Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Ongetiteld

Danie Marais, K Michel 2007-08-15

Christus in Rio

Joan Hambidge 2007-08-07

sondoop

Carina Stander 2007-07-23

Land Claim

Rita Engelbrecht 2007-07-18 Eendag, as ek groot is, en ek dood is, gaan ek na die plaas van my geboorte terug. Dan lê ek in my skelet met die hoëveldgras in my gesig en die wind wat deur my ribbebene suis en fluit dan weer, oor my werwels, by my hol ...

Vroegoggend

Rita Engelbrecht 2007-07-18 Soen my met my slaapspookasem En jou sluimerspoeg Verlei my met jou lenige, luigelêde lyf Vry my met jou murgbelaaide pype Hou my vas en hou my styf Sien jy my slaapgesuste oë en my droomgevulde mond? My palm op jou rug ...

Biopsie tot outopsie

Rita Engelbrecht 2007-07-18 “Ons moet tog almal een of ander tyd doodgaan,” sê sy Mens kan geskiet, gerape, geboelie, gebliksemd ook doodgaan Of miskien eet mens te veel kaas van die maan, verstaan? Mens word miskien deur ’n groot rooi ...

Body Paint

Joan Hambidge 2007-06-28   No one knows the secret of your lips on my mouth my hand harassing the soft hairs on your back and gorgeous bum the colour of your nipples upright aroused under my tongue or that you shut your eyes when you come up for air in a delicious session of  body paint last night […]

Lewensloop

Neels Jackson 2007-06-27 opgedra aan so baie Dit het ontkiem as (onheiligheid!)hunkering uit die pit van sy siel,daarna vervuil soos onkruid:die behoefte (afstootlik!) om iemand lief te hêom naby hom te wees, sy sensitiewe handop ’n arm of skouer te voel;die ...

fans

Hennie Nortje, Hennie Nortje 2007-06-27 ek woon nou in 'n stad n verligte stad hoog bo-op 'n berg en orals in die strate stap die mense hand aan hand so aangedaan wals hulle al agter hulle glimlagte aanwant in elke sak af in elke steeg en laandra die fans uitbundig my bundel met hulle ...

gesig

Hennie Nortje 2007-06-27 teen die blou lugbo die groen dakvan die kliniek vir geesversteuringsfladder 5 swart kraaie uit formasiedie nugter weet sulke hallusinante oor van gogh se vergeelde koringlandekan dit bloot toevallig wees?... en so 'n sinnelose faal-verswie weet wat ...

So spreek die gestorwene

Marius Crous 2007-06-20 uit die grys skittery gelaat op my graf groei blomme wit en geel en van plastiek vir die kinders om te pluk soms lig ‘n hond sy been daarteen of sit ‘n grafgrawer daarop en rook sy lucky strike ek wag vir die dag van die ...

vandag

Jac Kritzinger 2007-06-20 vandag is dit vir hom duidelik: herfs het gekom om te bly vere lê verdor onder die bome die asem wat tik in die blare oorval hom hy slaan sy kloue sluimerend in die wortels. vandag dryf hy soos ‘n valk gesig na ...

dit is so eenvoudig

Jac Kritzinger 2007-06-20 vir Erica dit is so eenvoudig daar was ’n donker ram op die einder daar was ’n veer gegooi in ’n bedelaar se hoed en ’n lang sigaret en die tyd sal leer daar was lughawens en die een oog wat gedurig ...

Sabbat op ’n snelweg

LitNet 2007-06-14 Sondag, Sabbat, God se dag, Opgee-dag, Doodgaan-dag. ’n Oorgee-sprong Gebreek op ’n teerpad In die skadu van ’n brug Geblomde kerkrok skeefgetrek Kind-vashou-arms uitgestrek Bleek enkels, weerloos Skoene half ...

Verlate mynskag

LitNet 2007-06-14 Magtige wiele wat nooit gestaan het se wenteling het gestaak. Die dreunende lewe van 'n groot gedierte is stadig stilgemaak. Net die kransduiwe nou wat in die toring broei Net die aandwind wat deur die staalwerk loei. 'n Reuse-probeerslag van ...

Die ware prys van goud

LitNet 2007-06-14 Verminkte liggaam, rooi kombers op 'n grysgeverfde myndraagbaar. Dit is die ware prys van goud. Geen dollar sal dit t'rug kan koop. Dit is die ware wisselkoers wat niemand ooit erken. Boontoe in die skaghysbak is sy makkers stil en stroef. Hul ...

Wanneer?

Angie Kleijn 2007-06-14 “Jy moet altyd met ’n erection skryf. Al is jy ’n vrou.” Vanaand voel ek die sinne sneuwel in my lyf. Gatvol geherkou aan ingeslukte stemme, bedrieglik geblikte bekendes, bedaard gebalsemde bokkapaters wat in ...

Rimpels

Angie Kleijn 2007-06-14 Living is a form of not being sure, not knowing what next or how … [we] never entirely know. We guess. We may be wrong, but we take leap after leap in the dark. – Agnes de Mille Ek weet vandag nog minder as toe. Daar’s ...

Saal 7

Angie Kleijn 2007-06-14 Hier is dit nooit warm nie. Hier is dit nooit koud nie. Hier waar die aircon se wit gedruis voetstappe benoud insluk en lank na middernag eers weer uitspoeg en wys. Hier waar ons wag op die rand van wees en was. Besoekers ruik na die ...

Maanfees

Charl-Pierre Naudé 2007-05-23
Top