PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. Kontakadres: penafrikaans@gmail.com
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Reglement
Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund
Persverklaring: Verpak en verfyn jou skryfwerk – ’n aanlyn kursus
2022-08-31Kom hoor meer oor hoe om vir ’n bepaalde mark te skryf, proeflees en redigering (skakel onnodige foute uit), die belangrikheid van ’n besigheidsgesindheid onder skrywers, hoe sosiale media in die skrywer se guns aangewend kan word, geleenthede vir skrywers, ’n uitgewersperspektief: wat werk en wat werk nie?
Press release: PEN International condemns attack on Salman Rushdie
2022-08-12PEN International is deeply shocked and appalled to learn that former PEN America President and renowned writer, Salman Rushdie, was attacked today just before giving a lecture at the Chautauqua Institution in New York. | PEN Afrikaans se bestuur onderskryf hierdie stellinginname deur PEN International. PEN Afrikaans is ’n deel van én deel die waardes van internasionale PEN-sentrums.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2022
2022-08-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur
2022-07-26Teen hierdie agtergrond doen ons ’n beroep op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om te verseker dat die Letterkundekommissie-lede wat geoorloofde griewe oor Van Coller se skrywe van 7 Mei ingedien het, nie verder geviktimiseer word nie. ’n Ope uitnodiging deur die SA Akademie aan diesulkes om weer die taak as kommissielede op te neem sou ver gaan om hierdie ongelukkige insidente se negatiewe impak te versag.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2022
2022-07-07Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022
2022-06-29Theo Kemp: "Somerset-Oos het my vry laat voel. Ek kan vryer asemhaal, vryer dink."
Catrina Wessels: "Die tyd was ryp vir samewerking met dié dat Paulet Huis se restourasie voltooi was, wat pragtige fasiliteite daargestel het om juis letterkunde en die kunste te bevorder."
Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds ’n Arabiese en ’n Albanese vertaling van romans deur Dalene Matthee en Irma Venter
2022-06-20PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende twee vertalings van Afrikaanse romans deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word: ’n Arabiese vertaling van Kringe in ’n bos deur Dalene Matthee en ’n Albanese vertaling van Minder as niks deur Irma Venter.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2022
2022-06-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument
2022-05-25Daar is min instansies wat sigself so deeglik herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en tentoonstel. | There are few institutions that have reimagined themselves as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on Afrikaans.
Aankondiging van wenverhale: Toegang – ’n kortverhaalkompetisie
2022-05-25PEN Afrikaans is trots om die wenners van ons kortverhaalkompetisie met “toegang” as tema te kan bekend maak.
Die rooi tekkies
2022-05-25"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik."
Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde
2022-05-24"Mans is ons gewoond, het sy nog gedink. Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself afgebaken het, hulle ten goede."
Wind
2022-05-23"In die stormwind moes Aaron uit sy kamer kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang. Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net groter ... baie groter. Maar rond, sê ek."
Hipoksie
2022-05-20"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil skollegoedwater is."
Duine
2022-05-19"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2022
2022-05-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Afskaling van aktualiteitsdekking op RSG wek kommer
2022-05-06"As ’n openbare uitsaaier het RSG ’n unieke en belangrike mandaat in diens van die publiek, en daardie mandaat behoort met erns en omsigtigheid benader te word. RSG se bydraers, aanbieders en luisteraars verdien dit."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2022
2022-04-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2022
2022-03-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Open letter to PEN Ukraine
2022-03-01"It is with shock and utter dismay that we as members of PEN Afrikaans became aware of Russia’s invasion of Ukraine, and have since received news about the suffering this is causing citizens of your country."
