’n Woord en Jak de Priester
2022-04-26Die WAT herinner graag almal wat reeds aangedui het dat hulle die Woordpret met Jak de Priester op 29 April wil bywoon aan hierdie besondere geleentheid. Hier is ook nog inligting van WAT-gebeure vanjaar.
Aankondiging: 2022 se wenners van SA Akademiepryse
2022-04-22Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig die name van hul pryswenners vir 2022 aan. Hier is die volledige lys van die gesogte Akademiebekronings.
Persverklaring: Die ATKV kondig finaliste aan wat deurgaan na die volgende rondte van die ATKV-Crescendo Mentorskapprogram
2022-04-13Die mentorskapprogram het dit sedert 2014 ten doel om talentvolle liedjieskrywers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om die kompeterende Afrikaanse musiekindustrie aan te durf.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2022
2022-04-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Bespreek nou vir Taalmonument se argiefwerkswinkel | Book now for Taalmonument’s archive workshop
2022-04-06Die bekende argivaris Pétria de Vaal bied vanaf 25 tot 27 Mei 2022 weer ’n inleidende, tweetalige argiefwerkswinkel by die Taalmonument in die Paarl aan. | The well-known archivist Pétria de Vaal will again present an introductory, bilingual archiving workshop at the Taalmonument in Paarl from 25 to 27 May 2022.
Petra Müller (1935–2021)
2022-03-29"Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie; jy moet net bereid wees om dit te doen." Lees oor Petra Müller se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
