Ag, anderkant Freud
“Jy is jou tyd ver vooruit,”
het hulle vir my gesê
terwyl ek op sterwe lê,
en vir my ’n pikswart plasmaprent
van die swaartekraggat gewys –
en neerhalend vertel van ruimtegruis.
Maar, soos Mondrian,
Wou ek regtig die see sien.

