Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Apie en Tokkelos

Arthur Begg 2007-02-14 Een aand toe Apie en TokkelosSo al om die vuurtjie speelSê Apie mos vir Tokkelos"Sal jy met my jou geheime deel?"Vra Tokkelos toe vir Apie:"Kan jy die maan daar bo gaan haal?""Is daar dan iets op 'n plek so ...

Papiertjie

Loftus Marais 2007-02-12 aan ’t stry oor die politiek gaan sit almal aan tafel, maar als kantel, eetgerei kletter, glase mors wyn gaste kyk agterna soos ek die trappe op verdwyn na my lessenaar, gedek vir skryf, chaotiesdeurmekaar ek vat ’n halfklaargedig, vou ...

Aap-eiland

2007-02-06 Beminde, beloofde Die Sjinese lantern Breek uit in botsels: Vanmiddag hang nuwemaan Agter nartjieboom se skaduskoot soos ‘n blaar Waar rooivink ook spanspeksade sagter maak in sy krop En ons orent rondom die stoof Nou hoor hoe die bloederige ...

Vier jaar oud (kind verdrink)

James Younger 2007-02-06 Angeliere blom teen die agtermuur 'n swembad spieël die rook van braaivleisvuur mense lag in t-bone geur en glase klink soos Bacchus meer en meer die sinne wink Kinders waggelspeel met hond en bal toe ene skielik in sy skeeftrap val klanke demp ...

staan steeds in die q

lx fun sale 2007-02-06 staan steeds in die q, in die ry, ‘n gerug doen die rondte, dis lunchtyd & als is van lyn af, vir ewig, in die hemel, die hel, & in die straat vir die staat is ‘n dag nie lank nie nouliks tyd om ‘n proklamasie uit te ...

Die weerlig het gesla’t

2007-01-31 Vir Taliep PetersenKyk op’ie tiewie, hy’s weg Taliep’s missing, my broertjie! Daai smaail’s gone, ek sê pêl, gone. ‘is nog’ie Nuweja’ die Kaap is stil ek won’er of’ie Klopse ...

Bo-eiland (aljaar se epistel)

2007-01-29 Sonop dommel driesers in plaas van dolf Digby bome waar honde nou gru En dorsvloere ook woel en aanhou stu As hulle skrik vir die geseur van wolf Tot vure vanaand gestook word met stronke Soos ek die herfs aan briewe wil meet Terwyl ...

Fritzrand

2007-01-29 Moenie knies nie, lief Die graswewenaar kom huis toe oor baie kimme Soos ‘n reder wat ruk en pluk terwyl hy strome klief Moenie knies nie, lief Hierdie knievers is te veel van ‘n vesting vir enige dief Hulle wat nie ryk is aan rede soos ...

Die dag toe PW Botha sterf

Andries 'Roof' Bezuidenhout 2007-01-29 En dit was môre en dit was aand – nog ? dag swik en kantel dan teen die aarde se konkaaf af, verskiet in die ewige spiraal. Waarheen verdamp jy, vandag, soos soveel ander voor jou? Vaar jy soos ? wafferse Marco Polo verby ...

My vrou

Koos Kombuis 2007-01-19 Vir Kannetjie Ek hou van ‘n vrou Wat haar man kan staan Breed en bonkig van stuk Sonder toom, sonder juk Ek hou van ‘n vrou Met ‘n hart vol son Sy bou haar huis op die rots Soos ‘n boer in beton My vrou is nie mooi nie ...

Interteksseks

2006-12-14 'n Moderne ballade Un coup de chapeau pour JdL en Anna K. Tussen die stank van pis en kak stap ek 'n publieke toilet binne, 'n horingou Let: die tea-room trade boei my dildo-loos - self 'n cruiser in my hart-der-harte - jaloers, nee nydig op die ...

In die bed wat ek gemaak het

Chantél du Plooy 2006-12-13 ek wil jou hart vir jou teruggeein die hoop dat tyd sal leerin die hoop dat jy my kan vergewein die hoop dat jy sal probeer ek wil teruggaan na die begin voor die begin van hoofstuk tweevoor ek by jou ingespring het en jy by myen ons by die ons ...

As die jare yl

Catherine Henderson 2006-12-13 As die jare ylword om my kop en my vingers sooskrom wingerdstokke word, as ek in die vroegoggendrooiwang appels gaan koopen stadig tussen die dennebolleen akkers deurloop sal langs my ’nkrom ou omie loopmet geruite pet en room trui netjies ...

Die koue front

Pieter Hugo 2006-12-13 Ons lê styf teen mekaar in die bed.Twee moeë lywe se yl verweerom ons van die koue front te red. Die oeroue spel van die lyf hetons lankal reeds uitgeredigeer.Ons lê, styf, teen mekaar in die bed.Met lang gesprekke slaag ons, ...

want

Hennie Nortje 2006-12-13 ons stap nie meer saam hand aan handop ’n maanlignag langs ’n Suidkus strandwantons maak nie meer kampvuur bo in die bergenagte alleen so onder die sterre want ons eet nie meer by kerslig uitdaar waar ons saam oor die baai kon ...

Die lone ranger sien sy gat

lx fun sale 2006-12-13 Jy’t geval van jou perd vul die landskap met kneusplekke die speechbobbel wat sweef bo jou kop soos ‘n ekstra persoonlikheid ...

Sering voor Lydia

Hennie Nortje 2006-12-13 in ’n dorp so swaar ge-eikskyndie sering gering:’n klein nebula pers-wit 5 punt sterre valtussen goue meteorietedalk geaborteerde manekykparty nog met naelstring aan puntenerige hoë hakkies trippeldeur ’n gevalle heelalhoe ...

woorde huil soms

Jak de Priester 2006-11-30 lang trane van die hart. woorde huil soms op papier, brûe, kitare, rots en kots,asyn in die wonde,ingesmeer, geslaan, gemartel in die weeshuis van die hart. woorde huil somstot die siel skil-verdroog raak van ...

Vir ’n oomblik

Hennie Nortje 2006-11-30 die waai van die winden die son se brand sonder toe die paarmisvormde tinger steggies uit...ongemerk deel van dielewensgeel Canola verfstreep en maak hul bewus van hul andersheideensaamheidver verlangongeelheid momenteel wil hierdie ...

Dalk met apologie?

Hennie Nortje 2006-11-30 aan alle skrywers en medewerkersalle aktiewe en rustende ledebeide boen benede die groen gras onder die suisende sipresseal julle kenners en ontkennersjulle geleerde en ongeleerde leerders van lesse - al dan niejulle voorstanders van ...
Top