Onderhoude
Interviews about topical issues
Die noodsaaklikheid van 'n totaal “ander” teologie
2015-06-23"Aangesien die huidige aarde moet vergaan, kwel die ekologiese krisis min Christene. Van hulle vra: Waarom moet ons moeite doen om die aarde te red as dit tog eendag moet vergaan?"
Die merkwaardige nalatenskap van Jan die Gewer
2015-06-11Jean Oosthuizen het met Pieter Kapp, die skrywer van Nalatenskappe sonder einde, gesels oor die onuitwisbare spore wat Jannie Marais in Suid-Afrika nagelaat het.
Gys de Villiers: "'n Afrikaner alien of extraordinary ability ..."
2015-06-09Vanuit New York gesels Gys de Villiers oor Afrikanerskap, identiteit en die moontlikheid van ontsnapping.
Red ons taal
2015-06-03"Afrikaans beskik oor norme en standaarde wat deur die jare geskep is, asook ’n goedontwikkelde wetenskapstaal en akademiese taal – ons hoef dus nie woorde of terme te gaan soek nie, dit bestaan reeds en ons kan dit gebruik. Die manier waarop ons dit gebruik, hang van sprekers se houding teenoor taalgebruik af."
Waar lê die uitklophou vir Afrikaans?
2015-05-08"Ons het so baie om trots op te wees rakende Afrikaans wat ons oor 90 jaar bereik het: ons letterkunde, ons woordeboeke, ons vaktaal, die gehalte van studente wat in Afrikaans aan ons universiteite opgelei is, ons vermoë om planne te maak as ons in ’n drukgang kom [...], ons verenigings wat voortreflike werk doen, ons kunstefeeste, ons mense wat op soveel vlakke die land dien. So kan ’n mens aangaan. Kom ons koester wat ons het en bou daarop voort."
Groen ekonomie kan die planeet red
2015-04-29Die wêreld staan voor ’n ekonomiese keuse wat die toekomstige welstand van die hele mensdom kan bepaal. Is die katastrofale gevolge van die aarde se oorbenutting dalk nader as wat ons dink?
Strydkamer moet die land van duisternis red
2015-04-29Die elektrisiteitskrisis kos die land elke maand miljarde rand. Baie Suid-Afrikaners verkeer letterlik en spreekwoordelik in die duister oor die land se energiesituasie. Jean Oosthuizen het met Christo van der Rheede gesels om uit te vind hoe ernstig die situasie is en hoe dit die ekonomie raak.
Hoeveel is een plus een in Kubaans?
2015-04-21Jean Oosthuizen het met Fedsas se provinsiale bestuurder in die Vrystaat, Chris Verhoef, gesels oor die departement se planne om Kubaanse onderwysers in te voer.
Is Al-Qaeda regtig in Suid-Afrika bedrywig?
2015-04-14"Daar is meer as genoeg bewyse van wat in ons land aan die broei is."
