Portale
Persverklaring: Nzimande versoek om inheemse tale op ’n meer inklusiewe wyse te hanteer
2022-06-23"Blade Nzimande se belofte dat die taalbeleidsraamwerk vir hoëronderwysinstellings aangepas sal word om Afrikaans en die Khoi- en Santale as inheems te definieer, is ’n stap in die regte rigting maar verander min vir Afrikaans." So sê Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad (ATR).
Persverklaring: Kunspraatjie – Alex Duffey oor Botticelli se Primavera
2022-06-23Alex Duffey se lesing "Botticelli se Primavera verbeeld beskaafde gedrag vir alle tye" handel oor die kunswerke wat gereken word as van die beste werke ter wêreld. Die lesing kan op die SA Akademie se sosialemediaplatforms gekyk word.
Stemme | Voices | Amazwi
2022-06-21Stemme | Voices | Amazwi, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV word weekliks hier vrygestel. Lees die monoloë hier en kyk na die verfilmde weergawes daarvan.
My ouma – die bakker, die bokser
2022-06-21LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Elton Landrew se vertolking van Dean Balie se My ouma – die bakker, die bokser. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en die regisseur.
Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds ’n Arabiese en ’n Albanese vertaling van romans deur Dalene Matthee en Irma Venter
2022-06-20PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende twee vertalings van Afrikaanse romans deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word: ’n Arabiese vertaling van Kringe in ’n bos deur Dalene Matthee en ’n Albanese vertaling van Minder as niks deur Irma Venter.
Persverklaring: Wil jy Afrikaans toelies in Arabies?
2022-06-20Ter ere van Arabies-Afrikaans bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Historium Trust ’n werkswinkel oor hierdie unieke skryftradisie op 16 Julie 2022 aan én loods hulle nog ’n kompetisie met groot kontantpryse.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2022
2022-06-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Onderwysverklaring na aanleiding van Wysigingswetsontwerp op basiese onderwys
2022-06-10’n Berig het onlangs in Rapport verskyn in verband met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys wat deur die regering beplan word en daarby ook ’n brief wat deur 19 organisasies, wat hulle beywer vir volhoubare Afrikaanse onderwys in openbare skole, onderteken is. Hierdie brief is aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gestuur. Laai die brief hier in PDF-formaat af.
Persverklaring: Neville Alexander-prestige-eerbewyse – Oproep om benoemings
2022-06-03Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) nooi weer die publiek om geskikte kandidate te benoem vir die vyfde Neville Alexander-prestige-eerbewyse ter waarde van R20 000 elk.
Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
2022-05-31"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."
Persverklaring: ATKV glo ATM-naamsverandering is onnodig
2022-05-27Die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM) slaag daarin om die diverse samestelling van Afrikaans – ’n taal wat hier in Suid-Afrika ontstaan het – te omarm, en daarom is ’n naamsverandering onnodig.
Meer bek as binnegoed het baie om die lyf: ’n onderhoud oor die ATKV se idiome-bordspeletjie
2022-05-26"Dit is juis omdat ons nie meer hoor dat mense idiome in alledaagse gesprekke gebruik nie dat ek begin dink het aan ʼn manier – ’n bordspeletjie – om dit weer terug te bring. Toe besef ek die kinders se opstelle is net so 'vaal', want hulle ken nie die Afrikaanse idiome nie, daarom gebruik hulle dit nie."
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument
2022-05-25Daar is min instansies wat sigself so deeglik herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en tentoonstel. | There are few institutions that have reimagined themselves as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on Afrikaans.
Aankondiging van wenverhale: Toegang – ’n kortverhaalkompetisie
2022-05-25PEN Afrikaans is trots om die wenners van ons kortverhaalkompetisie met “toegang” as tema te kan bekend maak.
Die rooi tekkies
2022-05-25"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik."
Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde
2022-05-24"Mans is ons gewoond, het sy nog gedink. Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself afgebaken het, hulle ten goede."
Wind
2022-05-23"In die stormwind moes Aaron uit sy kamer kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang. Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net groter ... baie groter. Maar rond, sê ek."
Hipoksie
2022-05-20"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil skollegoedwater is."
Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening
2022-05-20"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."
Duine
2022-05-19"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."
